Page 1 of 1

Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 1:27 pm
by Toxxyc
Goeiemiddag mense, hoop almal het sommer 'n lekker Vrydag sover! Ek het onlangs vir my 'n Remington 700 SPS in .30-06 gekoop. Hy was op 'n special en ek kon eenvoudig nie nee sĂȘ nie. Elkgeval, vir die geweer moet ek nou mounts en ringe kry. Ek het 'n ou .303 wat 'n teleskoop op het, maar ek gaan die scope afhaal en op die .30-06 sit vir eers. Die teleskoop het 'n 1" buis, so ek moet kyk na 1" ringe.

Ringe is egter nie die probleem nie. Die mounts/basis is. Ek weet die Remington 700 is soos die "Lego geweer" omdat daar 'n miljoen verskillende partjies en goetertjies is vir die ding wat jy kan opsit, en dit maak my net nog meer deurmekaar.

Ek het gekyk op wapenwinkels soos Safari & Outdoor, en dan kry ek basisse wat so spotgoedkoop is dit maak nie vir my sin nie. Ek het met Safari gesels en volgens hulle sal die Leupold basis wat maar R172 kos op my geweer pas. Mis ek iets? Die basis kos op Leupold se website $49,99, wat aansienlik meer is as R172, so ek voel asof ek iets mis.

Soos dit vir my lyk lyk dit asof ek net 'n stel ringe moet koop wat daarby pas, wat aansienlik duurder is maar nogsteeds nie te duur nie. Lyk soos R449. Sal ek dus vir ongeveer R600 basis en ringe vir die geweer kan koop, of het enigiemand vir my 'n ander opsie wat ek kan oorweeg as 'n skut op 'n begroting?

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 1:32 pm
by Malan123
Ek het vir 'n rukkie die leupold basis en ringe gebruik. Het goed gewerk. Dink nie jy gaan beter budget setup sommer kry nie.

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 3:01 pm
by Toxxyc
So ek is nie verkeer as ek dink dit sal so maklik werk nie? Oulik...

En dan die installasie - sal ek dit self by die huis kan doen, of is 'n smid nodig? Ek het al teleskope op gewere geruil en hulle ge"boresight" en so aan, maar nog nooit mouts opgesit of vervang in so situasie (op 'n nuwe geweer) nie.

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 3:56 pm
by wlm
Voor jy dit nie probeer doen nie sal jy nie weet nie. meeste van die goed vra net 'n bietjie handvaardigheid en "common sense".

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 6:07 pm
by Mellies
Ek het vir jou lynx basisse en ringe vir n 700. Jy kan hulle kry as jy net die posgeld sal betaal.

Gooi my n pm.

Met n vleisie...

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 8:42 pm
by Ds J
Leupold / Lynx / Thor in staal.

Laat hulle gelyk skuur ("lap"), en geniet.

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Fri May 31, 2019 9:50 pm
by Alwin
Ds J wrote:Leupold / Lynx / Thor in staal.

Laat hulle gelyk skuur ("lap"), en geniet.
Hier is die korrekte inligting. ^^^

Hou by staal en laat die ringe "lap".

Alles kan self gedoen word as jy weet hoe. Dit mag 'n goeie idee wees om iemand te kry wat jou kan touwys maak.

Daar is vir my groot plesier in, om iets self te doen en dan goeie resultate te kry. As iets dan later sou skeef loop, weet ek ook waar om die fout op te spoor en hoe om dit te herstel.

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Posted: Mon Jun 03, 2019 7:41 am
by Toxxyc
Mellies wrote:Ek het vir jou lynx basisse en ringe vir n 700. Jy kan hulle kry as jy net die posgeld sal betaal.

Gooi my n pm.

Met n vleisie...
Mellies ek sal jou beslis opneem vir hierdie aanbod! Ek sien jy is in Potchefstroom - kan ek sommer optel of reel dat my Swaer optel by jou? Hy bly daarso, en kom oor so 2/3 weke in my rigting. Hy is betroubaar (Ds J hierso het hom ook al ontmoet) :D

Ek sal jou 'n PM stuur met die inligting!