Page 1 of 1

braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 11:42 am
by Steyr270
More manne,

Waar kan ek bg. teen n bekostigbare prys in die kaap koop?

Ek het destyds sekelbos by n man gekoop wat van Kuilsrivier afkom wat by n Shell garage was, ek het ongelukkig die kontakbesonderhede verloor...

Help asb..

Re: braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 12:14 pm
by DriesdlR
Ek het al gepost Steyer

Sou jy naby Durbanville wees kontak Bertie

KAMEELDORING BRAATHOUT

0 AGT 2 443 NEGE 1 SES 9

DIT IS DIE MOEITE WERD!@!@!!!

Re: braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 12:22 pm
by Steyr270
Dankie Dries.

Re: braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 12:25 pm
by Springkudu
Steyr, na watter tipe hout is jy opsoek? Ek braai te veel om met Kameeldoring te braai, maar natuurlik is dit die beste. Vir my werk dit maar om op die Bottelary pad te gaan koop op die hoek (Rooikrans King, 1-2km van jou af) en daar vir my hout te gaan koop per 1000 stukke, hulle kan aflaai ook teen 'n fooi maar pak nie weg nie. Hier is manne wat met hout op die bakkie rondry en vir jou sal pak maar hulle is gewoonlik duurder. EK verkies om my hout self te pak, die manne weet nie lekker hoe en daai slag 1 uur die oggend as 1000 stukke hout omval is nie altyd lekker nie.

Vir die winter kry ek ook gewoonlik 1000 stukke Blackwattle hout, dit is om net lekker kaggel te maak, hy is ook 100% vir braai (Binne) maar jy moet nie rondspeel nie, maar ek maak altyd 'n vuurtjie langs die kant ook so het nog nooit probleem gehad.


Sterkte

Re: braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 3:09 pm
by Steyr270
Springkudu wrote:Steyr, na watter tipe hout is jy opsoek? Ek braai te veel om met Kameeldoring te braai, maar natuurlik is dit die beste. Vir my werk dit maar om op die Bottelary pad te gaan koop op die hoek (Rooikrans King, 1-2km van jou af) en daar vir my hout te gaan koop per 1000 stukke, hulle kan aflaai ook teen 'n fooi maar pak nie weg nie. Hier is manne wat met hout op die bakkie rondry en vir jou sal pak maar hulle is gewoonlik duurder. EK verkies om my hout self te pak, die manne weet nie lekker hoe en daai slag 1 uur die oggend as 1000 stukke hout omval is nie altyd lekker nie.

Vir die winter kry ek ook gewoonlik 1000 stukke Blackwattle hout, dit is om net lekker kaggel te maak, hy is ook 100% vir braai (Binne) maar jy moet nie rondspeel nie, maar ek maak altyd 'n vuurtjie langs die kant ook so het nog nooit probleem gehad.


Sterkte
Wat is die pryse wat jy tans vir black wattle en rooikrans betaal as ek mag vra?

Re: braaihout

Posted: Tue Apr 16, 2019 4:45 pm
by Springkudu
Rooikrans - R 130 / 100

Blackwattle koop ek by iemand aan in Wellington en ry dit self aan met werksbakkie. By Rooikrans King gaan jy om en by R75 - R80 / 100 betaal