Page 1 of 1

ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Tue Nov 08, 2011 3:59 pm
by pietjacobs
Middag almal,

Ek soek bietjie raad asb. As jy 'n vuurwapen besit en jou lisensie is nog in jou ID boek, maar jy het nog nooit oor gegaan na die nuwe wetgewing, kan ek so wapen oorneem by 'n persoon of is die wapen nou nie meer wettig nie. Wat sal die prosedure wees as ek nou wil aansoek doen vir 'n lisensie vir so 'n wapen?

Groete,
Piet

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Tue Nov 08, 2011 4:04 pm
by Jaco Swart
Piet Vark/ Karp

Jy kan maar aansoek doen. Daai lisensies werk nog en baie ou omies het nooit verder moeite gedoen nie. Kry net n duidelike afskrif en laat hom beedig.

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Tue Nov 08, 2011 4:05 pm
by pietjacobs
Dankie Jaco, dis nou goeie nuus

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:21 am
by SV MAD (Henk)
Geld dieselfde as iemand 'n vuurwapen het op die eerste groen kaartjies wat gedruk was?

Wat kan mens doen as 'n pel van my so 'n groen kaartjie het maar nou wil hy gaan vir sy lisensie hernuwing, gaan hulle hom aankla of moet hy maar die wapen aan my verkoop? Hy sal graag die wapen wil hou, maar wil ook nie tronk toe gaan nie...

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Wed Nov 09, 2011 1:27 pm
by Cobus(Cobb)
Het ek iets gemis...ek dog daar is nog geen hof uitspraak tov die die ou groen liks?ns nie...dog dis nog wettig??
Het ek die kat aan die gat beet hierso??

Cheers

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Wed Nov 09, 2011 5:33 pm
by Hein M.
:police:

Die groen kaartjie is 100% wettig.  Sal ook nog vir 'n lang tyd wees...

Mooiloop!

Hein

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Wed Nov 09, 2011 8:44 pm
by SV MAD (Henk)
so as hy sy bevoegdheid doen en dan heraansoek doen op die nuwe stelsel sal als okay wees?

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Wed Nov 09, 2011 8:55 pm
by Hein M.
SV MAD wrote: so as hy sy bevoegdheid doen en dan heraansoek doen op die nuwe stelsel sal als okay wees?
Beslis.

Dit maak dan ook die deur oop vir nuwe aansoeke.  Dit kos nou wel 'n paar rand, maar is die moeite werd.

Groetnis!

Hein

Re: ID Boek vuurwapen lisensies

Posted: Thu Nov 10, 2011 9:08 am
by SV MAD (Henk)
Baie dankie vir die info, ek sal so aan hom oordra.

Slegte nuus vir my (ek sou die wapen gelove het) maar goeie nuus vir hom...