Page 1 of 1

Môre môre

Posted: Wed Mar 06, 2019 7:16 am
by SeeZet
Môre kêrels (en dames)

Ek loer al so tydjie op die forum, gedink dis tyd om aan te sluit.
Ek hou van jag, vis vang en hoop om hierdie jaar my eie vleis te werk. ><)

Lekker dag vir julle!

Re: Môre môre

Posted: Wed Mar 06, 2019 7:48 am
by Kubus
Welkom, maar so maklik is dit nie.
Ons wil weet van waar is jy en watse gewere het jy, ens, ensovoorts.
Jy sal dit geniet hier.

Re: Môre môre

Posted: Wed Mar 06, 2019 8:38 am
by SeeZet
:laugh:

Geen probleem, ek is van die Kaap af maar probeer myself in die Karoo of die Wes-Kus te kry soveel as moontlik.

My jag ketties is:

CZ 550 Lux - 308 (Zeiss Duralyt 3x12x50)
Musgrave Field Delux - 270 (Zeiss Duralyt 3x12x50)

Ons jag meestal in die Vrystaat, so nou en dan Beaufort, maar vir ons Kapenaars is als duskant die tonnel mos Vrystaat ;D

Ek werk nog aan my kluitklaplysie, maar tot dusver het ek darm al Springbok, Rooibok, Blesbok, Swartwildebees en Waterbok gejag. Hierdie jaar wil ek graag Blouwildebees of Rooihartbees jag, dalk so paar Blessies vir die rugby.

Re: Môre môre

Posted: Wed Mar 06, 2019 9:13 am
by Jay Jay
More, Baie welkom