Page 1 of 1

Scope tracking??

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:28 pm
by Cobus(Cobb)
Hallo almal
Scope se naam, prys en bloedlyn is nou nie hier ter sake nie...maar wat is julle opinies.

Hy is op 100m gezero maar lê altyd op 5 clicks wat 200m gee vir jakkals se kind......nou annerdag loop longrange en van 300m tot 500m was amper oppie nommer soos per strelok...700m was egter n klomp geraai en baie laer as watstrelok sê.....ook biki vir wind gedraai.
ong uiteindelik raak op 700m en vandaar af huistoe.
Saterdag op skietbaan gaan ek toe weer "0" toe vir 100m zero...maar toe is ek 4 clicks hoog en 4 clicks links.....gou ingestel en hys weer op "0"

Tyd vir nuwe, beter scope??
Leer die scope se swak tracking met cheat sheets??
Enige ander rede vir die swak tracking??

Cheers

Re: Scope tracking??

Posted: Sun Apr 07, 2019 8:43 pm
by Malan123
Cobus, buy once, cry once.

Hoe repeatable gaan daai scope verkeerd track? Elke keer as jy 'n fout maak gaan jy wonder of dit nou alweer die scope is. Op die ou einde stel jy jouself nog verder verkeerd. Dink 'n nuwe scope gaan jou baie frustrasie spaar

Re: Scope tracking??

Posted: Mon Apr 08, 2019 9:04 am
by THOMAST
Cobus, hoe sterk was die wind , en van watter rigting het hy gewaai?
Dis moontlik dat 'n wind wat van links na regs waai 'n koeël (uit 'n regs draaiende twist loop) sal laat laer skiet.
Die feit dat hy nie weer zero nie is problematies.

Re: Scope tracking??

Posted: Mon Apr 08, 2019 9:16 am
by Eugene
Cobus, om te meet is om te weet. Doen 'n box test en 'n Tall target test en dan weet jy presies. Stem saam met Thomast. Dit kan dalk iets anders ook wees, maar as jy getoets het, sal jy meer gerus wees en dan kan jy sommer die regte data in jou Strelok sit.