Page 1 of 2

9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 3:54 pm
by SmitH
Middag mede jagters wil bietjie hoor wat julle sou doen ek bly in die Oos Kaap maar my dogter bly in Polokwane waar ek no al paar keer gejag het met my 3006 my skoonseun se ek moet grooter klaliber kry vir die bos . Ek kan n nuwe 9.3x62 kry vir R13500.00 nou is die vraag 9.3x62 of 375

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 4:22 pm
by saswart
Hierdie sal interessant wees om te volg. Ek self het 'n 375H&H. Jy kry dan nog die 375 Ruger ook. As jy net met die geweer wil skiet en hier en daar iets groter is daar nie regtig so groot verskil tussen die 2 nie.

Ek dink daar is meer verskeidenheid punte, doppe ens vir 375 maar ek kan verkeerd wees. Meeste fabrikante verkoop 375. Daar sal definitief iemand wees wat jou kan vertel van die verskille in detail mbt spoed, gewig ens. maar wat ek al gesien en gelees het is dit maar regtig klein verskille.

Maar daar is net iets anders aan kalibers soos 9.3, 6.5 x 55, 7x57 ens. wat net goed klink.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 4:38 pm
by Supacow
Se vir jou skoonseun hy kort n 460 weatherby en skiet jou wild soos gewoon sekuur dood met jou 30 kaliber kanon.
Ek vermoed n 375 sal goedkoper operate want punte is goedkoper en makliker bekombaar en jy voldoen ook in meer lande aan die wet vir buffel. Was dit nie vir die wet sou ek 9.3 kies

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 4:42 pm
by Geno
Ek dink jou skoonseun vis vir 'n erfstuk..
As dit ek was sou ek 'n .375 H&H of .375Ruger kry.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 5:00 pm
by Nico Harris
As jy net gaan gewone wild jag sou ek die 9.3x62 vat.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 5:26 pm
by Arnold
Ek sou regtig n 416 Rigby oorweeg :)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 5:34 pm
by SmitH
Die paar plekke waar ek nou al geskiet het is dit maar moeilik met die bos gedink swaarder kaliber sal net veiliger wees as ek dalk takkie raak

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 6:50 pm
by Apie
Recoil van n 06 na ‘n 375 is nogal n trappie of 3 op.


Ek het n 9.3 en my swarrie n 375.

Die 9.3 recoil minder en fabriek ammo is so R250-R300 per pak goedkoper.

As jy gevaarlike wild of buffels jag op n gereelde basis sou ek glo dat .400 kalibers en groter beter sou wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 6:54 pm
by Dale SH
If you dont want to spend the money on either load 220 grain bullets in your 30-06.
If you want to spend the money and Buffalo is not on the menu buy a 9.3 because I own one ;D

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 7:43 pm
by knipmes
Die nuutste Lyman herlaai boek het nou ook herlaai inligting vir die 9,3 X 62 Volgens die inleiding het die gewildheid van hierdie kaliber toegeneem in die VSA. Omtrent al die groot koeel vervaardigers maak nou koeels vir die 9,3 X 62 wat die koste natuurlik ook verminder.
Ek het so 3 maande gelede by S&O R600 vir 50 Norma Oryx koeels betaal en gaan Mei maand daarmee jag Ek hoef nie eers te twyfel of dit "goed" sal werk nie.
Geen kritiek teen die .375 nie. Ek het self n Musgrave .375 gehad maar ek verkies die 9,3

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 7:57 pm
by Hansieslim
Ek ondersteun Geno se standpunt oor die skoonseun se moontlike verskuilde agenda. My opinie.
Nie almal van Polokwane is wys nie. My ervaring.
180-220gr uit 'n 30-06 is nogal "enough gun" vir Bosveld biltongjag. Weer net my opinie.
'n 375 met 'n scope stamp 'n netjiese winkelhaak op 'n onervare skut se neus. Moet erken...ook my skaam ervaring, maar...

'n CZ 93x62 met "full stock" lê darem lekker in my skouer en klink mooi op die tong.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 8:15 pm
by spekieries
Aangesien jy die 30-06 het sou ek hom met 168 of165 grein koeëls skiet wat ek meer vir vlakte doeleindes sou aanwend. Ek sou dan 'n 9.3 koop en in die bos met met 250 grein koeëls jag. Ek het beide 'n 9.3 en 'n .375. Glo my die .375 trap jou heelwat meer.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 9:46 pm
by SmitH
Glo nie my skoonseun is gepla wat ek koop nie hy het self n 375 in n dubbel ek skiet 165gr in my 3006 vir jag in die Oos Kaap

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Tue Mar 26, 2019 10:38 pm
by tripodmvr
Ek het 'n Musgrave 375HH en met 235gr koele het ek baie lekker gejag in die Ooskaap. Teen 2850vps skiet hulle lekker plat en bring die kudus huis toe.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 6:11 am
by DWB
Albei baie lekker en sinlike kalibers. Daar word elke jaar klomp buffels in SA gejag met dis 9.3
Daar is min PHs wat dit nie gaan toelaat.

Weet dat die 375 skiet bietjie swaarder koeel bietjie vinniger. Alhoewel baie herlaaiers maar in elk geval hier by 2350fps rond skiet met hul 375e.

Baie kom neer op die tipe geweer ook. As mens bv na CZ se 375 kyk is hy baie lank en swaar. Waar as mens 'n mooi 375 op 'n goeie standaard lengte aksie kry is dit ook weer lekker. Die 9.3s is oor die algemeen lekker lig en kompak. Afhangend van die geweer kan altwee lekker byt. Die groter kalibers gee net daai bietjie meer gemoedsrus, veral op groter diere soos bwb, gemsbok, eland ens.

Lees bietjie op en kyk wat oom se hartsnare tokkel. Vat hom dan van daar

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 7:29 am
by tau
Ek dink almal is aangenaam. Ek sal een van elk in die volgende configurations will aanskaf:
9.3 x 62 fullstock
.375 H&H met ou BRNO/ OB aksie oopvisier.
0f .375 Ruger Alaskan

As 'n streng bosveld roer gaan 20-22" lope meer sin maak met ligter kolwe vir maklik dra. Dit gaan mos nie 'n benchrest gun wees nie.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 7:46 am
by OomMatt
My 10c

Het ook die vraag gehad .375 of 9.3 baie jare terug , maar toe besluit op die 9.3x62 gebou deur oorlede Maartin van Tonder.
Al die komintaar hier bo is reg en waar , van kostes tot recoil ens.
Maar in ons vriende kring wanneer op die baan gespeel word , en daar is gou n kompitisie van akuraatheid , vat ek my 9.3. Die geweer skiet op n tiekie.
Wat bos jag betref , my opinie , die beste keuse uit. Het al Buf gejag ook met hom , baie suksesvol en vinning gedood , met die gebruik van 286gr Rhino's.
Laai oor die algemeen vir normale wild jag in die bosveld met 250gr Barnes TSX teen 2418vps
Ja , die .375 het groter keuses van koeels en is baie gewild en kan ook oor verskillende afstand goeie rusltate lewer , maar kerels kom ons wees nou maar eerlik met mekaar………….. die 9.3 vir bosjag , met daai koeel gewig en spoed , regte skoot plasing ……… loop niks.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 7:53 am
by swc-tr
9.3x62 of 375 is soos die ou stryery Chev of Ford.
Beide doen die job, kry wat jy van hou of jou sak pas.
Skootplasing met goeie kwaliteit koeels is die belangrike ding hier.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 8:04 am
by SmitH
More dankie vir almal se insette ek kan darem my skoonseun se 375 of 458 gebruik as ek buffel sou wou jag vir my gaan dit net watter kaliber die beste gaan werk van vark tot eland

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 9:39 am
by DWB
Koop dan 'n 9.3

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 9:53 am
by Supacow
Van vark tot eland het jy reeds die regte kaliber. Eland is die uitsondering. Min manne skiet jaarliks een. Alles kleiner is jy race ready!

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 10:05 am
by Koos Barnard
Met die koste van herlaaikomponente, veral kruit, sou ek 'n 9,3 gekoop het (ek besit tans 'n .375). Toe Somchemkruite nog geredelik beskikbaar was, was die .375H&H nie so duur om te skiet nie. Noudat ons dalk in die toekoms op ingevoerde dryfmiddels aangewese sal moet wees, maak die 9.3 meer sin vir my want jy gebruik baie minder kruit. Vergelyk ongeveer R360 tot R400 vir 'n blik kruit teen R800 vir sommige van die ingevoerdes. Maar natuurlik geld my stelling net vir mense wat baie gereeld skiet en wil herlaai.
Mooi loop

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 10:35 am
by Grenslyn
Jy het reeds die regte roer vir bosveldjag. Niks fout met jou .30-06 nie. As jy eland wil jag laai hom met 220gr pille.

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 10:45 am
by SmitH
Ek weet die 3006 is genoeg gun maar ek wil nog n swaarder kaliber koop nou moet ek kies tussen die 2 soos bespreek

Re: 9.3x62 of 375

Posted: Wed Mar 27, 2019 10:50 am
by Armand9
Ek sal ook se 220gr in die 06 is goed genoeg.
As dit dan moet sou ek net se 9.3 omrede daar reeds n 375 in die familie is. Ek like ook daai fullstock!
Het eenkeer van n 338-06 gelees, maar dan is dit die pasmaak roete. Dink hy klap enige dier tot eland in die bosveld en is nie so swaar op herlaai komponente soos 375 klas nie. Maar dis uitsluitlik vir die herlaaier