Page 1 of 1

410 Haelgeweer

Posted: Wed Nov 09, 2011 10:31 am
by Christo Els
Ek is bevoorreg om 'n 410 haelgeweer vir next to nothing te kan bekom

Ek wil nou net weet vir watter doel kan 'n mens hom gebruik en redes kan 'n mens aanvoer vir die liksens manne
om die geweer op my naam te kry.

Die geweertjie het 'n full choke op en hy werk in die vorm van 'n slot aksie.

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Sat Nov 12, 2011 8:52 am
by ThinusS
Christo
Ek het grootgeword met 'n spaanse dubbelloop .410 (hy staan nou nog in my kluis) en het baie tarentale, fisante, patryse, kwartels, duiwe en hase met hom platgetrek. die .410 is egter nie die beste keuse vir 'n haelgeweer nie.

As jy jou skote binne 20 tre? hou werk hy goed maar op langer afstande kwes jy baie maklik vo?ls, 'n 12 boor (of 20 boor) werk baie beter. Ammunisie vir die .410 is skaars en gewoonlik duurder as 12 boor. Herlaaikomponente is ook nie algemeen beskikbaar nie.

Slotaksie .410 haelgewere is nie veel werd nie (die prys waarteen Jy hom kan kry is omtrent wat hy werd is), die meeste wat ek nog gesien het is deur Mossberg vervaardig maar ek het ook al ander make gesien.

Ek sou voorstel jy kry eerder 'n 12 boor.

Groete
Thinus

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Sat Nov 12, 2011 10:58 am
by blaser
Ek het n 410 .22 com as enige een hom wil he hy is verniet

Thinus
Jy wil nie dalk daardie 410 verkoop nie

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Sat Nov 12, 2011 6:33 pm
by ThinusS
Remington

Ek het hom al 33 jaar lank en al gebruik ek hom bitter selde wil ek hom nie regtig verkoop nie (te veel sentimentele waarde).
In elk geval die lope is redelik gepit (ek het hom so gekry).
Ek het nog altyd gedink 'n .22/.410 kombinasie is die ideale geweerjie vir 'n plaasseun.

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Sat Nov 12, 2011 7:22 pm
by blaser
Pine
Jy kan net die een kom haal

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Sun Nov 13, 2011 6:16 pm
by douw
[quote="remington"]
Ek het n 410 .22 com as enige een hom wil he hy is verniet

Hllo Remington

Watter maak is die 410 .22 kombinasie. Ek het 'n stevens waaroor ek en my broer omtrent vuisgeslaan het. Ons altwee lekker met hom gespeel. As jy regtig van hom ontslae wil raak laat weet asb.

Groetnis
Douw

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Mon Nov 14, 2011 7:52 am
by Christo Els
Dankie vir die inligting.
Ek wel 'n 12 boor wat ook in die toekoms na my toe sal kom. Ek het net gedink dat die geweertjie lekker speelding sal wees op die plaas en hom dan te gebruik vir slange en daardie tiepe ding

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:29 am
by G-force
Christo Els wrote: Dankie vir die inligting.
Ek wel 'n 12 boor wat ook in die toekoms na my toe sal kom. Ek het net gedink dat die geweertjie lekker speelding sal wees op die plaas en hom dan te gebruik vir slange en daardie tiepe ding
My vrou het een.Puik toestand.My knders is te klein om met ons 12br haelgewere te skiet.Die .410 is ideaal vir dit.Ek looi ook slange(as ek moet) en duiwe en soms tarries met hom.Koop hom.

Re: 410 Haelgeweer

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:40 am
by blaser
Die 410 wat ek weg gee het baas gekry  pine het eerste gevra en gekry


Groete