Page 1 of 2
Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri Nov 04, 2011 1:34 pm
by Philip
My broer wil of n 22-250 of 243 koop vir jakkalse/rooibokke/blesbokke ens.Wat stel julle ouens voor en watter een gaan die beste akkuraatheid gee.Die Winchester Coyote lyk na n goeie koop.Gee raad asb
Philip
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri Nov 04, 2011 1:56 pm
by Gerhard
Philip wrote:
My broer wil of n 22-250 of 243 koop vir jakkalse/rooibokke/blesbokke ens.Wat stel julle ouens voor en watter een gaan die beste akkuraatheid gee.Die Winchester Coyote lyk na n goeie koop.Gee raad asb
Philip
Waar in die land is jou broer Philip?
My keuse sou die 243 Win wees.
Jy kan net soveel meer doen met die 6mm kaliber as met die 224...
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri Nov 04, 2011 2:01 pm
by Philip
Gerhard,
Hy is woonagtig in die Ooste van Pretoria.Hulle gaan skiet omtrent elke naweek vlakvarke,jakkalse en bosvarke op n vriend van ons se plaas naby Bronkies.
My 243 is baie baie akkuraat en ek sukkel nie om 12mm groepe op 100m te skiet nie,maar sy hart trek 22-250 se kant toe.
Groetnis
Philip
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri Nov 04, 2011 4:32 pm
by tripodmvr
As hy herlaai dan kan 22-250 met premium koeels vir wildsbokke ook aangewend word.
As hy gereeld wil gaan jag is 243 die intreevlak en sal boere hom nie wegwys omdat kaliber te klein is nie.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri Nov 04, 2011 4:48 pm
by Biltong
Philip,
Ek sal ook eerder die .243 kies. Baie meer veelsydig. Kan 'n 55gr punt vinniger as 'n 22-250 skiet en kan tot 100gr punte skiet terwyl 22-250 beperk is.
Albei is baie akkuraat.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat Nov 05, 2011 6:54 am
by Izak H
243, dis al keuse volgens jou aanwendings, soos ander manne s? jou punte keuse is groter.
Groete izak h
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat Nov 05, 2011 7:03 am
by Danie01
Ek dink ook 243 omrede hy wildsoorte ook wil skiet. Ackley is dalk ook n opsie en dan kan tot 110gr punte lekker uit 243 geskiet word. 222-50 baie lekker kaliber, maar dink 243 sal beter roep wees in hierdie geval, as hy net jakkies wou skiet, sou ek dalk 222-50 oorweeg het.
Groete
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat Nov 05, 2011 6:47 pm
by Sam Kelbrick
Ek sal gaan vir die 22-250. Dit gaan mos maar eintlik oor skootplasing en met die amper geen skop van die 22-250 is die kanse om konstant perfekte skote te plaas net eenvoudig beter. Dit is dan ook baie belangrik om die regte teleskoop te kies!
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat Nov 05, 2011 9:02 pm
by Jaco Swart
Naand manne.
Ek het beide die kalibers en moet bieg dat hul beide lekker kalibers is. My opinie sou wees dat as jy een van die 2 moet kies sal ek die 243 kies. As jy net will jakalse skiet dan die 22-250 , maar vir algemeen jag van kleiner diere asook jakalse sal ek die 243 kies.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat Nov 05, 2011 11:25 pm
by tripodmvr
Sam22-250 wrote:
Ek sal gaan vir die 22-250. Dit gaan mos maar eintlik oor skootplasing en met die amper geen skop van die 22-250 is die kanse om konstant perfekte skote te plaas net eenvoudig beter. Dit is dan ook baie belangrik om die regte teleskoop te kies!
Skiet is 'n vaardigheid en selfs die beste olimpiese skuts skiet nie altyd voltalle nie. Hulle wapens is doelgemaak en van die beste. Jy kies dan vir 90% of beter en daarom is die groter kalibers die beter roep. Die 243 word as die minimum jagkaliber deur baie beskou synde 'n 90-100 gerein koeel meer doodmaakvermo? het as die van 50-55 van die 224 kalibers.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Wed Nov 09, 2011 12:24 pm
by Philip
Baie dankie vir al julle goeie raad.Is die een dalk inherent meer akkuraat as die ander(onder ideale omstandighede)?
Groete
Philip
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Wed Nov 16, 2011 4:12 pm
by fanie17
Wat se ander gewere het hy toegang tot.Ek dink nie dat een van die twee kalibers reg is vir n eerste en dan ook enigste geweer nie,veral as hy wil varke engoed wat nie maklik dood nie skiet.As ek reg verstaan het jy reeds n 243.Laat hy n Houwa 308 of so iets koop.Daar sal genoeg geld oor wees om dan nog n 223 of selfs22.250 te koop om mee te speel.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Mon Jan 09, 2012 10:36 am
by JACQUES BOTHA
Die regte antwoord is weereens die een wat jy kies...gaan reg wees vir jou...
Kalibers kan oor die algemeen beter perform as wat die skut agter die geweer kan in my geval beslis waar.
SO skiet die een wat jy wil he.. dt gaan vir jou die beter een wees..Maar die snaaks in die lewe is jy gaan die een koop en wonder of jy nie die ander moes vat nie.
En dan die ander dag gaan jy se man ek het die regte besluity geneem, En soos NAAS botha se Op die einde van die tyd gaan jy opeindig met beide....as jy nie op n turskvy gaan sit nie...
Groete
Jacques
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Thu Jan 26, 2012 10:10 am
by Arno Pienaar
Jacques stem een 100% saam met jou dit hy wat met die roer gaan skiet nie ons nie maar dit is ook goed om raad te vra ek het ook byde roer 22~250 Remintong model 700 Endero en 243 Win CZ 550 en vir daardie goed wat jy wil skiet sal ek die 22~250 voorstel dit is net my opinie. Groet Pienaar
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 9:01 pm
by Duppie 22-250
My opinie met die regte punte in my 22-250 kan ek alles van die bogenoemde doen. maar 243 is net so lekker roer sal self nie mind om 1 te he nie
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 9:34 pm
by Zack Benade
'n 22-250 met 'n 70 of 80 gr Berger VLD staan nie 'n mm terug vir 'n 243 nie.

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 9:43 pm
by Arnold
Zack Benade wrote:
'n 22-250 met 'n 70 of 80 gr Berger VLD staan nie 'n mm terug vir 'n 243 nie.
Zack, ek stry nie maar waar koop jy so iets by n winkel? Realisties en onder gewone omstandighede skop die 243 gat!
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 9:45 pm
by Duppie 22-250
ZACK BENADE is nou my HERO
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 9:50 pm
by Zack Benade
Savage 1-9 twist 22-250 is 'n std geweer van die rak af. Ek glo ander make sal volg want dis 'n wen resep.
Gelukkig het ek een en glo my hy skop gat

Duppie, ek en jy moet 'n bier gaan drink. 22-250' maak vriende.
Ek is besig met 'n 6BR projek wat ook 70 gr punte skiet teen amper dieselfde spoed as die 22-250 met baie minder kruit. Ek sal julle op hoogte hou.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Fri May 18, 2012 11:25 pm
by erx
Hi manne
Onthou net dat jou standaard 22-250 'n 1 in 12 twist het, jy gaan sukkel met enige iets bo 55grein.
Ek het een, in Ruger no1, en sal weer dieselfde vat as ek moet oor kies.
Groete
erx
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat May 19, 2012 6:20 am
by Arnold
Zack, ek het nie geweet van die savage nie. Meeste gewere is standaard 1:14" twist
Soos dinge aangaan sal dit goed wees om die .224 kalibers met vinniger twist lope op die rakke te sien.
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Sat May 19, 2012 8:35 am
by erx
Arnold
Skuus manne, Arnold is reg, korreksie op my post, standaard 22-250 is 1 in 14 twist.
Groete
erx
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Mon May 21, 2012 8:33 pm
by Duppie 22-250
Zack ek het n Ruger m77 mkii target 22-250 wat die jakkies laat bakkie ry! maar ek sal graag swaarder as 55gr wil gaan kry mens al so iets o ja en hy is ook std 1:14" twist met n 26" loop. En dit is so waar 22-250gies maak groot vriende

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Mon May 21, 2012 8:41 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Het die vraag al elders gevra en het spesifiek betrekking op die 1:8/1:9 lope. Wat se jagkoeel sal julle gebruik en tot waar sal julle in die diereryk(spesie) skiet met die kaliber?
Groetnis
Wouter
Re: Watter een van die twee 22-250 of 243
Posted: Mon May 21, 2012 8:47 pm
by Duppie 22-250
Wouter ek sien jy het n 22-250 ackley imp hoe groot verbetering het dit gebring en wat is die specs nou