Page 1 of 1

168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 10:59 am
by Philip_R
More,
Ek wil graag opinies hoor oor die beperkinge van die 168gr Nosler Ballistic tip Hunting (ek sien mens kry 'n varmint weergawe ook) uit 'n .308Win?

Wat sal die grootste bok wees wat ek met vertroue kan aanpak sou ek my deel doen met skootplasing op die blad, op afstande van 50m tot 350m?

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 11:09 am
by LUAN
Die 150gr het vir my mooi gewerk op blesbokke. Nie baie vleiskade en penetreer goed het een van voor geskiet en koel in boud gekry. Sal n koedoe ook skiet met hulle.

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 11:13 am
by matewis
Philip, ek het so paar weke terug baie goeie resultate gehad op 'n gemsbok op 200m. Het hier so bietjie gesels oor wat jy vra..

viewtopic.php?f=1&t=21858&start=25

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 11:26 am
by Philip_R
Dankie

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 1:34 pm
by Capt. Yoda
Skiet hulle dit is n goeie koel en met n 308 se spoed loop hulle baie mooi

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Tue May 21, 2019 9:19 pm
by Mellies
Philip_R wrote:More,
Ek wil graag opinies hoor oor die beperkinge van die 168gr Nosler Ballistic tip Hunting (ek sien mens kry 'n varmint weergawe ook) uit 'n .308Win?

Wat sal die grootste bok wees wat ek met vertroue kan aanpak sou ek my deel doen met skootplasing op die blad, op afstande van 50m tot 350m?
Jy kry nie die BT varmint in n .308 punt nie.

Vat daai 168gr en skiet hulle. Jy kan op genoemde afstande enige wild plat skiet met die regte skootplasing.

Met n vleisie...

Re: 168gr Nosler Ballistic Tip Hunting in 308 win

Posted: Wed May 22, 2019 8:18 am
by Philip_R
Dankie, Ek het hulle gisteraand begin laai en kan hulle hopelik Saterdag op papier gaan toets en nader aan die regte lading kom vir hulle.

My 308 is te lank en te swaar vir in die bos ronddra so my 375 met die 250gr Krieke sal op meeste korter afstande die een wees wat in my hande is.