Page 1 of 2
Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 4:50 pm
by cassie_calvinia
Watse lube gebruik jul?
eks nou gatvol doppe gesmeer.
weet hornady one shot werk glo goed?
wat nog?
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 4:59 pm
by Fanta300
Ek gebruik Lyman se Quick Spray Case Lube
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 5:13 pm
by Blitzzz
Ek gebruik dillon case lube. Werk goed, maar ek kan nie vergelyk teenoor ander nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 5:35 pm
by joe rocket
Spray and cook.
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 6:27 pm
by jdpretorius
joe rocket wrote:Spray and cook.
+1
Die Antonio's Olive Oil word nie so taai soos die gewone tipe nie
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 6:43 pm
by Diesel Dog
joe rocket wrote:Spray and cook.
Al wat ek gebruik,teen die druk en spoed wat ek normalweg skiet is my doppe gou lekker gaar en sit hulle nie in die kamer vas nie !
DD
Re: Spray on Case lube
Posted: Thu Jun 13, 2019 6:50 pm
by Hein M.
cassie_calvinia wrote:Watse lube gebruik jul?
eks nou gatvol doppe gesmeer.
weet hornady one shot werk glo goed?
wat nog?
Nee man mater. Die smering is een van die plesiere van laaiwerk… So tussen die duim en wysvinger vryf en dan baie ligweg op die lyfie van die dop

Dan ook so aan die binne -en buitekant van die nek. Amper eroties

Vermy die skouers
O-ja. Geduld is een van die grootste waardes as jy jou passie ten volle wil uitleef
Sorry vd hijack

Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 12:03 am
by Aceofspades
4/5 alkohol en 1/5 kasterolie.
Sproei in ziplock sakkie met doppe in. Skud 'n bietjie en laat hom dan asemhaal.
Kriek
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 7:33 am
by cassie_calvinia
die groot ding is ek wil nie weer doppe skoon maak na die tyd.
soos die alkhol mix wat vinnig verdamp.
verdamp cook n spray ook? of is dit weer vetterig?
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 7:55 am
by Aceofspades
Met die alkohol kasterolie mix kan jy leaner ook gaan. Ek is redelik ryk. Maar ek tumble my doppe eers na ek gesize het.
Probeer ook die spray and cook. Daar is mos seker in die huis en 'n toetsie kan nie skade doen nie.
Kriek
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 7:56 am
by joe rocket
Cassie jy moet afvee met n lappie. As jy net necksize, gebruik grafiet poeier.
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 8:51 am
by andre007
Aceofspads wrote:4/5 alkohol en 1/5 kasterolie.
Sproei in ziplock sakkie met doppe in. Skud 'n bietjie en laat hom dan asemhaal.
Kriek
Ek en Johann het nou gesels oor sy konkoksie, wat ons in gemeen het is dat ons albei met Alkohol en Lanolien begin het, in ons albei se geval het lanolien skaars en vrek duur geraak. Kasterolie en alkohol is darem oral beskikbaar. Vir die manne wat naby die winkel is, is hierdie a bargain
http://www.3dprintingstore.co.za/resin/ ... l-5-litre/ ,500ml hier by ons is al amper R70. So as n paar manne inclub kan julle die sousie goedkoop aanmekaar sit, soos Johann sê, moet netnie dat mammie dit in jou kos gooi nie

Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 8:57 am
by andre007
Diesel Dog wrote:joe rocket wrote:Spray and cook.
Al wat ek gebruik,teen die druk en spoed wat ek normalweg skiet is my doppe gou lekker gaar en sit hulle nie in die kamer vas nie !
DD
Ek weet Dirk gebruik ook die Olyf Spuit en bak op doppe in n ziplock sakkie
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:01 am
by andre007
Ek het die laaste ruk maar Imperial wax gebruik, mens moet maar so elke 5fde of so doppie se nek binne smeer met n oorstokkie veral vir ons manne wat F/L (partial) sizing doen waar n expander button betrokke is. Wat is die algehene gevoel om die aanspuit smeermiddel in die dop se nek te kry?
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:03 am
by THOMAST
Moes nou eers gaan seker maak ek is op Jaracal, want hierdie lees soos 'n Kook en geniet hoekie

Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:06 am
by cassie_calvinia
Gebruik niemand one shot?
hoor daai is baie goeie produk.
spuit sommer 'n spuit binne die, size 5 tot 6 doppe, gee nog 'n spuit.
en doppe skoon as uit die kom. hoef nie af te vee
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:25 am
by swc-tr
@cassie
Ek het nie ondervinding van Hornady one-shot nie, maar my kristalbal voorspel met bg manier gaan jy binnekort n "stuck-case-remover" nodig kry.....
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:27 am
by cassie_calvinia
Ek gebruik dit ook nie.
ek hoor maar mense doen dit so
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 9:53 am
by andre007
Manne n vraag seker wat hier gaan op pop is die skoonmaak van smeermiddel uit n dop, hiers n artikel daaroor, hiers n man op ons dorp wat 2 weke terug die stel afgetrap het.
https://www.mamba-reloading.co.za/Die%2 ... 0doppe.pdf
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 11:12 am
by jdpretorius
andre007 wrote:Ek het die laaste ruk maar Imperial wax gebruik, mens moet maar so elke 5fde of so doppie se nek binne smeer met n oorstokkie veral vir ons manne wat F/L (partial) sizing doen waar n expander button betrokke is. Wat is die algehene gevoel om die aanspuit smeermiddel in die dop se nek te kry?
As jy a spray tipe lube gebruik werk dit lekker om dit sommer op n nylon skoonmaak borse te spuit en dan net gou in en uit die nek
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 11:35 am
by andre007
jdpretorius wrote:andre007 wrote:Ek het die laaste ruk maar Imperial wax gebruik, mens moet maar so elke 5fde of so doppie se nek binne smeer met n oorstokkie veral vir ons manne wat F/L (partial) sizing doen waar n expander button betrokke is. Wat is die algehene gevoel om die aanspuit smeermiddel in die dop se nek te kry?
As jy a spray tipe lube gebruik werk dit lekker om dit sommer op n nylon skoonmaak borse te spuit en dan net gou in en uit die nek
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Goeie plan. Ek dink ons moet n 'like' knoppie by die smilies inbou
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 11:48 am
by JacquesT (Stompe)
Blitzzz wrote:Ek gebruik dillon case lube. Werk goed, maar ek kan nie vergelyk teenoor ander nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
+1 vir Dillon. Te danke aan Deon Vlotman 'n paar jaar terug het die my lewe verander. Mens moet hom net reg aanwend en so 10min laat staan sodat die alkohol verdamp, dan loop hy deur my Co-ax soos 'n warm mes deur botter.
Ek dink ek het genoeg voorraad vir van die vir die volgende 3 jaar.
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 12:05 pm
by tau
EK gebruik Dillion spay on en hy loop mooi. Net my .375 Ruger wat nog Imperial wax soek as ek FL size.
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 12:32 pm
by Eugene
cassie_calvinia wrote:Gebruik niemand one shot?
hoor daai is baie goeie produk.
spuit sommer 'n spuit binne die, size 5 tot 6 doppe, gee nog 'n spuit.
en doppe skoon as uit die kom. hoef nie af te vee
Ek gebruik Hornady se One shot spray en dit werk vir my goed. Die nekke binne smeer ek met imperial wax met 'n oorstokkie. Om af te kry, gooi ek al die doppe op een handdoek en vryf dit met 'n ander handdoek so paar keer heen en weer. Dit haal nie alles af nie, maar genoeg dat dit nie taai is nie.
Re: Spray on Case lube
Posted: Fri Jun 14, 2019 1:10 pm
by Hein22
Eugene, ek doen dieselfde maar met die Lyman spray ipv Hornady. Hoe haal jy die wax uit?