Page 1 of 1
Gloei 'n dop laf
Posted: Wed May 01, 2019 10:04 pm
by LoopSoosStroop
Wou al lank so enetjie bou, en toe werk hy nog beter as verwag:
https://www.youtube.com/watch?v=Ykjzo5JBlKE
Nou wens ek ek het meer doppe gehad!
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu May 02, 2019 5:28 am
by ruaanb
waar bestel ons?
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu May 02, 2019 6:19 am
by LoopSoosStroop
ruaanb wrote:waar bestel ons?
Op oomblik nog te arbeids intensief om te maak. Sal kyk of ek hom bietjie eenvoudiger kan maak en beter verpak.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu May 02, 2019 6:51 am
by Joe13
Dit lyk oulik, word daai doppe nie te warm nie?
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu May 02, 2019 8:18 am
by LoopSoosStroop
Joe13 wrote:Dit lyk oulik, word daai doppe nie te warm nie?
Joe, elke man gloei maar 'n dop uit soos hy goed dink. My opinie is dat baie ouens hom nie warm genoeg maak nie. My doppe lyk soos 'n nuwe PMP of Lapua dop as hulle klaar gegloei is.
Either way, mens kan die spoed van die wieletjies baie fyn stel met 'n draai knop, en mens kan 'n ander gas brander of kleiner vlam gebruik.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu May 02, 2019 8:50 am
by Joe13
Als goed ek vra maar net want leer ook nog die proses.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Fri May 03, 2019 10:17 am
by Klopper
Hi, Is dit iets wat jy sal deel vir ander om te maak? Is dit doenbaar met basiese tools by huis om te DIY?
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Fri May 03, 2019 10:32 am
by LoopSoosStroop
Klopper wrote:Hi, Is dit iets wat jy sal deel vir ander om te maak? Is dit doenbaar met basiese tools by huis om te DIY?
As jy 'n lasercutter en draaibank het kan jy verseker een soos myne self by die huis maak...
Alle grappies op 'n stokkie, dis regtig nie so moeilik nie, daar is baie voorbeelde op die internet en Youtube. Jy kan selfs groot dele daarvan met hout en threaded rods maak, no problem. Die probleem is om effektiewe spoed beheer toe te pas, maar daarvoor kan jy ook die vlam verder of nader of kleiner of groter maak.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Fri May 03, 2019 10:36 am
by Klopper
Thanks man, ja daai draaibank en laser cutter is n' probleem. Dankie weer eens

Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Fri May 03, 2019 11:50 am
by JuanVE
Wanneer gaan ons kan bestel??
Gloei 'n dop laf
Posted: Fri May 03, 2019 6:19 pm
by LDV
Ek wil ook 1 bestel.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu Jun 13, 2019 8:07 am
by Toxxyc
Tot op watter temperatuur maak jy hulle warm? Dis uiters belangrik, want te koud en jy het geen uitwerking nie. Te warm en die dop wat in die water val word te sag en gaan nie te lank hou nie - hy gaan kraak. Ek stel voor kry vir jou TempiLaq of 'n TempiStick in die temperatuur waarvoor jy mik, merk 'n paar doppe en pas die afstand van die brander aan om 'n akkurate, herhaalbare temperatuur te bereik, anders gaan jy jou doppe nie naastenby so lank gebruik soos hulle kan word nie.
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu Jun 13, 2019 9:22 am
by Capt. Yoda
Toxxyc wrote:Tot op watter temperatuur maak jy hulle warm? Dis uiters belangrik, want te koud en jy het geen uitwerking nie. Te warm en die dop wat in die water val word te sag en gaan nie te lank hou nie - hy gaan kraak. Ek stel voor kry vir jou TempiLaq of 'n TempiStick in die temperatuur waarvoor jy mik, merk 'n paar doppe en pas die afstand van die brander aan om 'n akkurate, herhaalbare temperatuur te bereik, anders gaan jy jou doppe nie naastenby so lank gebruik soos hulle kan word nie.
Dit is al 100000de kere hier bespreek, ek dink net QL ladings vir 6.5 Queenmoors is al meer bespreek
Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu Jun 13, 2019 10:17 am
by Toxxyc
Capt. Oblivious wrote:Toxxyc wrote:Tot op watter temperatuur maak jy hulle warm? Dis uiters belangrik, want te koud en jy het geen uitwerking nie. Te warm en die dop wat in die water val word te sag en gaan nie te lank hou nie - hy gaan kraak. Ek stel voor kry vir jou TempiLaq of 'n TempiStick in die temperatuur waarvoor jy mik, merk 'n paar doppe en pas die afstand van die brander aan om 'n akkurate, herhaalbare temperatuur te bereik, anders gaan jy jou doppe nie naastenby so lank gebruik soos hulle kan word nie.
Dit is al 100000de kere hier bespreek, ek dink net QL ladings vir 6.5 Queenmoors is al meer bespreek
Ek is nuut. Ek weet nog nie wie hier is reg en wie is verkeerd nie.

Re: Gloei 'n dop laf
Posted: Thu Jun 13, 2019 11:03 am
by andre007
Nice produk, ek kyk nou na die video. Sien n verskynsel wat Gawie van op 1 van sy vorige plasings gesit thet, kyk na hoe die vlam se kleur op die einde van die uitgloeisiklus van blou na oranje verander dws die 'regte' temperatuur bereik het.