Page 1 of 1

.303 loop vervanginging

Posted: Fri Jun 21, 2019 11:58 am
by jooste
Goeie more jagters.

Ek het n .303 wat se loop uitgeskiet is en wil dit graag vervang met n kaliber wat ek vir springbokjag kan gebruik. Its soos .243 of 6.5creedmore, etc.

Enige raad insake of so iets moontlik is sal waardeer word.

By voorbaat dankie.

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Fri Jun 21, 2019 12:12 pm
by Toyrsi
Middag Nico.
My eerlike opinie is koop eerder wat jy wil he.
Gaan minder kos en minder moeite wees.
Groete Jacques

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Fri Jun 21, 2019 3:18 pm
by japievan
Jooste

Is dit dalk 'n p14 aksie? Anders is dit nie die moeite werd nie.

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Wed Jun 26, 2019 12:56 pm
by jooste
Dankie vir almal se raad.

Ek dink n nuwe geweer is my voorland.

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Wed Jun 26, 2019 1:04 pm
by Capt. Yoda
Koop n Howa met n plastiek kolf, baie makliker

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Wed Jun 26, 2019 8:40 pm
by Alwin
As jy 'n 303 loop in goeie toestand kan opspoor, is dit moontlik om die loop te vervang teen skaflike koste. Dit gaan jou omtrent soveel kos as wat 'n hele 303 met goeie loop jou gaan kos.

Vir die koste van 'n vervanging met 'n nuwe loop in 'n ander kaliber, kan jy net sowel 'n splinternuwe geweer koop. Kyk na 'n Howa en ook van die ander bekostigbare gewere. Iemand het redelik onlangs 'n nuwe Mossberg vir R6k gekoop.

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Thu Jun 27, 2019 10:57 am
by Armand Steenkamp
Afhangend van watse aksie jou 303 het, sou ek se as jy n P14 het dan kan jy hom in n 6mm musgrave ombou met n lekker 26duim loop. Dan het jy n lekker vlakte geweer.
As jou geweer op een van die Engfield aksies gebou is dan
Sou ek dot net oorweeg indien die geweer vir jou sentimentele waarde het.
Groetnis

Re: .303 loop vervanginging

Posted: Wed Jul 03, 2019 4:04 pm
by RugerBoy
middag

Koste is een dink, maar nie die papierwerk en wag die moeite werd nie.