Page 1 of 2
Triggercam
Posted: Thu Apr 18, 2019 10:41 am
by Smitstertjies
Sien hy word by Huntex gelaunch.
Lyk nogals nice!
https://www.youtube.com/watch?v=SubCawHcRsI
Re: Triggercam
Posted: Thu Apr 18, 2019 10:51 am
by jankraay
Wonder wat hy gaan kos. Handig om so iets te he...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Triggercam
Posted: Thu Apr 18, 2019 11:47 am
by Stephan86
Dit kan regtig 'n baie lekker stukkie toerusting wees daai. Mooi gaan kyk hoe jy droogmaak as jy n skoot vat of dan ook nie.
Re: Triggercam
Posted: Thu Apr 18, 2019 12:20 pm
by airhunter
Wat ek nou dink is dat as die besigheid live stream kan die PH op jou device kyk en dan is daar geen onsekerheid dat my bok wat heel links staan ook sy bok is wat heel links staan.
Hy sien dus dat ek op die bok aanlê wat hy ge nominate het. G'n gestry agterna.
Re: Triggercam
Posted: Thu Apr 18, 2019 5:08 pm
by Gawie(13mm)
Ek het bietjie rondgesoek.
Ek sien nerens 'n prys nie of is ek nou weer met blindheid geslaan.

'n Vriend van my gaan Huntex toe en die katoeter lyk soos iets waarop ek 'n paar sent sal spandeer.
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 11:52 am
by Gawie(13mm)
Enige van julle manne wat Huntex bygewoon het, die katoeter gewaar?
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 12:14 pm
by Smitstertjies
Ek het enetjie gekoop. Prys was R6500. Hy is plaaslik ontwerp en vervaardig. Lyk nogals robust en goed aanmekaar gesit. Hy kom met n hele klompie verskillende grotes oogstukke in die pakkie, so hy behoort op enige scope te pas.
Die IOS app is in die finale toetsfase. Hulle reken hy sal oor 2 weke werk en op die app store wees. Die android weergawe is klaar in plek.
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 12:21 pm
by Plaashaas
Dit is nou n lekker ding. Jammer hy skiet die rooibok in die neus op die promo video.
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 12:23 pm
by Thunderhead
Verkort hy nie jou eye relief nie,?
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 1:16 pm
by Nico Harris
Ja hy doen. Het een wat ek toets vir hulle. Sal op hoogte hou.
Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 3:49 pm
by Smitstertjies
Gou vinnig die triggercam op n scope gemount. Dit lyk of mens so 1 en half duim eye relief sal moet opgee. Gaan defenitief nie op my 416 Rigby werk nie. Op die Dasher sal hy egter soos stroop loop.
Re: Triggercam
Posted: Mon Apr 29, 2019 5:05 pm
by Thunderhead
My 458 het my baie liggies die naweek gesoen dis hoekom dit die eerste ding is wat ek gesien het.
Re: Triggercam
Posted: Wed Aug 21, 2019 7:50 am
by Geno
Ek het verledeweek 'n Triggercam gekry, en gister gou gaan toets.
Hy is op my 6.5Grendel gemonteer en is ek gou baan toe om paar roere te skiet.
Toe ek daar aankom het ek 'n span waaiersterte gesien. My geweer was met 100gr Ballistic Tips gezero en ek het net 107gr TMK's gehad.
Die roer het omtrent 3"hoog geskiet, toe mis ek die eerste skoot.
Daarna was dinge egter nogal maklik. 120m was die afstand.
https://youtu.be/w1dmySvxzzw
Ek het die geweer gou gezero en die 300m gong geskiet.
https://youtu.be/8Dw2Yds-icU
Sover is ek baie beindruk met hoe maklik die Triggercam monteer en hy is werklik maklik om te gebruik.
O ja. Die scope wat ek op die geweer het is 'n Nikon M223 2.5-10x40 Laser IRT met ingeboude rangefinder.
https://www.nikonsportoptics.com/en/nik ... c-600.html
Re: Triggercam
Posted: Wed Aug 21, 2019 9:12 am
by Malan123
As ek so na julle manne se videos kyk besef ek al hoe meer hoe kwaai ek bewe

Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 12:00 pm
by Geno
My vrou se een video waar sy 2 vlakvarke skiet.
Die youngster het ons eers gesien na die sog geskiet is, en het ons besluit om hom ook maar te skiet.
Die kamera is op my .260Ackley gebruik met March 3-24x52 FFP FML-T1 reticle.
https://youtu.be/WsCl2K6ElCk
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 12:28 pm
by ruaanb
Het ek hom...haha netjies man.
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 2:31 pm
by Geno
https://youtu.be/B6HTdimxv6A
My njala se video.
200m met my .260Ackley. 143gr ELD-X
Hy het naby n krans gestaan toe wou ek nie he hy moet af rol nie. Dit sou ten minste n uur of 2 ekstra vat om hom daar uit te kry. 3 skote gevat om plat te skiet alhoewel die 1ste skoot perfek gesit het.
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 7:32 pm
by johans
sy beeld is regtig nie goed nie
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 7:33 pm
by Nico Harris
Sy beeld is so goed soos jy hom opstel.
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 7:37 pm
by johans
Nico Harris wrote:Sy beeld is so goed soos jy hom opstel.
het jy nog vids nico?
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 7:42 pm
by Nico Harris
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 7:50 pm
by Nico Harris
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 8:35 pm
by musgrave270
Nico
Hoe affekteer die Triggercam jou “eye relief”? Is dit n probleem of raak mens vinnig gewoont daaraan?
Ruan
Re: Triggercam
Posted: Mon Sep 02, 2019 10:49 pm
by Capt. Yoda
Al die videos wat ek nog van Nico gesien het was baie netjies, beter as enige kamera attachment video
Re: Triggercam
Posted: Tue Sep 03, 2019 5:28 am
by Nico Harris
Musgrave 270 hy maak hom bietjie korter- maar ek skiet hom tot op my 300wsm sonder probleme.