Jag 25 - 27 April 2019: Derdepoort Limpopo
Posted: Mon Apr 29, 2019 9:57 am
Ek beplan al jare 'n jag saam met my 'n ou vriend. As gevolg van omstandighede het dit nooit 'n realiteit geword nie. Sy beroep as PH het hom vir lang tydperke buite die land in Zimbabwe besig gehou. Ons het toe besluit om in die area naby Derdepoort Limpopo tyd saam te spandeer. Kudu was hoofsaaklik op die lys, maar omrede dat hy twee weke terug 'n rondloper leeu se spore op die plaas gekry het, was die wild maar baie skeeu, en het hulle die digte bos verkies as die oop areas.
Ek het vir die jag my 30-06 saam gevat en het ek 168gr Barnes TSX teen 2745 vps gelaai. Hierdie lading gee my minder as 0.5 MOA.
Ek en 'n ander vriend het Phalaborwa 13h00 verlaat om hom op die plaas te ontmoet. Ons het eers 22h30 daar aangekom na ons heeltemaal verlore geraak op die pad van Thabazimbi. Daar waar geen sein op die plaas nie so dit was maar 'n gesukkel gewees. Ons het daar aangekom en kamp opgeslaan, 'n vleisie vinnig gebraai en 'n paar koue Tafel Lager geniet.
Vrydag is ons na 'n ander plaas toe waar ek 'n 27 5/8 duim Blou Wildebees geskiet het. Die TSX wat ek herwin het, het 166.3gr geweeg.