Page 1 of 1
Energie verlies??
Posted: Tue Nov 08, 2011 6:54 pm
by Monrique (SJ)
Ek wil graag by julle die volgende weet asb.
Is daar enige energie/spoed verlies wanneer n nuwe dop ''gefireform'' word?
Meenende dat kom ons veronderstel dat jy met n geskiete dop n x lading gebruik en jy kry n tromp snelheid op n z koeel van bv. 3000fps, gaan jy dan met n nuwe dop dieselfde spoed bereik of nie? Indien nie is die verskil berekenbaar en hoe? Is die verskil in spoed op kalibers verskillend? Het die verskillende make doppe wat gebruik word n invloed daarop en verskil dit?
Groetnis
Re: Energie verlies??
Posted: Tue Nov 08, 2011 7:05 pm
by Cobus(Cobb)
SJ
Jou dopkapasiteit sal mos verskil as jy ge fireform het, dalk daai knertsie groter dopvolume......
Dit glo ek sal verskil maak...
Die Pro's gaan ons meer leer hier...
Cheers
Re: Energie verlies??
Posted: Wed Nov 09, 2011 12:02 am
by Jagtersdok
SJ wrote:
Ek wil graag by julle die volgende weet asb.
Is daar enige energie/spoed verlies wanneer n nuwe dop ''gefireform'' word? Dop wat gefireform word is gewoonlik groter so groter dopkapasiteit dus sal x lading vir jou laer spoed gee in gevormde dop as in nuwe dop met kleiner volume, MAAR met die nuwe dop word baie energie gebruik om die dop te laat uitsit na die groote van die kamer toe, dus is daar minder energie beskikbaar om die projektiel aan te dryf en dus verloor jy spoed. Nou hoe balanseer die twee uit? Gewoonlik is die energie wat verlore gaan om die dop te "rek" baie meer as die wat jy wen agv jou aanvanklike kleiner volume Dus wne jy deur gevormde doppe te skiet. MAAR jou kamergroote speel groot rol. Wat ek wel gevind het is dat gevormde doppe vir my meer konstante snelhede gee en dit is eintlik vir my belangriker want mens kan altyd snelheid opmaak met ho?r load, maar doppe heeltyd hervorm word verhard soos meeste weet maar dit is nie 'n konstante proses nie en dus mag daar meer variasie wees
Meenende dat kom ons veronderstel dat jy met n geskiete dop n x lading gebruik en jy kry n tromp snelheid op n z koeel van bv. 3000fps, gaan jy dan met n nuwe dop dieselfde spoed bereik of nie? Jy sal kan, maar dit gaan afhang van die verhouding van energy distribution
Indien nie is die verskil berekenbaar en hoe? Moontlik maar dit gaan ingewikkelde som wees en ek weet nie werklik of dit die moeite werd sou wees nie
Is die verskil in spoed op kalibers verskillend?dit is want die dopvolumes en hoeveelheid brass wat vervorm gaan verskil
Het die verskillende make doppe wat gebruik word n invloed daarop en verskil dit?Sagter brass sal makliker vorm dus mider energie gebruik en meer energie oorlaat om die koeel aan te dryf
Groetnis
Re: Energie verlies??
Posted: Thu Nov 24, 2011 7:57 am
by Monrique (SJ)
Dankie Neels
Groetnis