Page 1 of 1

Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 10:14 am
by Francois Briedenhann
More manne.

Ek post namens een van my vriende.Hy wil n voorlaaier koop ma voor hy dit doen soek hy biekie meer inligting oor die wapen.Word daar nog met hulle geskiet?Word daar nog parte verkoop?Hoe is sy groepering?Kan hy wild met hom skiet? Hoor graag van julle.

Groete FB

Re: Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 10:53 am
by SV MAD (Henk)
Hi Francois.

Se vir jou maat hy kan gaan registreer op http://www.whitesmoke.co.za/powwow/index.php, dit is die swartkruitforum. enige vrae ens wat hy het kan hy daar vra, die manne is baie behulpsaam en sal hom met graagte help.

Re: Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 12:26 pm
by Penkop
Hi Francois,

Alles is vrylik beskikbaar.
Baie ouens jag met voorlaaiers.
Baie ouens verkies voorlaaiers.

Kontak gerus Mkonto op die forum, hy bou baie mooi voorlaaiers.

Al geneuk is dat jou vriend eers Bevoegdheid vir voorlaaier moet doen voordat hy een aanskaf.

Re: Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 12:28 pm
by Jaco Swart
Penkop wrote: Al geneuk is dat jou vriend eers Bevoegdheid vir voorlaaier moet doen voordat hy een aanskaf.
Penkop..

Het die wet verander , want ek was onder die indruk dat jy nie lisensie of bevoegdheid nodig het nie?

Re: Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 12:46 pm
by SV MAD (Henk)
Wet het verander, jy moet bevoegdheid doen om voorlaaier te koop. As jy voorlaaier gekoop het is daar papier wat geweersmid moet invul (op jou swartkruit permit applikasie) met die maak ens van jou voorlaaier. Jy gaan die swartkruit applikasie in en dan word dit goedgekeur. Saam met dit moet jy ook 'n strokie ingee wat wys dat jy jou bevoegdheid by die polisie ingegee het.
Hoop dit maak sin
Groete

Re: Voorlaaier

Posted: Tue Nov 01, 2011 11:45 pm
by Penkop
Jaco,

Ja, dis nes SV daar se.

Ek het 'n voorlaaier gekoop net voor hierdie wet in gekom het en nou moet ek voor Januarie my bevoegdheid daarvoor doen.

Probleem is dat daar maar min ouens is wat voorlaaier bevoegdheid aanbied en die ouens wat dit we'll aanbied skep nou groot terwyl dit pap reen... Die ouens raak nou bietjie onbillik met hul tariewe...

Goedgaan