Page 1 of 2
Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 7:33 pm
by Blink Stefaans
Dagse manne.
Het besluit om van die 7x64 ontslae te raak en n ligter kaliber aan te skaf. Ek jag 95% bos en dit is waarvoor ek n 8mm-06 het.
My toekomstige jag maatjie (die een wat ek grootmaak) word nou opgely, eers met die windbuks en dan later sal hy die 223Ackley skiet, maar as dit nou tyd raak om n groter geweer te skiet dan is die Brenneke n bietjie te veel geweer....en nee ek gaan nie n silencer op daai ZKK 600 sit nie.
Wil die roer gebruik vir die vlaktes en so nou en dan (bitter min) dalk n kompetisie inwerk of net vir die lekker n gong op 1000m laat lui.
Die vereistes is redelikke lang loop lewe, moenie te honger wees met kruit nie, komponente moet maklik verkrygbaar en bekostigbaar wees en moet akuraat wees as die man agter die slot sy werk doen.
Ek het heelwat rond gesnuffel en ek dink die keuse gaan tussen 2 kalibers wees die 6.5 Creed of 6.5 Swede
As ek n kaliber mis wat ook die werk lekker sal doen asb lig my in
Dan ook fabrikaate. Ek het nie geld vir n Tikka nie ongelukkig, maar daai sou bo op my lys gewees het
Baie dankie by voorbaat
Hoor graag
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 7:49 pm
by tripodmvr
6,5 Swede.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 7:56 pm
by jankraay
Jong ek sou se die 6.5 CM sal jou baie gelukkig maak in wat jy wil doen.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 7:59 pm
by Diesel Dog
6.5 swede 100 years old and without primer pocket issues .
DD
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:13 pm
by Gideon@1
Diesel Dog wrote:6.5 swede 100 years old and without primer pocket issues .
DD
++ 100
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:17 pm
by Blink Stefaans
Watse fabrikaat sou julle voorstel?
Die verkoop van die Brno gaan die koste geweer moet dek.
Hoor die Howas het baie groot jump, as dit enigsins saak maak
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:18 pm
by jankraay
Blink Stefaans wrote:Watse fabrikaat sou julle voorstel?
Die verkoop van die Brno gaan die koste geweer moet dek.
Hoor die Howas het baie groot jump, as dit enigsins saak maak
Meeste van die Swede’s het n lang jump.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:20 pm
by Riebeeker
Die vraag het soveel antwoorde soos wat daar 6.5mm kalibers is. Dit het my n tydjie geneem om my 260 op sy nommers te kry, maar heng nou is ek tevrede - dankie Gawie. Ek skiet 140gn Nosler Balistic Tips teen 2810 uit n 28 duim loop m9et VV 560 kruit gat op gat. Geweer jag lekker met sy Bell & Carlson kolf en ek kan die gonge lekker laat lui. Remington 700 aksie
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:21 pm
by tripodmvr
Die Swede het 'n baie goeie reputasie as jagkaliber opgebou. Dit is volgens jou die 90% waarvoor jy hom gaan aanwend. Kry vir jou 'n Howa - hulle wrk in die bos en sal ook deug op die oper dele.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:31 pm
by Diesel Dog
Riebeeker wrote:Die vraag het soveel antwoorde soos wat daar 6.5mm kalibers is. Dit het my n tydjie geneem om my 260 op sy nommers te kry, maar heng nou is ek tevrede - dankie Gawie. Ek skiet 140gn Nosler Balistic Tips teen 2810 uit n 28 duim loop m9et VV 560 kruit gat op gat. Geweer jag lekker met sy Bell & Carlson kolf en ek kan die gonge lekker laat lui. Remington 700 aksie
Daai's nog niks nie my Swede skiet gat op gat met Jack Russel drolle, I kid you not!
DD
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:39 pm
by Riebeeker
Ha ha. Niks fout met die Sweed nie.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:56 pm
by Apie
Ek het ‘n 6.5x47 en ‘n 6.5x55 en vir wat hy wil doen sal daai x55 net die ding wees!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 8:56 pm
by Armand Steenkamp
Ek het die Howa 6.5x55. Ek het hom laat ackley. Buiten vir n beter dop wen jy niks. As ek weer kon kies sou ek n 6.5Creed in die dukloop 26duim loop gevat het. My 6.5 is my probleemkind.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Wed Jun 05, 2019 10:10 pm
by Morkel
Ek het baie vertroue in my 6,5x55SE getrou met n March scope en voer hom 156gr Oryx hy stamp nie hanteer maklik en ek het vertroue om lang skoot te vat - ek het n kudu bul op 40m met my 375 ek dink dit was 300Swift Aframe in nek geskiet en daai patroon is nie deur nie. Toe skiet ek n 59in bul op 250m met die sweed ook in die nek en hy het net daar geval. Sien die manne se hier jy kan n BwB ook aanvat met hom. Miskien die jaar as iemand dalk n swak skoot skiet en kry kans. Wil eers sien wat hy maak voor ek hom sal noem my all rounder. Vleis skade is bitter min. Spoed is so 2450 en oor stokke klap hy coke blikkie skoot na skoot op 200m. Kry dit nie reg met my 308 of 375 nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 7:51 am
by Ds J
Lees asb na oor die redes waarom die top skuts in die VSA intussen almal oorgeskuif het na 6mm (!!!) kalibers. Ek self sal eerder n bietjie swaarder koeël op 1000m wil skiet, maar gegewe dat jy jou seuneman ook wil laat saamspeel is n 6.5mm of n 6mm patroon met n goeie knaldemper dalk n wyse keuse.
Vir looplewe is ontbrandingstempo en kamerdruk gewoonlik n groter faktor as iets anders - die haastige kalibers jaag almal n groot hoeveelheid ontbrande kruit deur n klein gaatjie, dan brand dit die staal weg.
Hoor by die manne wat n 6.5 Sweedse Mauser met n knaldemper het - ek het gelees dat dit n gawe kombinasie is.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 8:16 am
by Wouter Roets
Diesel Dog wrote:6.5 swede 100 years old and without primer pocket issues .
DD
O so die Sweed rek nie primer pockets op 65 000psi + nie? Nou leer ek ook iets!
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 8:45 am
by ruaanb
Wouter Roets wrote:Diesel Dog wrote:6.5 swede 100 years old and without primer pocket issues .
DD
O so die Sweed rek nie primer pockets op 65 000psi + nie? Nou leer ek ook iets!
eers op 70k psi as DD skiet

Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 9:28 am
by Arnold
Die Sweed het geskiedenis, die 6.5 Creedmoor is definitief 'n beter dopsontwerp.
26" Swaarloop Howa (laer kamerdruk en langer loop lewe met die 26" vs. die 24")
108gr Scenar @ 3130 fps
143gr ELD-X @ 2750fps
Soek bietjie hier op die forum en lees hoe die ouens sukkel om 'n lading vir die Howa 6.5 Sweed te kry. Doppe van die Sweed is wel goedkoper maar nou sit jy weer met 'n lang aksie en jy kry hom nie met 'n swaar loop nie.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 10:33 am
by Hercules Louw
Ek het 'n artikel verlede jaar oor die meer gewilde 6.5mm kalibers geskryf en dit is in die Kolskoot tydskrif gepubliseer. Moontlik sal dit jou help om 'n meer ingeligte keuse te maak.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 11:00 am
by Capt. Yoda
Maak howa nie n swaarloop 7-08 nie
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 11:10 am
by Diesel Dog
Wouter Roets wrote:Diesel Dog wrote:6.5 swede 100 years old and without primer pocket issues .
DD
O so die Sweed rek nie primer pockets op 65 000psi + nie? Nou leer ek ook iets!
Miskien is daar meer brass in die Swede se doppe daar waar dit saak maak.

My persoonlike ondervinding met die 6.5 creed en Peterson doppe is dat die doppe gas lek om die ontsteekers na 4 tot 5 maal se herlaai met spoed van 2710pfs ,365 kruit en 140 gr eldm .Dit is met 3 verskillende geweere,ek kan nie kamer druk meet nie maar ek glo nie die druk vlake is abnormaal hoog nie .Ek het 6.5x55 doppe wat meer as 20 maal gevuur is met stywe ladings waarvan die ontsteekers nie meer so styf ingaan nie ,maar kry nog nie gas lekasies nie .
DD
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 5:57 pm
by Diesel Dog
6.5x55 bo en Creed onder
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/e8a172115382aefcb51b409cdd0451f1.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:06 pm
by Diesel Dog
Die extractor groef is wyd en verwyder brass waar dit die primer pocket kon ondersteun.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/4c3fc8ead9ff39688015f1e4ab3556ff.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:19 pm
by Blink Stefaans
Baie dankie
Vir die voorstelle en die 2 doppe wat vernietig moes word.
Eks nog steeds lekker deurmekaar.
Is al die verskillende vervaardigers van die Creed doppe geneig om so te maak?
My alie juk vir n 26" Howa Creed, maar eks oor hastig. Gaan die 7x64 volgende week vir die laaste keer bos toe vat en hom dan adverteer.
Het vandag n barreled action gesoek, maar niemand het een nie. Wil dan n Smoking Guns kolf op hom gooi. Dink hy sal mooi loop.
Re: Help met kaliber keuse asb
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:41 pm
by jdpretorius
Is n lekker 308 met 26" loop dan nie dalk n opsie nie
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk