Page 1 of 1
Lucky 13 Magesyne
Posted: Wed May 01, 2019 4:46 pm
by PierrieT
Naand manne,
Gedink ek ek hoor of enige iemand al van die Lucky 13 Magesyne in SA tee gekom het?
https://www.luckythirteen.com.au/product/unimag/
Lyk na ‘n stewige 10 skoot magesyn.
Ek is opsoek na die vir Tikka T3 in 223 en 243. Ek sien daar is soortgelyke 10 skoot magesyne beskikbaar in SA maar ek kry niks vir ‘n Tikka T3 in 243 nie.
Groete
Pierrie
Re: Lucky 13 Magesyne
Posted: Thu May 30, 2019 4:00 pm
by PierrieT
Stampie....
Re: Lucky 13 Magesyne
Posted: Thu May 30, 2019 9:21 pm
by Alwin
Nog nie die gesien nie, maar:
Ek het 'n Waters magasyn by Geno gekry vir 'n T3 in 223. Dis van gemasjineerde Aluminium gemaak en baie netjies. Vat 10 patrone en kan 65mm TPL akkomodeer. Hy het hulle ingevoer van Australië af. Miskien kan hy nog in bring as jy hom vra. Hy is juis nou daar.
Re: Lucky 13 Magesyne
Posted: Mon Jun 03, 2019 9:47 am
by PierrieT
Hi Alwin,
Baie dankie vir die terugvoering op die nagesyn wat Geno aan jou verakaf het. Ek is tans in gesprek met Geno oor die magesyne.
ek is huidiglik in Aus maar die geweer winkel wil niks aan mens verkoop sonder ‘n lisensie nie. Hulle omis nogals sticky oor die goed.
Ek soek eintlik die magesyne vir ‘n oom wat ek ken. En hy is dead-set op hierdie lucky 13 magesyne so ek kyk maar wat ek vir hom kan kry.
Groete
Re: Lucky 13 Magesyne
Posted: Mon Aug 19, 2019 2:07 pm
by PierrieT
Naand manne,
Ek het toe van die Lucky 13 magesyne ingebring SA toe.
Ek moet se, dit is van die beste kwaliteit extended mags wat ek al gesien het.
Die receiver gedeelte is uit ‘n soliede billet gemaak en die fakmanskap is uit die boonste rakke.
Ek kan dit met sekerheid aanbeveel.
Groete