Page 1 of 1

Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Tue Mar 26, 2019 8:29 pm
by Swapo
Wil graag hoor of enige iemand ondervinding het met bogenoemde, vergelyking met ander “top end” in die klas?

Dankie
Jerome

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Wed Mar 27, 2019 7:05 pm
by Jaco v Zyl
Jerome
Teleskope is maar n baie persoonlike ding en menings verskil baie,en wat vir een ou werk werk nie vi n ander nie.So ek gee maar my persoonlike mening soos ek dit ervaar.
Om in kort jou te antwoord dink ek dat hy verseker baie goed meeding in in die” top end” klas.
Opties is dit n swarovski-en vir my oee is hul baie goed.
Die teleskoop se turrets is baie lekker positief en baie gebruikersvriendelik, daar is n ding of 2 wat lekker uniek is aan die turrets(alhoewel hul groot vertoon en wel groot is).
Die teleskoop het net n 30mm buis ma nogsteeds redelik baie verstelling -ook amper iets unieks
Daar is lekker kruisdraad opsies in die x5 wat ook darm meer takties is as hul ander reekse sou jy so verkies.
Teleskoop het lekker fov
Teleskoop het ook soos ander Swarovskis n lekker eyebox en laat jou gemaklik voel agter hom.
Ek dink dis n baie lekker longrange jag teleskoop.
Skies vir die Engelse terme tussenin.
Hoop dit help n bietjie.

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Thu Mar 28, 2019 5:35 am
by Pinkes
Vir speel op baan en jag med tot langafstande is die n bitter lekker
scope. Glas is baie goed soos verwag vanaf Swaro.
Weet nie presies wat jou applikasie is nie. Maar dink jy sal nie spyt
wees nie.

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Thu Mar 28, 2019 1:00 pm
by Drenalinjunkie
Ek besit 4 van hulle so glo ek het redelik onderviding met hulle.

In my opinie seker die heel beste allround teleskoop op die oomblik. Huidiglik sal ek hulle vir niks ruil nie... Ok miskien n Tangent Theta maar hulle is WOES duur.

Ek het al tot op 1752m getoets en hulle is perfek.

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Thu Mar 28, 2019 1:01 pm
by Hein22
Drenalinjunkie wrote:Ek besit 4 van hulle so glo ek het redelik onderviding met hulle.

In my opinie seker die heel beste allround teleskoop op die oomblik. Huidiglik sal ek hulle vir niks ruil nie... Ok miskien n Tangent Theta maar hulle is WOES duur.

Ek het al tot op 1752m getoets en hulle is perfek.
Waar werk jy? Ek wil graag my CV vir julle HR stuur... ;)

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Thu Mar 28, 2019 1:06 pm
by Drenalinjunkie
Hein22 wrote:
Drenalinjunkie wrote:Ek besit 4 van hulle so glo ek het redelik onderviding met hulle.

In my opinie seker die heel beste allround teleskoop op die oomblik. Huidiglik sal ek hulle vir niks ruil nie... Ok miskien n Tangent Theta maar hulle is WOES duur.

Ek het al tot op 1752m getoets en hulle is perfek.
Waar werk jy? Ek wil graag my CV vir julle HR stuur... ;)
:laugh:

Re: Swarovski X5 5-25x56 ?

Posted: Thu Mar 28, 2019 2:39 pm
by Swapo
Baie dankie vir die terugvoerings. Ek het tans die Z5 5-25 BT, wil opgradeer vir die langer afstande.

dankie