Page 1 of 1
HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Mon Mar 25, 2019 9:18 pm
by Max Rossle
Goeie dag
Weet julle dalk wie Howa Model 1500 Mini Actions het met bull barrels in .223 Remington?
Verkieslik Gauteng.
Groete
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Mon Mar 25, 2019 9:30 pm
by Alwin
Ek bly hier in die bos en sien nie al die nuwe speelgoed nie, maar al die swaarloop-223 Howa's wat ek al gesien het was op die standaard aksie gebou. Daai mini aksie met 'n swaar loop sou nogal 'n lekker geweertjie maak.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 8:17 am
by LoopSoosStroop
Max, ek het ook een gesoek ruk terug, niemand kon my help nie. Laat weet maar as jy iets kry.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 8:29 am
by tripodmvr
Manne, die idee met die mini aksie is om 'n ligte geweertjie te kry wat handig is vir kinders en vroue van klein postuur. 'n Dik loop druis dwars teen die konsep in.
Jy sal maar die gewone een moet kry en sy loop eers klaar skiet.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 8:40 am
by Geno
Die mini aksie en dik loop kombinasie werk goed. Ek het een in 6.5Grendel en hy is baie lekker.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:34 am
by Max Rossle
Nou sê my kêrels - al is dit nie n dik loop nie- waar kry ek n Howa mini action in 223?
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:39 am
by LoopSoosStroop
Ek dink Humansdorp co-op het.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:48 am
by WSM
More almal
'n Maat van my het 'n Howa Mini aksie .223 met 'n swaar, kort 20" loop so maand terug by Savuti gekoop.
Lui hulle gerus, dit is baie selde wat hulle nie het of kan kry wat iemand soek nie.
Mooi dag!
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:00 am
by Max Rossle
Ek het nou vir Humansdorp in die hande gekry.
Hulle het die 223 Remington mini action in standaard 22" loop (daar is 20" bull barrels wat bestaan maar is nie in RSA nie).
Die 6.5 Grendel is wel beskikbaar in dik loop profiel.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:02 am
by Arnold
Die mini aksie in 223 het ook 'n loop op met 'n 8 twsit wat hom baie aanloklik maak. Ligter koeëls wat opbreek agv spoed behoort nie 'n probleem te wees nie omdat die loop maar kort is.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:15 am
by Nico Harris
Hi Max. Ek het een by die kooperasie gekoop n einde van laas jaar.
Arnold- volgens die kooperasie is dit n 1in9” twist. As hulle verkeerd is en dis n 1in8” sal dit goeie nuus wees. Waar jy gehoor dis n 1in8” twist?
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:38 am
by Arnold
Nico Harris wrote:Hi Max. Ek het een by die kooperasie gekoop n einde van laas jaar.
Arnold- volgens die kooperasie is dit n 1in9” twist. As hulle verkeerd is en dis n 1in8” sal dit goeie nuus wees. Waar jy gehoor dis n 1in8” twist?
Dit wys so op Legacy sport se website. Die gewone kort aksie 223 is wel steeds 9 twist op die website.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:42 am
by Nico Harris
Ek volg gou op met riaan.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 11:07 am
by Nico Harris
Ek nou met riaan by die kooperasie gesels- volgens die lyste wat hulle het is die kort en mini aksie by hulle altwee 1in9” twist. Sal goed wees as iemand kan meet vir ons.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 11:17 am
by Max Rossle
Enigste ding wat my pla is daai bottom plate / magazine plate is plastic... ek hou niks daarvan nie... Die 223 is nou nie n heavy recoiler nie maar ek hou net nie van n plastic komponent wat deel is van die aksie vastrêk
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 12:01 pm
by Nico Harris
Op my tikka pla daai plastic bottom metal glad nie. Ek het ook my mini aksie gekry vir n bakkie gun om so lig as moontlik te wees.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 12:14 pm
by Arnold
Nico Harris wrote:Ek nou met riaan by die kooperasie gesels- volgens die lyste wat hulle het is die kort en mini aksie by hulle altwee 1in9” twist. Sal goed wees as iemand kan meet vir ons.
Ons het ook nooit 9 twist 22-250 gewere gehad nie so ek stem dat dit sal goed wees as iemand kan meet en bevestig.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 12:24 pm
by Nico Harris
Arnold- vir daai selfe rede voel ek ook so. Ek het n vriend wat donderdag gaan meet. Hy vriend se wel hy het al 75gr amax met geen probleme geskiet nie.
Max- Gunwarrior maak n alu bottom metal wat die standaard magesyn vat.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Tue Mar 26, 2019 8:26 pm
by Nico Harris
Antwoord van howa op fb.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:08 am
by LoopSoosStroop
Dis nou baie interessant, dankie Arnold en Nico.
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:40 am
by SakoTrippel2
Nou nie 'n Howa nie maar 'n Pel het die week sy Sako 85 Varmint in 223 gekry... Gekoop as 'n 12twist volgens specs ens.... Kom by die huis bekyk van nader en daar staan wraggies 8" agter die woorde 223Rem op die loop... So ja die "foute" sluip orals in.
Groete
Frans
Re: HOWA Mini action 223 Remington
Posted: Wed Mar 27, 2019 1:57 pm
by Capt. Yoda
SakoTrippel2 wrote:Nou nie 'n Howa nie maar 'n Pel het die week sy Sako 85 Varmint in 223 gekry... Gekoop as 'n 12twist volgens specs ens.... Kom by die huis bekyk van nader en daar staan wraggies 8" agter die woorde 223Rem op die loop... So ja die "foute" sluip orals in.
Groete
Frans
Sako maak hom in 8, 10 en 12 twist. Jou pel moes net iemand kry wat kon lees by die winkel