Page 1 of 1

Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Mon Oct 31, 2011 6:12 pm
by Flip Fouche
Enige kommentaar asb !

Flip Fouche

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Mon Oct 31, 2011 8:32 pm
by 243Songdaug
Nie sleg nie, het lank terug 1 op 'n 243 gehad en hy het goed gedoen.  As jy kan gaan eerder vir die Super Match grade.

My Pacnor lope het nog altyd van die eerste skoot af groepeer. Ek is baie tevredem
Ek het nou al 'n stuk of 15 Pacnor lope. Opgesit of laat opsit en hulle almal skiet baie mooi.

Groete
Jaco

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Mon Oct 31, 2011 11:14 pm
by Trigger Mike
Naand Flip

Kan nie fout maak 8) 8) 8), skiet self met 'n Super Match op een van my geweere .

Belangrik is die man wat hom opsit, kamer sny ens, die beste loop swak ge-fit en jou turf sit :P

Ek sien jy bly in Schweizer as jy hier bo was sou ek jou na Andries Moller toe kon aanbeveel. Die man mag!

Groete

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 10:46 am
by Stefan764
Dai 25-06 gan K@KK@S maak ini duine vlge jaar, ek sien dit kom............  ;D ;D ;D

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 11:03 am
by Wouter Roets
Hallo Oom Flip

Ek het nie n PacNor loop self nie maar het al met so paar gewere gewerk wat wel gehad het. Indien soos die manne hier se al jou basiese goed reg gedoen is is dit n uitstekende loop wat defnetief gemaklik aan n jagter se behoeftes voldoen. Maar luister maar na Jaco. Ek neem aan dit is die Super Match waarvan Oom praat of hoe? Ek dink ook Oom is op die regte pad met die lengte van die loop. Is die loop 26 of wil oom hom daarop sny?

Groetnis
Wouter

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 11:06 am
by Frikkie Coetzee
Hallo

Wat kos die lope??

Ek kyk al lank na die Pac Nor lope en dink daaraan om een te koop.

Frikkie

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 11:11 am
by Lourens
Gromit,

Pac-Nor Super Match loop vir so R6000 by skietwinkel in Bloemfontein as ek dit nie mis het nie.

Groete,
Lourens

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 2:47 pm
by Flip Fouche
Baie dankie vir al die terugvoer.

Wouter

Die loop is 26" lank.

Groete

Flip

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Tue Nov 01, 2011 3:17 pm
by 243Songdaug
Gromit

As jy hom by Skietwinkel koop moet hy nog gefit word en dit kos gemiddeld R1750.

PM my bietjie dan deel ek dalk 'n geheim met jou wat jou gaan geld spaar.

Groete.
Jaco

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 9:14 am
by Flip Fouche
Wouter

Die Pac Nor loop is 26"

Sal jy aanbeveel ek maak my .2506 Ackley Improve?


Groete

Flip

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 9:59 am
by Wouter Roets
Hallo Oom Flip

Daai looplengte is 100%. Oom weet teen die tyd hoe voel ek oor Ackley! Maar ek sal dit nie vir Oom aanbeveel nie. Ons poeiers kan ongelukkig nie die ekstra kapasiteit van die Ackley in die 25-06 benut nie. Die standaard 25-06 perform baie goed met ons poeiers so bly by hom.

Groetnis
Wouter

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 10:05 am
by Geno
+1 Wout

As ons net 'n kruit soos Hodgdon Retumbo gekry het, dan sou die Kaap Hollands wees!
.25-06AI met 120gr koeels teen 3230fps, 105% Dopfulling, en 100% ontbranding..........

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 11:30 am
by Wouter Roets
Babaleeu

Ons kan maar net droom daarvan! Ek kan nie verstaan hoekom hulle nie S385 n bietjie stadiger gemaak het. ??? Daar is amper nie n enkele kaliber waarin hy perfek in is nie!

Groetnis
Wouter

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 3:17 pm
by James Wilson
ek dink nie ek het al ooit iets sleg gehoor oor n Pac Nor loop nie. hoe vergelyk hulle met die Hart lope?

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 7:55 pm
by Flip Fouche
Ken nie Hart lope nie!

Flip

Re: Pac - Nor loop:Super Match

Posted: Wed Nov 02, 2011 7:57 pm
by Flip Fouche
Thanks Wouter.

Sien jou die naweek van 26/11/2011 in Pretoria!!

Flip