Page 1 of 1

6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Mon Apr 15, 2019 11:24 am
by Springkudu
Hierdie is spesifiek gemik op die 6.5 CM manne wat die wapen al gebruik het vir jag. Gedink dit sal goed wees om ‘n blad te hê wat spesifiek gemik is op suksesvolle asook onsuksesvolle jagte met die 6.5 CM:

Wild Soort
Afstand Geskiet
Punt Gebruik
Punt Herwin

Enige ander informasie kan ook bygesit word om soveel moontlik info oor te dra op die blad


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Mon Apr 15, 2019 12:04 pm
by jankraay
Blesbok(Savage 6.5 CM)
600m
140 RDF
Nee

Moet asb nie die punt vir jag gebruik as jy nie kop skiet nie. Pencil soos n masjien en los n klein R2 size gat agter.

Swartwildebees (RPR 6.5 CM)
420m
140 RDF
Nee daar was net stukke

Die een het weet opgebreek dat daar niks oor is nie maar die bok het net daar geval.

Vlakvarke
120-200m
139 Scenars
Nee

Lekker gewerk maar bietjie vleis gemors.





Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Mon Apr 15, 2019 12:20 pm
by ThinusS
Hier is 'n dropbox skakel na 'n excel sigblad met die wild wat met my 6.5 Creedmoor (Howa) gejag is. Waar daar nie 'n afstand ingetik is nie was die afstand geskat op <200m maar nie gemeet nie. Ek sal later fotos plaas van herwonne koeëls.

https://www.dropbox.com/s/hkt0vnkswwon6 ... l.xls?dl=0

Groete
Thinus

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Mon Apr 15, 2019 2:12 pm
by ThinusS
Onder is 'n skakel na 'n kort artikel oor die 120gr Hornady GMX in die 6.5 Creedmoor op Big Water Safaris se blog.

https://bigwatersafaris.com/blog/2019/0 ... gmx-6-5mm/

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 5:57 am
by ThinusS
Twee 140 gr Amax koeëls, herwin uit blesbokke. Beide bokke is op ±350m geskiet. Gewig behou is 62.1% (links en 85.2% regs. Trompsnelhei ±2600fps.

https://i.imgur.com/sAgytPM.jpg

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 6:17 am
by ThinusS
'n 120 gr Hornady GMX, trompsnelheid ±2800 fps, herwin uit 'n jong eland bul (243kg uitslag gewig). Afstand ±250m. Koeël het op linker skouer getref (geen groot been) en is onder vel op regter skouer gevind. Herwinde gewig 111.8 gr (93.2%)

https://i.imgur.com/RJIZ5vq.jpg

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 6:24 am
by ThinusS
Peregrine VLR-4 118 gr, herwin uit jong eland bul (uitslag gewig 252kg). Afstand ±200m. Skootplasing net agter blad, koeeël herwin onder vel op oorkantste blad. 109.1 gr (92.5%) Trompsnelheid ±2820fps.

https://i.imgur.com/YFQf5qo.jpg

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 7:35 am
by Springkudu
Thinus, smaak my jy het al jou loop uitgejag. Impressive!!

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 8:29 am
by Dolf014
Waardevolle inligting, dankie Thinus.
Dis nogal impressive dat jy jong eland bulle met relatiewe ligte punte platskiet met groot sukses.

As ek na jou inligting en Hein se verslae kyk, maak ek die gevolg trekking dat die 120GMX n goeie keuse jagpunt is.
Hoewel; ek hou meer van die Peregrine se mushroom as die GMX se "skrapnel"

Groete.

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 8:41 am
by andre007
Dolf014 wrote:Waardevolle inligting, dankie Thinus.
Dis nogal impressive dat jy jong eland bulle met relatiewe ligte punte platskiet met groot sukses.

As ek na jou inligting en Hein se verslae kyk, maak ek die gevolg trekking dat die 120GMX n goeie keuse jagpunt is.
Hoewel; ek hou meer van die Peregrine se mushroom as die GMX se "skrapnel"

Groete.


Jy moet netnie daai Peregrine se los plunger raakbyt wat deur die mincer is en perongeluk in jou droëwors beland het nie :o

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 11:04 am
by ThinusS
'n 143 gr Hornady ELD-x. Hornady winkel ammunisie. Die koeël het 'n rooibok ram op 250m op die blad getref en is, aan die ander kant, onder die vel tussen die blad en nek herwin. 93.4 gr (65.3%). In die Creedmoor presteer die koeëls soortgelyk aan die 140 Amax.

https://i.imgur.com/IkjespM.jpg

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Thu Apr 18, 2019 11:09 am
by ThinusS
Dolf014 wrote: Dis nogal impressive dat jy jong eland bulle met relatiewe ligte punte platskiet met groot sukses.
Dolf, die 6.5mm's is marginaal vir eland jag, hulle werk (met goeie koeëls) in oop veld waar jy 'n bok kan dophou nadat hy geskiet is. Ek sal baie huiwerig wees om 'n eland in die bos met 'n 6.5 aan te vat.

Groete

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Fri Apr 19, 2019 12:34 pm
by JDEls
andre007 wrote:
Dolf014 wrote:Waardevolle inligting, dankie Thinus.
Dis nogal impressive dat jy jong eland bulle met relatiewe ligte punte platskiet met groot sukses.

As ek na jou inligting en Hein se verslae kyk, maak ek die gevolg trekking dat die 120GMX n goeie keuse jagpunt is.
Hoewel; ek hou meer van die Peregrine se mushroom as die GMX se "skrapnel"

Groete.


Jy moet netnie daai Peregrine se los plunger raakbyt wat deur die mincer is en perongeluk in jou droëwors beland het nie :o
Hahaha, het dit presies al 5x oorgekom. Dis 'n nare verrassing!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Wild Telling

Posted: Fri Apr 19, 2019 12:40 pm
by JDEls
Hierdie is my ondervinding met die Hornady ELDM.
IMG_0232.jpg
IMG_0234.jpg
IMG_0346.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk