Page 1 of 1

308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 10:21 am
by SeeZet
More manne,

Ek ry more Vrystaat toe vir 'n jag sessie, hier in die Kaap lyk dit my nie kry ek enige 168gr ammunisie nie - net 150 en ek kry nie lekker groeperings met die Federal nie. Die naaste wat ek kry is 165gr Hornady Custom teen R650 'n boksie :'(
Weet julle dalk van 'n plek waar ek kan stop oppad na Bloemfontein se kant toe?

Ek het al gehoor van 'n "Erenst" in Beaufort, maar ekt geen kontak details nie; ekt ook Colesberg se Polisie stasie probeer...kom ons sê maar net dit was interessant, want blykbaar is "Pharmacy" en "Ammunition" dieselfde ding.

Ek skiet gewoontlik PMP, maar met die hele somchem besigheid bevestig dit maar net weer die noodsaak om liewers self te laai.


Dankie by voorbaat!

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 11:11 am
by andre007
BKB op Beaufort 023 414 3211

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 11:55 am
by Chris Roux
As jy tot in Bloem gaan. Probeer "Die Skietwinkel"?
http://skietwinkel.co.za/

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 12:18 pm
by Plaashaas
SeeZet wrote:Colesberg se Polisie stasie probeer...kom ons sê maar net dit was interessant, want blykbaar is "Pharmacy" en "Ammunition" dieselfde ding.
"Flat tyre" en "veld fire" is ook dieselfde ding. ???

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 1:22 pm
by SeeZet
Dankie manne.

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 3:46 pm
by andre007
Ekt vergeet. Daars Gerrie Coetzee Vuurwapens ook in Beaufort 023 415 1234

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 3:47 pm
by Matewis28
Jy al Quenets op Worcester probeer? Skakel vir Ockert, oom Hannes of Willie 023 347 7188

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 4:00 pm
by Armand Steenkamp
andre007 wrote:Ekt vergeet. Daars Gerrie Coetzee Vuurwapens ook in Beaufort 023 415 1234
My magtag het Gerrie daar in Beaufort ook n tak oop gemaak? Was ook mos altyd in bloem

Re: 308 Ammunisie Kort

Posted: Tue May 21, 2019 4:04 pm
by andre007
Armand Steenkamp wrote:
andre007 wrote:Ekt vergeet. Daars Gerrie Coetzee Vuurwapens ook in Beaufort 023 415 1234
My magtag het Gerrie daar in Beaufort ook n tak oop gemaak? Was ook mos altyd in bloem
Yip