Page 1 of 1
Hulp asb
Posted: Sun Apr 07, 2019 12:24 am
by Blink Stefaans
Dagse manne.
Ek het n Bushnell Elite 4200 6-24x40 op my zkk600 7x64.
Om hom op 100 te zero is ek net n paar clicks van max af.
Hoe nou gedaan?? Warne ringe direk op aksie se dovetail vasgemaak
Re: Hulp asb
Posted: Sun Apr 07, 2019 6:47 am
by tripodmvr
Kyk na die hoogtes van die ringe en of hulle verskil. Indien wel kan dit help om hulle om te ruil. Andersins sal jy of ander ringe moet kry of 'n 20MOA picatinny rail moet opsit. Jy sal dan nog steeds nie op baie lang afstande kan probeer gonge skiet nie.
Re: Hulp asb
Posted: Sun Apr 07, 2019 7:32 am
by Heinz Petersen
Met Warne ringe gaan jy n probleem kry. Die beste is om n 20moa rail eers op te sit. Anders moet jy gaan vir Thor of leopold
basisse en ringe wat vir jou beter gaan werk. As jy nog steeds nie hoogte verstelling kry nie, kan jy .5mm van die voorste ring af masjien
Re: Hulp asb
Posted: Sun Apr 07, 2019 9:14 am
by jdpretorius
Daar is ringe wat MOA inserts het wat dalk kan help. Ek het ook gesien dat daar nou ringe is wat in hoogte kan verstel....maar ek dink meeste werk met n picatinny. Ek het self n probleem met n 20MOA wat so 4" te hoog nog skiet (op maks af verstelling) op 100m al zero ek vir 200m....so ek het toe maar 'n shim voor in gesit wat ek van 'n koeldrank blikkie gesny het.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk