Page 1 of 1

Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Sun Nov 06, 2011 11:19 pm
by Kalahari
Naand almal

Ek oorweeg nou baie sterk om vir my nuwe glase op 22.250 te sit. Ek wil graag almal vra wat kennis en ondervinding het, om asseblief hulle opinie te gee sodat ek 'n beter en ingeligte besluit kan neem.
Nou, rede vir nuwe scope: Huidig is Swarovski 3-12 x 50 L KURZ met 4A kruishaar op geweer. Die kruishaar is te duk en wanneer die vergroting gestel word verander dikte van die kruis ook, is dit eerste vokaal plasing?
Vereistes vir nuwe scope:
1 Kruis moet nie saam met vergroting stel nie en moet redelik dun wees, 2 doelige aanwending, nagjag en springbok skiet dag, kruis moet nie bok se kop op 300m toemaak nie.
2 Vergroting tot en met 20 x 50 of 56 vir die nagskiet.
3 Varmint tipe kruishaar met afmik merke (br) ( BRH kruis van Swarovski).
4 Het nou gewoond geraak aan die kwaliteit van sig van swarovski, wil nie graag daarop inboet nie (maar dit hoef nie noodwendig swarovski te wees nie).
5 Prys is die groot vraag, maar kom ons stop by $ 20 000 ......... ( o ja, dit moet Nam $ wees asb ;)

Ek het reeds na Leopold gekyk, VX 3 Mrk 4 6.5 - 15 x 50 LRT / M1 (tactical kruis)
EN baie gehou van die VXL 6.5 - 20X 56 LR E/V (varmint kruis) , maar is bang ek maak fout met die kwaliteit nagsig.
So kan ek aangaan, maar die post raak nou te lank, ek het alreeds een van die kenners op die forum se raad gevra, maar ek gaan nie julle aanbevelings beinvloed deur te se wat ek van hom gehoor het nie.

Ek luister aandagtig wat se raad gaan kom.
Groete
Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:24 am
by Kalahari
Jammer
Nog iets vergeet, die buis moet 30mm wees, huidige swarovski het so 30mm buis.
Kan iemand dalk verduidelik ook asb, ek verstaan nie so lekker in watter vokaal moet die kruis wees om NIE groter te word saam met die vergroting soos jy stel nie.

Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 7:14 am
by Drenalinjunkie
Nightforce 5.5-22x56 en kies dan die kruishaar wat jy wil he...

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 7:53 am
by Koos Barnard
Kalahari
Gaan loer 'n bietjie na die Swarovski Z6 3-18x50 met die 4A-300 kruishaar. Ek glo julle sal dit in Suidwes ook kan kry met die BRH-kruishaar. Ek het onlangs vir my so een gekry en is baie tevrede.
Groetnis
Koos

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 8:05 am
by Geno
Koos Barnard wrote: Swarovski Z6 3-18x50 met die 4A-300 kruishaar.
Nes Baas Koos daar s

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 8:33 am
by Kalahari
More almal

Koos, is die 4a 300 kuishaar dieselfde as die BRH? Ek het nou al paar uur op net spandeer en al kruishaar wat ek kry wat kry naastenby soos die 4a300 lyk is die BRH. Indien die kruishaar dun is dan kan hy maar ook 'n IR kruis he, net vir ingeval ek later sal sukkel om die kruis te sien.

Ek luister verder wat julle nog te se het.
Kalahari

ns: Ek het ook na die volhende gekyk: Zeiss Diavari 6-24 x 56T* FL (VARMINT RETICLE)
S&B PMII 5-25 X 56 LPP4 Fine MRAD DT CW FFP.
Gaan ek te groot? Onthou die springbok jag le die volgende oggens voor na die aand se jag ;)

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 12:59 pm
by Raven
Kalahari,

Ek gebruik nog die ouer Swarov met plex kruishaar, kruis is dik wat baie lekker is vir nagskiet, maar stem saam dit is bietjie dik vir lang afstand in die dag op 'n springbok se kop - gemsbok is nog ok.

Die 4A 300 op swarov behoort goed te doen dink ek vir jou, beste is maar om self deur een te loer - dis die 4A reticle met 'n paar afmik strepies.

Lees hier : http://www.swarovskioptik.com/en/produc ... _3-18x50-p



Raves

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 2:54 pm
by Kalahari
Raven

Dankie vir die links, watter kruishaar het die leupold op en watter dikte buis? My bonzai het ss loop.
Ek het nou na z6 5 en 3 gekyk met die BRi en BRX kruis, afhangend van die prys sal ek dalk daarrond moet kyk, die S&B se kruise sit blykbaar almal in 1 focal, sal dan nie vir my werk nie. Wat oorbly is Zeiss en Swarovski.

Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 3:52 pm
by Raven
Kalahari,

Dis gewone duplex en 1 duim dik.

Raves

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 5:29 pm
by Kalahari
Raven

Dankie dat jy se van jou Leupold, maar ek sal maar eers nog verder probeer soek. Dalk gaan ek nog oorweeg oor die 25mm buis, maar ek sal def kyk na ander kruis as die gewone duplex. Nou maar vastrap en klaar koop, dit is net die ongeduld wat my pla, as die kop eers in 'n rigting gedraai is, dan neuk dit maar  ;).
Jy kan so bietjie uitkyk as jy dalk van 'n swartworsie hoor wat in my kraal sal pas, laat weet tog maar asseblief.

Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 6:22 pm
by Koos Barnard
Kalahari
Die BRH se afmikmerkies is gespasieer om 5cm op 100m te verteenwoordig (die spasie) met die teleskoop op maksimum vergroting. Dis dikker as die BRX waarvan die merkies soos 'n krismisboom lyk. Die 4A-300 met die betrokke 3-18x waarvan ek praat is dikker as die BRX maar dunner as die ou TDS en sal baie goed vir nagkiet werk. Taffie se 2-12x se kruishaar is so dik. Die 4A-300 se eerste spasie is 7.67cm op 100m en die volgende twee spasies 4cm en 5cm. Stel jy dus in op 100m met die normale kruis is jy op ongeveer 250m in die kol as jy met 'n 243 met 70gr teen 3250fps skiet (onthou dis noet so by benadering). Hoop dit help
Groetnis

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Nov 07, 2011 7:41 pm
by Kalahari
Koos

Baie dankie vir die info, ek skiet met 22.250 50gr nosler varmints @ 3700vts. Dit is moeilik om so op die net na die foto's te kyk en te besluit watter kruis is dikker of dunner as die ander een. Ek het gevoel die BRH maak minder toe as die BRX, maar nou blyk dit anders te wees en sal ek moet kyk vir die BRX kruis.
Waar kan man die ballistics program van Swarovski in die hande kry?, lyk na 'n handige ding om saam met scope te gebruik.
Op die link wat Raven gestuur het is daar z6i wat 'n BRi kruis (verlig) ook het wat ook na 'n kruis lyk wat kan werk. Maar om die scopes so spesifiek hier in Nam op die oomblik te kry lyk my gaan maar neuk as ek die plekke luister waar ke geskakel het.

Dankie
Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Tue Nov 08, 2011 8:08 am
by Raven
Kala,

Jy download dit van Swarovski se website, dit is bietjie te groot om te email. Die program is baie goed en presies - ek moes die meeste met 2 clciks opgaan op 300m om te senter.

Norton

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Tue Nov 08, 2011 8:13 am
by Raven
Hier is jou ballistiese program van Swarov.

http://www.swarovskioptik.com/en/produc ... c-programs

en hier is al jou reticles

http://www.swarovskioptik.com/en/produc ... e-overview

Vir nagskiet, hou maar by Swarov ou maat, niks beter as 'n Z6 nie.

Norton

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Tue Nov 08, 2011 9:07 am
by Kalahari
Raven

Dankie man vir al die links, ek het toe gisteraand op S&O se website die z6 4a 300 opgespoor, maar ek wil nog graag die ir kruis bygehad het op die spesifieke scope, maar die ir kruis is net op 'n z4 3-12 x 50. (die ir kruis is maar net vir as die ogies eendag dalk nie meer lekker kyk nie :'(

Dan: is daar nog die Zeisse,  weet die debat is al baie oor gepraat, maar die hart trek darem punt na die specs van Victory Diavari 6 - 24 x 56 Illum Rapid z kruis ;). Hy is nou nie veel duurder in Windhoek as die een Swarovski van s&o nie, as mens nou in daai prysklas begin praat. Ek praat dalk binnekort met jou.

Wat dink die manne? Ok HIER GAAN MY KEUSE:
Z6 3-18 X 50 KRUIS 4A 300 (Huidige prys by S&O volgens webblad: R 23 000.
ZEISS VICTORY DIAVARI 6 - 24 X 56T* FL ILLUMINATED RAPID Z RETICLE SHOOTING ASV TURRET (Huidige prys Rosenthal Whk N$ 29 500.)

Wil ek die Zeiss he, of die prysverskil te groot vir wat ek meer kry?
Laat waai almal asb, dit is 'n helse klomp geld.
Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Sat Dec 17, 2011 12:51 am
by Kalahari
Hallo almal

Net so bietjie terugvoering. Ek het toe met lang gespook en kwotasies die z6 3-18 x 50 ingevoer deur 'n kennis. Scope het die BR kruis met afmik sterpies en kolletjies. Scope gemonteer en die beeld is wragtig baie mooi, sal nog later as daar gejag word weer terugvoering gee oor die nagbeeld, maar sover baie goed.

Net iets vir die volk se rantsoen eergister geskiet, steenbok ram op 290 m gerange mooi op die oor met die afmik merkies, so die potensiaal lyk redelik goed. Kan nie wag vir die eertse nagskiet nie.

Dankie vir almal se insette en opinies, waardering.

Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Sat Dec 17, 2011 3:31 am
by Dawid
Baie geluk Kalahari, nou het jy n pragtige scope.Dit help nogals om die uitrusting van anderkant die water direk te kry, daars n drastiese prysverskil vroeer gewees maar nou het die Rand darem erg geduik.
Glo jy gaan baie geluk he met jou scope.

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Sat Dec 17, 2011 8:20 am
by Louis102
Kalahari

Uitstekende keuse!!  Wag tot die son onder is, dan gaan daai Z6 eers regtig tot sy reg kom. 

Louis

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Sat Dec 17, 2011 4:08 pm
by Kalahari
Dawid en Louis 102

Dankie kerels, ek geniet hom baie. Nou net besig om laaste reelings vir die plaas se oppas vir paar dae reg te kry, dan Dinsdag so bietjie opry see toe met ma en die 2 seuns. Sal seker eers in die nuwe jaar weer donker in die veld kom, maar sien uit daarna.

Kalahari

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Jan 16, 2012 10:23 pm
by saimportsuplies
hello man ek is francois..selfs taffie het nou die dag op die baan gese dat my kruis dukte net reg is... ek ding jy gaan ver soek om vx3 8-24x56 extreme long range varmint rectical te beat
net my 2c
cheers
laaste prys R10760.00

Re: Nuwe teleskoop = moeilike keuse

Posted: Mon Jan 16, 2012 11:56 pm
by Kalahari
Francois

Ek het ongelukkig nie die geleentheid gehad om die leupold in die veld of donker te toets en deur te kyk nie. Ek het egter Saterdag wat verby is die aand gou draai gaan ry. Die z6 is regtig iets besonders vir my, ek kon duidelik selfs die verskil tussen my "ouer" model swarovski 3- 12 x 50 en die z6 gesien het(3 - 18 x 50). Dit was net so voor die maan uitgekom het met redelike duidelike wolke.

MAAR, ek glo die leupold is ook 'n uitstekende teleskoop en sal ook tot sy volle reg kom. Dit was 'n moeilike besluit gewees, maar nou ja, was alreeds bederf met 1 swarovski, en dan weet jy wat jy het.
(die smiles wat huidiglik op my gesig is, is nie net als van plesier en geluk nie, daar is ook nog paar hongerpyne by, (smile)), maar die sal later ook verdwyn en dan gaan die swarovski nou eers lekker kyk.

groete
Kalahari