Page 1 of 1
Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 8:13 am
by adriaans
Goeie dag almal.
Ek stel my graag voor. (Adriaan Swanepoel of Swannie)
Ek kom van die Vrystaat af, woon tans in Johannesburg.
Hou van jag, hengel, braai vleis en lekker gesels.
Groete
Re: Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 8:42 am
by tripodmvr
Baie welkom hier by ons. Kom vertel meer van jou skietgoed en jagervaring.
Re: Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 8:44 am
by Plaashaas
Welkom
Re: Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 8:47 am
by andre007
adriaans wrote:Goeie dag almal.
Ek stel my graag voor. (Adriaan Swanepoel of Swannie)
Ek kom van die Vrystaat af, woon tans in Johannesburg.
Hou van jag, hengel, braai vleis en lekker gesels.
Groete
Welkom. Hier gaan jy baie leer en lag. Ek sien jy hou van hengel, is dit die 1 wat mens net n sinker aansit (geen hoek en aas) met n koue in die hand of verwar ek dit met visvang

anyway lekker Vrydag!
Re: Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 8:48 am
by Draegan
Hi Swannie, baie welkom hier!
Re: Nuwe Aansluiting - Swannie
Posted: Fri May 31, 2019 9:53 am
by adriaans
Dankie vir al die boodskappe, voel sommer klaar tuis.
N paar fotos van onlangse aktiwiteite.
Blesbok geskiet naby Brandfort
Gemsbokke naby Hennenman, My Pa, broer, broer se seun en ek. Was n Pa en seun dag gewees.
Visvang naweek naby Hartbeespoort dam.
Ek besit nie self jag skiet ysters nie, skiet gewoonlik saam my Pa en Broer en maak gebruik van hulle "tools".
Is in die proses om n paar van hulle oor te dra op my naam, .22 Mauser, Sako 223, 243.
Ek besit wel twee pistole, Glock19 en Glock34 G5 MOS. Het my oog op n CZ P07 gen2.
Oh, en versamel ook messe!