Page 1 of 1

Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 16, 2019 3:50 pm
by jaracal
Ek het lankal die gedagte gehad om 'n blog te begin. Hier is my eerste "blog post"
http://www.jaracal.co.za/blog/2019/04/1 ... lly-saved/
Groete

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 16, 2019 4:19 pm
by Eduard Venter
Baie dankie oom. Dit vat 'n man om so reguit te praat. Hierdie stukkie gee mens baie om oor na te dink.

Groete

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 8:33 am
by airhunter
Dankie Hein

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 9:05 am
by FrancoisW
Dankie.

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 10:00 am
by Frederik
Netjies die Blog lees mooi en waar.

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 11:03 am
by JuanVE
Baie dankie, dis so waar!!!

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 4:30 pm
by win270
Dankie, Hein. Stof tot nadenke.

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 4:40 pm
by Chevvy SS
Baie dankie Hein. Dit het my diep getref.

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Wed Apr 17, 2019 6:41 pm
by DWB
Baie mooi en baie waar. Dankie hiervoor

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Fri Apr 19, 2019 3:24 pm
by Danie01
Ek is nou nie iemand wat die Bybel kan aanhaal en verse uit my kop uit ken nie, maar ek weet verseker jy is gered as jy Jesus as jou verlosser aanvaar.

Jy kan niks self doen om gered te word nie, jy moet Jesus as jou verlosser aanvaar.

Ons almal het sonde, of dit nou vloek of drank is, daar is baie sonde, laat die een wat niks sonde doen nie, eerste n klip gooi, o s oordeel tog te maklik, ek self doen dit en probeer om dit nie te doen.

Die Gees in my is nog altyd daar, dalk omdat ek gedoop was of omdat ek in die regte huis grootgeword het. Die Gees wys jou die weg dis net ons wat nie altyd ons self kan beheer nie, maar God dink nie meer aan ons sonde as ons Hom as verlosser aanvaar nie. Dink aan die tollenaar, die prostituut en nog meer, Jesus het hulle aanvaar soos hulle was en hulle is gered, hulle geloof het hulle gered, nie dit wat hulle gedoen het nie, juis wat hulle glo.

Deur Jesus as jou verlosser te aanvaar streef jy daarna om nie sonde te doen nie en die regte ding te doen, jou naaste lief te hê. As jy Jesus as jou verlosser aanvaar sal jy die regte ding wil doen en reg wil lewe al kry jy dit nie altyd reg nie.

Groete
Danie

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 23, 2019 1:18 pm
by jaracal
Hallo Danie
Ek het jou op die blog geantwoord.
http://www.jaracal.co.za/blog/2019/04/1 ... #comment-5
Groete
Heinrich

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:04 pm
by Danie01
jaracal wrote:Hallo Danie
Ek het jou op die blog geantwoord.
http://www.jaracal.co.za/blog/2019/04/1 ... #comment-5
Groete
Heinrich

Oom Heinrich, meskien verstaan ek oom verkeerd?

1. Oom noem dat ons verkeerd glo dat om in Jesus as ons verslosser te glo ons gered word. Oom sê dis die grootste leuen van die Christendom?

Verder verstaan en ervaar ek die Gees in my soos oom dit verduidelik, naamlik om te weet wanneer jy sondig, te onderskei tussen reg en verkeerd.

Verduidelik dan waarom het Jesus vir ons sonde gesterwe? Romeine 3:21 - 31 staan soos ek verstaan ons gered word deur genade; "almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus" "Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir die wat glo." "Ons betoog is tog dat 'n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie" Ek haal hierdie spesifieke verse aan, want dit is wat ek so ruk terug gelees het voor oom se plasing.

God het ons eerste lief gehad, deur sy Seun vir ons te gee, ons aanvaar Jesus Christus as ons verslosser en word dan deur Sy genade vrygespreek van ons sonde. Deur die Gees in ons, weet ons wat sonde is en probeer ons nie in die "klei" trap nie, omdat ons God lief het en verheug ons in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.

AS jy die nuwe testament lees is die baie duidelik dat jy nie deur jou dade gered word nie, maar deur to glo dat Jesus Christus vir ons sonde gesterf het en uit God se genade.

As jy in die wet glo, moet jy deur die wet gered word. Ek aanvaar eerder die genade van God as om myself te probeer red deur die wet te onderhou. Hiermee bedoel ek nie ek kan doen wat ek wil nie.

Uit liefde vir God en dankbaarheid vir sy genade, onderhou ek steeds die wet, die wet is ook in ons harte deur die Heilge Gees.

Ek stem saam as oom sê dat jy nie gered is as jy in dronkenskap, ens lewe nie, want as jy jou hart vir die Here gegee het sal jy met als in jou probeer om nie so te lewe nie, al trap jy soms in die "klei" streef jy na wat reg en goed is.

Ek sou eerder wil hê oom moet sê dat ons, ons moet bekeer, ons hart vir die Here gee en Hom ons deur Sy Gees laat lei en dat ons glo ons is gered uit God se genade, deur in Jesus Christus te glo as ons verlosser en dat ons is nie gered word deur ons dade nie, maar slegs God se genade.

Christenskap is juis om te glo dat jy gered word uit God se genade, deur Jesus wat vir ons sonde gekruisig is en opgestaan het.

Ons moet onsself net die vraag vra, is jy gered, aanvaar jy waarlik Jesus as jou verlosser, het jy God regtig lief deur jou optrede en jou keuses? Soos oom self sê, net jyself kan daardie vraag beantwoord. Doen jy soos jy wil of soos God wil?

Ek het dalk nou baie deurmekaar geskryf, maar probeer net beklemtoon dat jy gered word uit God se genade en nie deur jou dade nie. As jy slegte dade het moet jy jouself die vraag vra of jy waarlik God lief het en waarlik Jesus as jou verlosser aanvaar.

Groete

Groete

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 23, 2019 4:57 pm
by jaracal
Baie dankie Danie, ek het die post op die blog gekry en daar geantwoord.

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Apr 23, 2019 5:26 pm
by Danie01
jaracal wrote:Baie dankie Danie, ek het die post op die blog gekry en daar geantwoord.
Dankie oom Heinrich, het daar terug geantwoord.

Groete

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Nuwe jaracal "Blog"

Posted: Tue Nov 26, 2019 1:10 pm
by jaracal