My Droom Geweer
Posted: Mon May 27, 2019 12:48 pm
Ek is al n hele ruk op die forum en herlaai al my eie patrone van 13 jarige ouderdom af. Ek dink ek is bitter bevoorreg om n pa te he wat my ondersteun in alles wat ek doen. (Hy is glad nie n groot jagter of skut nie) Hy het vir my, my eie toerusting gekoop en vir my ‘n herlaai kamer laat bou. My Oupa se .30-06 is op sy naam gesit en toe koop hy vir my n .222 ook toe ek 15 was.
Al wat ek nog nodig gehad het was die baan geweer wat ek al aan hom karring vandat ek begin skiet het. As ek n gong op 400m lui staan hy die volgende week op 500m. Ongelukkig is die .30-06 gebou op n P14 aksie en die .222 is natuurlik te lig in die broek vir wat ek wil doen. Ek is toe einde matriek weg uit die Paarl uit en eindig toe op In Potchefstroom waar ek nou farmasie swot. Daar is dus min tyd vir herlaai en skiet vir my omdat die roere in die Kaap is.
Nietemin hou ek aan lees daagliks om my kennis te bly verbreed. My Pa kom toe agter dis tyd om vir my n geweer te koop wat ek myne en net myne kan noem en terselfdertyd duik twee gewere op wat sy vriend wil verkoop. N 7x47 Brno Zkk 600 en n .243 CZ550. Lang storie kort kry ek sommer twee gewere vir kersfees na ons skik daarop dat my pa die 7x57 sal maak soos hy hom wil hê en die .243 myne sal wees om te maak soos ek wil hê.
Ek werk toe heel Desember lank en sit die geld by die wat ek gespaar gehad het in my rekening en koop vir my n Leupold VX3i LRP met Leupold ringe. My pa doen aansoek vir lisensies en terwyl ons wag stem die verkoper in dat ons kan laatwerk doen aan die gewere. My pa vat my toe na Michael van MG gunstocks toe nadat ek al jare karring met fotos van hoe sy werk lyk.
My pa se toe ek moet alles self met hom uitsorteer en laat doen wat ek wil doen en daarna is ek op my eie dan het hy sy deel gedoen. Ek het vandag die fotos gekry en ek as 20 jarige voel asof ek myself kan nat maak van ekstase. Ek was vandag meer opggewonde om my geweer op fotos te sien as wat ek was toe ek hoor ek is aanvaar by die universiteit.
Ek dink baie mense praat altyd oor hoe hulle die beste pa het. Ek dink baie mense voel dis hulle plig om dit te se oor hulle ouers.
Ek dink egter ek kan met gemak se my pa is meer as goud werd en ek wens ek kan eendag net die helfde van n man wees vir my kinders as wat hy vir my is. Ek sal die gewere en alles op gee vir sy gesondheid en ek hoop daar is nog mense op die forum wat so voel oor hulle ouers.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/a7c51800f334a7c39e51960ef64cccf3.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/d14daae0e537cca4350e0f28a7043b63.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/a01af2fa7056bf536b0fcee0ec450dfb.jpg