Page 1 of 1
Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 9:15 am
by Carl
Ek het 'n WIT (let wel nie black edition nie!) Hilux wat ek wil verkoop - namens 'n vriend. Die bakkie is nou net ingeloop op 135,000 km. Hy sal kyk na enige redelike offer in koeksisters en oorsprongklike Kruger ponde. Kiste R1 ammunisie met oorsprongklik SAW stempel sal ook goed wees.
As jy belangstel moet jy self kom kyk die bakkie staan naby Pont Drif - geen MTN kontrak meer vir Whatsapp nie.
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 9:51 am
by Burger
Goeies! Dit nou baie geniet
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 12:49 pm
by Plaashaas
Hy sal nie dalk ruil vir 3 blikke S365 nie?
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 2:27 pm
by Apie
Carl wrote:Ek het 'n WIT (let wel nie black edition nie!) Hilux wat ek wil verkoop - namens 'n vriend. Die bakkie is nou net ingeloop op 135,000 km. Hy sal kyk na enige redelike offer in koeksisters en oorsprongklike Kruger ponde. Kiste R1 ammunisie met oorsprongklik SAW stempel sal ook goed wees.
As jy belangstel moet jy self kom kyk die bakkie staan naby Pont Drif - geen MTN kontrak meer vir Whatsapp nie.
Jou vriend se naam Steve?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 2:30 pm
by Carl
Plaashaas wrote:Hy sal nie dalk ruil vir 3 blikke S365 nie?
Is daai blikke gemeng!??
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 2:31 pm
by Carl
Apie wrote:Jou vriend se naam Steve?
Hy is nie sterk genoeg om in daai wêreld te boer nie!

Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 3:28 pm
by Kubus
En ons grensvegters het daai R1 ammo ook als weggedra
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 4:48 pm
by Carlc
LMGA. Ek dink daar gaan nog baie posts kom wat skimp op daai steve/toyota post en ek dink nie baie van die jonger geslag gaan dit wardeer nie.

Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Thu Apr 04, 2019 5:20 pm
by THOMAST
Praat so van die weermag dae. Ken julle die drie universele reels van enige weermag basis?
1 - As dit beweeg, salueer dit
2- As dit nie beweeg nie, tel dit op
3- As jy dit nie kan optel nie, verf dit wit..
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Fri Apr 05, 2019 7:52 am
by Carl
Dis omdat elke stads jaapie en sy stukkie mos deesdae 'n "Bakkie" ry. Groen of Pienk John Deere sticker agter op.

Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Fri Apr 05, 2019 9:18 am
by Kubus
Sien nou die dag n oulike plakker agter op n Ford Ranger
"Ek ry n Amabroek"
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Fri Apr 05, 2019 12:19 pm
by Harambe
Miskien as ek 'n Hilux koop sal hulle my toelaat om af en toe by Durbanville te skiet.
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Fri Apr 05, 2019 2:56 pm
by Kubus
Miskien as ek 'n Hilux koop sal hulle my toelaat om af en toe by Durbanville te skiet.
Nope. Cruizer. Dis mos n "image" ding.
Jy ken die Mercedes gesegde van ou merc, lankal ryk.
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Fri Apr 05, 2019 9:32 pm
by Alwin
Kubus wrote:Miskien as ek 'n Hilux koop sal hulle my toelaat om af en toe by Durbanville te skiet.
Nope. Cruizer. Dis mos n "image" ding.
Jy ken die Mercedes gesegde van ou merc, lankal ryk.
'n Man wat maak of hy 'n Unimog besit mag seker maar neersien op enige snapsnese bakkietjie?
Re: Toyota Hilux D4D 4X4 DC A/T lae kilos
Posted: Wed Apr 10, 2019 2:46 pm
by Kubus
Ek maak niks.
Die Unimog is nie myne nie en ek het ook nooit so gese nie.
Daai spesifieke Unimog is wel my jagvoertuig en tot my beskikking elke dag.
Happy chappy