Page 1 of 1
Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 8:11 am
by Springkudu
Manne, ek het so bietjie hulp nodig asb om die Zero te stel op die boonste scope. Die boekie se verduideliking is nie baie hulpvaardig nie, ek het toe maar die You Tube roete gegaan, ek wil net bevestig of ek dit reg verstaan, enige advies hulp sal waardeer word. Jammer vir die Engels en Afrikaans gemeng:
1) Voor jy enige iets doen verwyder die buitenste turret cap
2) "Bottom out" die binneste turret
3) Na die "bottom out" maak jy die binneste turret los (Soos ek verstaan as jy hom los maak is hy steeds gekoppel aan die "Rectile Adjustments" dus indien jy aan hom stel sal hy steeds werk?)
3) Zero nou jou wapen deur die binneste turrets te stel
4) Wanneer jou wapen gezero is maak die binneste turret vas (Maak nie saak op watter nommer nie)
5) Sit jou buitenste turret terug dat hy oplyn met die 0
6) Maak buitenste turret vas ek geniet
Is dit die regte metode of mis ek erens iets?
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 8:40 am
by joe rocket
Op youtube is daar n 8min fliek wat dit mooi verduidelik.
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 8:43 am
by Dirkvh
Makliker metode wat ek gebruik:
1. Gaan zero die gun soos normaal.
2. By die huis, haal die turret versigtig af en kyk waar die binneste verstelling lê, soos 17.25 of wat ookal.
3. Sit boonste turret net op en draai tot teen zero stop, haal af en draai nou onderste turret weer na 17.25.
4. Sit boonste turret terug en bevestig zero
Lanklaas gedoen, maar dit is soos ek dit onthou, hehe
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 9:08 am
by Vleisie
https://youtu.be/HZsXGIY4RIY
Die link van Vortex waar hulle verduidelik hoe om dit te doen, dit is ook die proses wat ek gevolg het om my PST gen 2 se Zero stop te stel.
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 9:09 am
by Springkudu
joe rocket wrote:Op youtube is daar n 8min fliek wat dit mooi verduidelik.
Korrek, ek het ‘n hele paar gekyk en tot die boonste opsomming gekom, wil net bevestig of ek dit reg verstaan
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 9:15 am
by Springkudu
Vleisie wrote:https://youtu.be/HZsXGIY4RIY
Die link van Vortex waar hulle verduidelik hoe om dit te doen, dit is ook die proses wat ek gevolg het om my PST gen 2 se Zero stop te stel.
Dankie, ek het hom ook hele paar keer gekyk. Waar die een verkil met die res, wanneer jy die outer turret afhaal, baie ander sê jy moet ook die inner turret eers ZERO, dus draai tot hy stop, dan losmaak, skiet, en vasmaak. In die video maak hy los sonder om te die turret te draai tot zero stop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 12:26 pm
by Capt. Yoda
Draai die turret tot hy onder stop teen ZS
Haal turret af
Unlock die 3 skroewe
Zero die roer
Lock weer die 3 skroewe
Sit die cap terug op 0 en jou ZS is reg waar jy die geweer gezero het
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Fri Apr 05, 2019 12:49 pm
by Springkudu
Capt. Oblivious wrote:Draai die turret tot hy onder stop teen ZS
Haal turret af
Unlock die 3 skroewe
Zero die roer
Lock weer die 3 skroewe
Sit die cap terug op 0 en jou ZS is reg waar jy die geweer gezero het
Thanks Cappie, het hom!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Sun Apr 21, 2019 2:50 pm
by Joe13
Reg gekom.
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Sun Apr 21, 2019 3:51 pm
by Springkudu
Joe13 wrote:Reg gekom.
Yes, baie dankie. Sleg ding wat hulle nooit vir jou noem as jy koop is dat jy omtrent een hele elevasie verloor wanneer jy zero, maar nouja.
Ek het hom “gezero stop”, turret afgehaal, onderste turret los gemaak, geskiet, zero gestel, alles vasgemaak, turret opgesit, done
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Sun Apr 21, 2019 4:02 pm
by Joe13
Springkudu wrote:Joe13 wrote:Reg gekom.
Yes, baie dankie. Sleg ding wat hulle nooit vir jou noem as jy koop is dat jy omtrent een hele elevasie verloor wanneer jy zero, maar nouja.
Ek het hom “gezero stop”, turret afgehaal, onderste turret los gemaak, geskiet, zero gestel, alles vasgemaak, turret opgesit, done
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink dit is ons ringe, ek het slegs 30MOA oor van die interne verstelling van 70MOA.
Re: Waar Is Die Vortex PST Gen 2 Manne?
Posted: Sun Apr 21, 2019 5:33 pm
by Vleisie
Joe13 wrote:Springkudu wrote:Joe13 wrote:Reg gekom.
Yes, baie dankie. Sleg ding wat hulle nooit vir jou noem as jy koop is dat jy omtrent een hele elevasie verloor wanneer jy zero, maar nouja.
Ek het hom “gezero stop”, turret afgehaal, onderste turret los gemaak, geskiet, zero gestel, alles vasgemaak, turret opgesit, done
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink dit is ons ringe, ek het slegs 30MOA oor van die interne verstelling van 70MOA.
Ek het vir daardie rede juis met die Burris ringe gegaan met die Adjustable Cant. My ringe as ek reg onthou het 25moa in met die inserts, dus is my Zero op 200m, zero stop op 100m ingeval mens dalk wil inskiet op 100m of so. Maar dit los my met 27 MRAD om afstand te dail op my 6.5, wat met my lading genoeg clicks is tot 1880m na my data getrue is op strelok pro.