Page 1 of 1
My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Wed Nov 09, 2011 11:03 am
by Kokkie
Goeie dag manne
Ek het gister my nuwe geweer gaan haal

Ek wil hoor of iemand dalk herlaai data op 25-06 tikka varmint
22'' bull barrel loop,ek sal later foto opsit,wil net die scope opsit
Lekker dag
Kokkie
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Wed Nov 09, 2011 11:07 am
by VdWalt
Baie geluk man!! Lekker skiet !
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Sat Nov 12, 2011 8:45 am
by Kokkie
Ek het gister homso bietjie gaan inskiet,hy loop soos 'n muis met slippers!
Ek begin maandag my herlaai goed in ordr kry en dinsdag kry ek opleiding,
ek het klaar 100gr gamekings en s365 kruit en lapua doppe!

Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:22 am
by James Wilson
lekker!!!!
kan iemand vir my die nommer gee waarnatoe n mens bel om te hoor hoe vorder jou aansoek. ek het ms n Black Berry gegkry en dis een van die nommers wat hy besluit het om weg te gooi
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:30 am
by Lourens
James gooi 'n lyn daar na 012 353 6111 toe.
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:50 pm
by 300 Holland
Dag se
Moet net nie so dom wees om al jou kaartjies in jou beursie te sit nie ,want as hy gesteel woord moet jy als vanvooraf doen
Die hele works by saps.
Het gister met my gebeur en dit kos my 1300 rand met fotos .n Baie duur les en lange daarby.

Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:51 pm
by Monrique (SJ)
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 3:05 pm
by James Wilson
300, wat ek gedoen het was om al my lisensies sommer my bestuurs lisensie ook op een bladsy te laat kleur copy. did laat waarmerk deur die SAPD met n stempel. dit toe galamineer, op die ou end so 5 nvan hulle gedoen 1 in my geweertas. 1 in my kluis. 1 in my jagbakkie. 1 in my herlaai kamer en 1 spaar. het al n sped boette gekry en die spietkop het die afskrif van my aanvaar. en het al ammo ook gekoop met so n afskrif. nou wetlik is dit nie aanvaarbaar nie. maar ek dink as my lisensies gesteel is sal ek darrem op die manier kan regkom vir n ruk.
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:59 pm
by 300 Holland
Ek dink wat ek gaan doen is
om die nuwe kaartjies te punch en somer elke kaartjie aan sy wapen vas te maak
So as ek die wapen vervoer is die liksens somer aan hom en as ek gaan skiet haal hom af en as ek klaar is sit ek dit net weer terug
Dan kan hy nie somer weg raak nie.
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Wed Nov 16, 2011 11:10 am
by Armand Steenkamp
Kyk hierso kokkie! As jy probeer het om my jaloers te maak dan het jy dit nou reg gekry!

Eks dam nou al gatvol gewag!
Geluk met die roer!
Groetnis
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:28 am
by Kokkie
Dankie Armand,hoe lank wag jy nou al,en wat het jy gekoop?
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:05 am
by PITSMIT
geluk kokkie
praat met geno oor daai roer hy ken hom baie baie goed sal jou op die regte pad help
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Thu Nov 17, 2011 9:12 am
by Armand Steenkamp
Ek sal moet gan kyk, maar ek dink ek het julie se kand aansoek vir befoegthyd en liksens vir n Howa 243 varminter gedoen.
Groetnis
Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Wed Nov 23, 2011 8:53 am
by molopohunter
Armand Steenkamp wrote:
Ek sal moet gan kyk, maar ek dink ek het julie se kand aansoek vir befoegthyd en liksens vir n Howa 243 varminter gedoen.
Groetnis
Bevoegtheid is deesdae beter op tyd. Myne gedoen einde maart en was laas maand 26okt reg.
Le net op hulle en klink sommer huilerig...

Re: My nuwe geweer liksens gekry!
Posted: Wed Nov 23, 2011 9:25 am
by Armand Steenkamp
Hahaha As ek HULLE net in die hande kry! Elke keer as ek bel lui die foun net!