Page 1 of 1

Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeël

Posted: Thu Apr 04, 2019 5:52 pm
by Max Rossle
Dag Manne

Vertrou dit gaan goed.

Pel van my sukkel vreeslik met sy 7mm-08 se lading ontwikkeling.

Hy wil 160gr Nosler Accubonds skiet maar tot dus vêr met Vitavouhri N160 wil die geweer niks weet nie.

Vir die van julle wat met 7mm-08 skiet -

1. Met watse koeël gewig kry julle die beste resultate
(neem twist in ag)

2. Met watse dryfmiddel kry julle die beste resultate itv snellheid

3. Watse snellheid kry julle uit die 7mm-08 uit?

Groete

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 8:13 am
by Max Rossle
7mm-08 is duidelik nie 'n gewilde kaliber tussen ons mense nie

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 8:28 am
by Arnold
N160 is heeltemal te stadig en ek sou dink poeiers in die S355 kategorie sal die beste werk.

Afhangende van koeelgewig kan die volgende poeiers werk:
Vihtavuori N550
IMR 4895
Norma 203B
IMR 4320
Hodgdon H4895
Somchem S355

Spoed met die 160gr sal dan iewers rondom 2550 fps wees

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 8:32 am
by LoopSoosStroop
Max, daar is maar menings verskille op die forum oor watter gewig koeels 'n 7mm met 9.5" twist kan stabiliseer. Party manne skiet die 160 gr en op koeels mooi, maar in my ervaring, met 'n 7 mm RM, het net die 150 gr en ligter koeels mooi gewerk. Om die waarheid te se, daardie geweer het sy beste groepe geskiet met 130 gr koeels.

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 9:51 am
by THOMAST
Max, ek skiet gewoonlik 140gr koeëls in my 7mm08 (1:10 twist Broughton), maar het ook al goeie resultate gekry met koeëls in beide 150gr (Nosler Long range Accubond en Sierra MatchKing) en 160 gr klas Sierra GameKing)
Die 160 gr koeëls was bitter akkuraat, maar op die grens van stabiel/onstabiel en ek sou hulle nie gebruik vir jag nie agv hoë tuimel potensiaal.
Kruit is S355, gee goeie dopvulling en lae ES

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 10:29 am
by Max Rossle
Dankie manne vir die terugvoer.

Ek het ook gedink s355 sal mooi werk.

Maar Somchem gee nie s355 as n opsie nie - net s341 en s365.

Waar begin n man? Waar eindig n man?

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 1:15 pm
by THOMAST
Wat is sy loop lengte?
24" loop
140gr koeëls beegin by 41gr tot by 44.9gr vir spoed in omgewing van2850fps
150greiners: 40 tot 43gr vir spoed in omgewing van 2730fps

Begin laag en hou dop vir druk tekens.
Gebruik op eie risiko

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 1:39 pm
by Max Rossle
THOMAST wrote:Wat is sy loop lengte?
24" loop
140gr koeëls beegin by 41gr tot by 44.9gr vir spoed in omgewing van2850fps
150greiners: 40 tot 43gr vir spoed in omgewing van 2730fps

Begin laag en hou dop vir druk tekens.
Gebruik op eie risiko
Baie dankie. Jy het nie dalk enige ondervinding met 156gr en 160gr met s355 nie?

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Fri Apr 05, 2019 2:00 pm
by THOMAST
Ek laai 43gr S355 in my 7mm08 met 160gr Sierra GameKing
Werk maar op daarna

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Sat Apr 06, 2019 5:49 am
by tripodmvr
Quick Load Simulasie - S355 dryfmiddel

Ek het 3 platbasis koeëls gekies. Hoogste veilige node is bereken.

130gr Speer
2810vps - 50K psi druk

140 Sierra SP
2765vps - 55K psi

150 Norma SP
2728vps - 58K psi

Die geweer het 'n korter loop, so nodespoed kan laer wees as met 24 duim loop. Die 140gr koeëls behoort die beste te werk. Bruikbare spoed en druk is optimum om goeie gasafsluiting te verseker met behoorlike ontbranding en 'n veiligheidsfaktor na bo.

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Sat Apr 06, 2019 9:07 am
by Max Rossle
Dankie

Ek waardeer die terugvoer.

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Thu Apr 11, 2019 9:26 am
by Vlakvark Soldaat
Ek het presies dieselfde geweer vir my kids gekoop, het 140gr Sierras en 139gr Hornady SST...
Somchem se boekie het die S365 in, maar nie met die koeël gewigte nie, en ek het darem nog genoeg S365 in die kas, ek twyfel sterk dat ek S355 in die hande sal kry.

Enige voorstelle vir my ook asb?

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Thu Apr 11, 2019 11:01 am
by Vlakvark Soldaat
Ok ek het n blik S355 oppad.
Begin lading voorstel/aanbeveling sal waardeer word.

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Thu Apr 11, 2019 4:49 pm
by tripodmvr
http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=115

Ladings vir S341 geld bykans netso vir S355. Gebruik dus die beginlading en laai op. Die swaarder 145gr gee so effense veiliger beginpunt.

Re: Ruger M77 7mm-08 22" loop 1:9.5" twist ratio- beste koeë

Posted: Thu Apr 11, 2019 8:38 pm
by Vlakvark Soldaat
Dankie oom!