Page 1 of 1
Help - wie vervoer/ trek pontoon boot van dbn na pe
Posted: Tue Mar 12, 2019 3:55 pm
by Morkel
Ek het n pontoon boot in Dbn gekoop maar nou moet hy PE toe kom. Is 21 voet lank 2,7m breed
Weeg seker in die omgewing van 1,5 ton. Tx
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help - wie vervoer/ trek pontoon boot van dbn na pe
Posted: Tue Mar 12, 2019 4:51 pm
by tripodmvr
Kyk of jy nie 'n leƫ vragmotor kan kry wat huis toe kom vanaf Durbs nie. Miskien kry jy 'n billike prys.
Re: Help - wie vervoer/ trek pontoon boot van dbn na pe
Posted: Tue Mar 12, 2019 6:15 pm
by Carlc
Middag. Die 2.7m breed mag dalk n probleem wees vir n normale vragmotor. Hulle laai net tot 2.4 breed.
Re: Help - wie vervoer/ trek pontoon boot van dbn na pe
Posted: Tue Mar 12, 2019 8:26 pm
by Morkel
Kwotasie nou gekry R7000 dit is belaglik. As ek op en af moet ry dan sal dit my kos met X5 R3500 sluit oornag koste vir twee van ons in.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Help - wie vervoer/ trek pontoon boot van dbn na pe
Posted: Tue Mar 12, 2019 9:58 pm
by tripodmvr
Durban toe en terug is 1800km. Dit alleen gaan jou bykans R5000 se brandstof gee as jy terug tou. Verblyf is ten minste R1000 vir twee persone vir 'n nag. Spaar R1000 en jou voertuig moet 900km swaar trek?