Page 1 of 1

Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 6:35 am
by AJ Botha
Yes manne. Wil graag julle insette kry, ek wil 'n haelroer aanskaf vir gebruik op die plaas.
Ek wil met hom ganse, duiwe, ape, meerkatte, hase en ystervarke skiet.

Ek is noggal lus vir 'n semi Auto want ek glo hy sal sal lekker werk. Is daar enige do's en dont's of voorstelle waarna ek kan kyk?

Ek wil defnitief nie meer as R15k spandeer nie, maar sal iets van onder R10k verkies.
Was dit jou geld, sou jy 'n nuwe Turkse' no-name' koop of 'n tweedehandse well-established naam en model?
Groete

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 7:16 am
by ShaunG
AJ Botha wrote:Yes manne. Wil graag julle insette kry, ek wil 'n haelroer aanskaf vir gebruik op die plaas.
Ek wil met hom ganse, duiwe, ape, meerkatte, hase en ystervarke skiet.

Ek is noggal lus vir 'n semi Auto want ek glo hy sal sal lekker werk. Is daar enige do's en dont's of voorstelle waarna ek kan kyk?

Ek wil defnitief nie meer as R15k spandeer nie, maar sal iets van onder R10k verkies.
Was dit jou geld, sou jy 'n nuwe Turkse' no-name' koop of 'n tweedehandse well-established naam en model?
Groete

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Baie goeie waarde vir geld tans is die Stoeger M3K, kom reeds 3 gun ready soos hul sal sê en het al die extender charge handle en bolt release

R12 000 - R13 000 prys hulle

https://www.youtube.com/watch?v=uEu1dPkkTlw

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 7:40 am
by jdpretorius
Ek's geen kenner nie en moet nog by die bevoegdheid sertifikaat uitkom wanneer ek 'n tyd kan afknyp... maar hou van die Benelli Supernova in 'n pomp aksie en in semi-auto Franchi. Die Franchi is baie lig op 'n ou se skouer en cycle mooi met 'n verskeidenheid patrone
My 2c is dat jy kyk na wat se chokes hulle het, vir jou doul, en of jy dalk 'n slug & iets soos SG ook in hom kan skiet

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 5:42 pm
by Vleisie
jdpretorius wrote:Ek's geen kenner nie en moet nog by die bevoegdheid sertifikaat uitkom wanneer ek 'n tyd kan afknyp... maar hou van die Benelli Supernova in 'n pomp aksie en in semi-auto Franchi. Die Franchi is baie lig op 'n ou se skouer en cycle mooi met 'n verskeidenheid patrone
My 2c is dat jy kyk na wat se chokes hulle het, vir jou doul, en of jy dalk 'n slug & iets soos SG ook in hom kan skiet
Ek het die einste Benelli Supernova pomp aksie, extended tube opgesit, hy Jag baie lekker ganse en met die reeks chokes wat saam kom, maak dat jy ñ redelike wye toepassing het. As mens goed bedrewe is met die pompaksie, skiet jy hom net so vinnig soos die semi auto.

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 6:10 pm
by jdpretorius
Vleisie wrote:

ImageImageImage, ek't ok al baie lekker met daai pomp gespeel...waar die O/U manne net twee kan in kry kon ek soms drie in werk op kleie

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 8:01 pm
by RevA
Jy kan altyd ook na paar wapen winkels gaan en kyk na tweedanse semi's hulle pryse is baie laag.

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 19, 2019 9:44 pm
by AJ Botha
Yes manne, dankie vir die insette sover ek gaan hulle aandagtig deur. Eks bietjie skrikerig vir 'n tweedehandse semi, behalwe as dit 'n bekende roer is. Eks nie baie lus vir 'n pomp nie, kan nie regtig sê hoekom nie! 'n OU is vir my die mooiste,
maar dink 'n semi sal meer prakties wees. Ek het bietjie gekyk na die Stoeger, hulle lyk baie nice. Die Beretta 1301 ook. Hys juis op special op die oomblik. Ek het 'n paar maande terug 'n Beretta A300 deur my vingers laat glip, plaas ek hom daai tyd gekoop het.

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Fri Jun 21, 2019 2:42 pm
by RevA
AJ Botha wrote:Yes manne, dankie vir die insette sover ek gaan hulle aandagtig deur. Eks bietjie skrikerig vir 'n tweedehandse semi, behalwe as dit 'n bekende roer is. Eks nie baie lus vir 'n pomp nie, kan nie regtig sê hoekom nie! 'n OU is vir my die mooiste,
maar dink 'n semi sal meer prakties wees. Ek het bietjie gekyk na die Stoeger, hulle lyk baie nice. Die Beretta 1301 ook. Hys juis op special op die oomblik. Ek het 'n paar maande terug 'n Beretta A300 deur my vingers laat glip, plaas ek hom daai tyd gekoop het.

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Onthou net verskeie provinsies laat nie semi toe vir jag nie, so dit sal vir sportskiet gemotiveer moet word.

Re: Shotgun

Posted: Sat Jun 22, 2019 9:40 am
by obasch
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk[/quote]
Onthou net verskeie provinsies laat nie semi toe vir jag nie, so dit sal vir sportskiet gemotiveer moet word.[/quote]

Die aansoeke vir al vier my semi-outo's was almal gemotiveer as Toegewyde Jag en lisensies is sodaning uitgereik.

Re: Shotgun

Posted: Sat Jun 22, 2019 9:42 am
by obasch
Wat hulle prys tans is weet ek nie maar kyk gerus na Franchi Affinity, 'n puik semi-outo uit die Benelli stal.

Re: Shotgun

Posted: Sat Jun 22, 2019 10:09 am
by AJ Botha
Dankie manne, weet iemand wie my beste opsie is om pryse op die Stoeger te kry? Ek sien europtic Africa lys hulle so ek het by hulle 'n prys probeer kry vir die M3000/M3500.
Ek sien op Gunafrica is daar 'n baie mooi Franchi Affinity vir R12/R13k, hy lyk ook baie mooi!

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Sat Jun 22, 2019 10:12 am
by AJ Botha
obasch wrote:Wat hulle prys tans is weet ek nie maar kyk gerus na Franchi Affinity, 'n puik semi-outo uit die Benelli stal.
Nuut is hulle so R18k by Habitat Africa, bietjie oor my budget, maar soos ek sê daar is 'n baie mooi een op Gunafrica wat wel binne my budget val, ek sal na hom kyk baie dankie!

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Sat Jun 22, 2019 10:32 pm
by Ranger
Not long ago there were Beretta 1301's going for around R13k on special. Check Tactical HQ's Facebook page.

Re: Shotgun

Posted: Tue Jun 25, 2019 11:20 am
by AJ Botha
Yes manne, daai Beretta 1301 Comp is wel nog op special vir R13k (selling out fast), en iemand het my gekontak oor 'n Beretta A350 Xtrema 'as new' vir R15k, is daar enige iets wat die A350 beter kan doen as die 1301 Comp vir my vereistes?
Euro-optic Africa het terug gekom en gesê hulle verskaf nie meer Stoeger nie, en ek kon nie iemand anders vind wat wel doen nie.
Dankie vir al die insette.

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Shotgun

Posted: Tue Jun 25, 2019 6:11 pm
by Ranger
Get the 24" 1301 and two cases of ammo for less than the A350.

Re: Shotgun

Posted: Wed Jun 26, 2019 6:16 am
by AJ Botha
Ek het die 1301 gevat, dankie vir daai referral na TacticalHQ, Ranger.