Page 1 of 3
Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 10:11 am
by Ponkie
Manne
Ek glo daar is al hier en daar aan die topic geraak. Ek het probeer eers bietjie self op die forum te soek, maar wil julle graag 'n vraag vra en paar opinies hoor?
Ek besit reeds 'n 22-250, 303 en gaan my Pa se 308 kry, so ek is opsoek na 'n kaliber waarmee ek wild soos koedoe/gemsbok/eland en willebeeste kan skiet? Ek het nie nou dadelik die geld nie, maar kyk net solank na my opsies...
Die wild word meestal in die karoo of Suide van Namibie geskiet, so dis nie maklik skote nader as 200m nie.
Ek wil nie graag 'n Magnum kaliber he nie, want ek is nie baie lief vir recoil nie.
So ek kyk seker na iets in die klas van 270/30-06/7x64/308??
Dit sal vir my baie help as ouens hulle eie ondervindinge en opinies bietjie deel? Stefaans kan boeke skryf oor sy 7x64 en my Pa sal se dat daar net een geweer is, en dis 'n 30-06, maar ek wil bietjie feite en ballistiese modelle ook na kyk en nie net ouens se voorkeure nie, want basies is al 4 daardie kalibers geskik vir die doel.
Om bv die 270 en 7x64 te vergelyk sal jy sien dat die 7x64 effens swaarder punt kan skiet omdat hy .284 kaliber is. Ek wil spesifiek 'n punt erens tussen 150gr en 170gr skiet. Dan behoort ek redelik nog lekker slaankrag te he op verder afstande. Maar as mens besluit om op beide 'n 150gr punt te skiet? Waarom sal jy die een bo die ander een kies? Of is daar maar min te verskil?
Gee asb bietjie van julle opinies? Ek luister graag!
Groetnis
Ponkie
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 10:35 am
by Blackie Swart
More Ponkie.As jy jou pa se 308 gaan kry ,hoef jy nie verder te soek nie.Jy kan al die spesies wat jy genoem het met die kaliber skiet.Al wat jy net moet na kyk is dat jou skootplasing reg is.Moenie vaskyk op n afstand van 200m of verder nie.Die 308 kan daai afstande en verder skiet.Baie mense verwys as n 308 as kettie,maar ek het self al baie bokke op tussen 300 en 400m met my 308 geskiet.Ken net jou geweer,dit is al.
Groete
Blackie
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 10:59 am
by Chris101
Blackie
Sal graag wil weet wat 308 se val op 400m is as op 200 zero
met se 150 gr punt.
Ek reken as Ponkie elande ook wil skiet ietsie groter.
8=68 as jy nie na 300 wm wil kyk.
Ek self skiet met 7 mm rem mag soortgelyke wild behalwe elande
die skiet ek met 223 100m kopskote in wildkamp.
101
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 11:07 am
by spekieries
Ek wou vir Ponkie s? hy moet bietjie na die eksterne ballistiek van die 8x57 gaan kyk. Maar Chris het miskien 'n punt beet met die 8x68. Hy is egter 'n bietjie meer geniepsig op die skouer.
Ponkie dit bly egter 'n lekker probleem, drome word gedroom om daardie probleem.
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 11:20 am
by 243Songdaug
Ou Ponkie
Die 308 is eintik genoeg geweer vir al die bogenoemde spesies, maar ek besit self al genoeg kalibers, maar steeds het ek die jeuk.
Om op te som: jy hoef niks by te koop nie, hou ma altyd 'n'paar rand 1 kant vir as jy dalk an swaar kaliber vir 'n'bargain raakloop.
Groete
Jaco
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 11:56 am
by Ponkie
Jaco en ander
Ja ek is bewus dat die 308 geskik is om al die boksoorte te skiet, en ek het self al met die spesifieke 308 al meer as 50 koedoes geskiet op afstande wat gereeld oor of naby 300m gedraai het. Maar my gat jeuk maar net, en wil graag iets "anders" ook in die kluis he, en ek sal oor 'n jaar of twee uit die huis wees en dan het ek nie meer vrye toegang tot Pa se 308 nie, so dan kort ek 'n geweer om saam te vat as ek koedoes gaan jag.
En daarom wil ek nie nou 'n 308 koop as ek reeds eendag Pa se 308 gaan erf nie. Dis vir my onnodig om 2 van dieselfde kalibers te he as jy nie spesifieke doel vir albei het nie.
Groetnis
Ponkie
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 2:01 pm
by iceman1982
blackie wrote:
More Ponkie.As jy jou pa se 308 gaan kry ,hoef jy nie verder te soek nie.Jy kan al die spesies wat jy genoem het met die kaliber skiet.Al wat jy net moet na kyk is dat jou skootplasing reg is.Moenie vaskyk op n afstand van 200m of verder nie.Die 308 kan daai afstande en verder skiet.Baie mense verwys as n 308 as kettie,maar ek het self al baie bokke op tussen 300 en 400m met my 308 geskiet.Ken net jou geweer,dit is al.
Groete
Blackie
Ponkie,
Stem 100% saam met Blackie. Het al self n paar lang skote met my .308 geskiet. Skoot plasing is natuurlik belangrik, maar kry vir jou n punt wat werk en moenie te swaar gaan nie. n .308 het nie die grootste poeier kapasiteit nie, so my persoonlike mening is dat ek nie sommer oor 150 gr punte in hom sal skiet nie. Ek self, skiet 130gr punte in my .308. My klinete het al klomp Koedoes en Gemsbokke met hom geskiet. PM my jou email address, wil graag vir jou n paar fotos stuur van een van my roere. Iets om oor te dink.
Groete,
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 2:42 pm
by Sako75
Ek het 7x64, 300WM en 9,3x62..... Almal kalibers wat as moontlikhede geag kan word. Ek is ook nie lief vir recoil nie MAAR ek kan glad nie oor my 300WM kla nie. Ek was versigtig om hom te skiet maar is nou baie gemaklik met hom met 180gr vol ladings.... en hy het wat dit vat vir groter bokke. In dieselfde asem is ek seker iets soos 300H&H en 300WSM is minder venynig as 300WM en in 'n stewige geweer kan een van die kalibers net so lekker werk. 'n Buiteperd is natuurlik 'n 325 WSM.....
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 2:47 pm
by Biltongjagter
Ponkie,
Om bv die 270 en 7x64 te vergelyk sal jy sien dat die 7x64 effens swaarder punt kan skiet omdat hy .284 kaliber is.
Nie so nie, 7 x 57, 7 x 61, 7 x 64 ens., is almal .285 kalibers.
7mm RM en ander Amerikaanse 7mm's is .284 kalibers.
Dalk sal dit nie pla in jou geval nie, hang maar net af van watter koe?l jy sal gebruik.
Groete,
Koos.
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 4:38 pm
by Ponkie
Oom Koos
Dankie vir die hulp daar! Klein foutjie van my af.
Sako
Sien jy noem dat jy 7x64 het? Tevrede met hom? Watse punt en lading skiet jy met hom?
As ek moet kies tussen tussen 270/30-06/7x64? In al drie die kalibers sal ek 150gr-168gr skiet. So watter een sal die platste trajek he?
Kan iemand my asb help met die drie se dopkapasiteit? Dink op die einde sal my keuse tussen die drie wees (Bietjie persoonlike smaak en nie uitsluitlik op die feite) so ek wil maar net bietjie voordele en nadele van hulle hoor?
Groetnis
Ponkie
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 5:28 pm
by .::Alwyn-U::.
Polla
Ou maat hou op sukkel! Kry nou maar vir jou 'n 375H&H
Groete
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 5:57 pm
by Sako75
Ponkie,
Ek sal my 7x64 heel laatse van onstlae raak as ek alles tot niet moes maak. Ek is baie tevrede met hom. Die beste lading wat ek vir die geweer kon kry is Sako fabriek ammunisie. 170gr Sako Hammerhead wat asemrowend akkuraat is. As ek moes laai sou ek 160gr - 175gr punte gebruik. Ek dink steeds 'n 300WSM, 300H&H of 300WM is effens meer betroubaar as dinge nie vir jou gaan op die dag nie maar 'n 7x64 sal in die meeste gevalle die ding kan doen as jy hom binne verantwoordelike perke gebruik. My 7x64 het al paar koedoes, gemsbokke en swart wildebeeste bokveld toe gestuur......
Van die drie wat jy noem sal die 30-06 iets soos 'n 150gr punt die vinnigste skiet (by die tromp)...... maar trompsnelheid is nie die hele prentjie in terme van trajek, penetrasie, ens nie.......
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 6:20 pm
by pietjacobs
Wat van die .338?
Sien niemand stel hom voor. Hoe so want ek kyk self nou na een.
Groete
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 6:24 pm
by Ponkie
Piet
Seker omdat die manne sien ek is nie eintlik opsoek na iets groter as 'n 300 nie.
Kyk maar hoofsaaklik na die 270/30-06 of 7x64.
Groetnis
Ponkie
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 7:18 pm
by Machann
Hi Ponkie
Toe ek baie jonger was het ek na een van die drie kalibers gekyk. Iemand eendag gese n 303 met 150gr skiet platter as 270 150gr. Nog nie in detail na dit gekyk maar vir wat j die geweer wil gebruik sou ek nie vir die 270 gaan. Maar j skoot plasing moet altyd baie goed wees met enige van die drie waarna j kyk.
Van wat ek laas onthou het j 7mm punte hoer BC as .308 punte met selfde gewig so ek sou vir die 7x64 gaan.
Ek het egter met n 308 groot geword. Eers my pa sn en toe my eie CZ. Baie groot wild oor 250 m geskiet maar j moet j geweer ken. Meeste van hulle saam met my pa gekiet en hy is een van daai manne met net geweer waarvoor j moet bang wees. Hy kon altyd se hoeveel aan te sit ens. Die hold over kruishaar maak dit vandag bietjie makliker vir my. Skoot plasing op langer afstande was vir my makliker in Noordkaap,OFS en later Wes Kaap. Dit egter verander toe ek drie jaar gelede eerste keer bosveld gejag het. Eland koei op 50m geskiet. Gedink sy staan dwars maar haar voorste long geskiet waar ek gevat het maar net net die agterste een gesny. Sy darem net 30m gegaan maar as ek moes backup sou dit deur bosse moes wees. Daar besef n groter kaliber nodig en n 375 gekry. Maak deesdae meer seker oor skoot maar darem daai rustigheid darem iets met meer gewig agter haar as moet backup.
Het 200gr GS customs ook vir haar en hulle kan ek tot op 3200 fps stoot so as ek gaan Nam skiet of so sal ek haar vat met 200gr. My 308 gaan ek lekker lading kry vir rooibok SA jagters ens en my 25-06 vir vlak klein wild en culling.
Net onthou j kan baie doen om recoil te verminder. As j eendag j pa se 308 kry gaan of j 308 of j nuwe geweer staan of j moet een verkoop.
Ek glo die 375 is seker die mees veelsydige kaliber as j kan herlaai. Ek sou die roete van n 375 gaan met recoil dempers maar as dit nie gaan vlieg sou ek vir die 7x64 gaan.
Sterkte
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 7:30 pm
by 243Songdaug
Ponkie
Die 338 en ook die 7mm Rem , asook die 7x64 of selfs die 280 Ross is almal goeie keuses, maar jy het genoem dat jy ni na Magnums kyk nie.
Het die naweek met 'n 300WSM geskiet en het kla besluit dis my swaar kaliber van keuse!!!
Die dop is so lank soos 'n 308en hy skop soos 'n 30-06
Jy kan hom dalk oorwweeg
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 7:55 pm
by .::Alwyn-U::.
Songdaug
Vertel bietjie meer oor die 300WSM? Ek het dit ook vir Polla aangeraai om te vat, ek is maar lief vir so iets anders en sal self na so een kyk eendag!
Ongelukkig het ek al nooit een se performance in die veld gesien nie, ek hoop dis so lekker soos wat dit lyk op papier.
Groete
Alwyn
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 8:17 pm
by grumpy
Die 338 skop jou so hard die stopsels in jou tande is los en val uit!!!

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 8:32 pm
by 243Songdaug
Alwyn
Die 300WSM doen baie goed met koeels tussen 150 t?t 180gr, hoewel hier op Kath 'n oom is is wat Bisley skiet met 210 gr Bergers en hy doen baie goed.
Die dop lyk soos 'n oorgewig 308 dop. Omtrent dieselfde lengte, maar heelwat dikker. Die WSM doen op papier basies wat die WM doen, die WM se voordeel kom in by die swaarder koeels.
Ek is natuurlik verkoop op die kort vet doppe. Ek het saterdag gonge geskiet op 270 en 350m en was elke keer instaat om die tref op die gong te sien voor die geweer my uitgeskop het. Ons het 165 greiners geskiet. Met die 300WM waarmee ons 180gr koeels geskiet het was dit nie moontlik nie aangesien die WM die rook uit ons uit geskop het.
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 8:35 pm
by Geno
Paul,
Mater, as ek jy was sou ek steeds na een van die haastige 7mm's gekyk het.
Die 7mm WSM sou eerste keuse wees, en 7mm RemMag 2de opsie.
Hulle koeels het baie goeie BC's, wat juis daai lang skote van jou lekker gaan maak.
Groete,
Eugene
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:30 pm
by wlm
Hier is mos manne wat die elegante 300 H&H gebruik. Lyk my julle reken die kaliber met 200/ 220 greiners is nie reg vir die man se behoeftes nie.
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:38 pm
by Sam Kelbrick
.::Alwyn-U::. wrote:
Polla
Ou maat hou op sukkel! Kry nou maar vir jou 'n 375H&H
Groete
Ek stem!
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:40 pm
by pietjacobs
Klink my die recoil is die sonnebok. Dis nou weer die laaste wat my pla met al die opsies om daai recoil te verminder
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:49 pm
by Jaco Alberts
Goeie naand almal,
almal baie lekker kalibers en sal heelwaarskynlik die werk doen tussen 200m en 300m met die regte skootplasing en regte keuse van koeels, ( onthou eland het stewige beenstruktuur en as jy teen 'n effense hoek van voor moet skiet, sal jy dalk deur die dik bladbeen moet kom )
My keuse sal wees niks ligter as 'n 200 - 250gr @ 2900f/s en 2750f/s. In daai klas kyk jy na bv. 8x68 S, 338WM en 375H&H. Dit kan 'n moontlike risiko uitskakel soos bv. nie genoegsame penetrasie nie.
Ek dink ook nie mense moet te bekommerd wees oor die terugskop van die bg. kalibers nie, net die regte keuse maak mbt fabrikaat wapen wat jy aanskaf. Die Winchester Mod 70, skiet bitter lekker in die 338WM en 375WM. ( het al baie met hulle geskiet ) Indien dit wel 'n probleem is dat die skut steeds ongemak verduur van terugskop op die kalibers, is daar heelwat wat gedoen kan word aan die wapen, om die terugskop te verminder, bv. kwikstaaf ens.
Sterkte met die besluit
Jaco
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:57 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi Jaco
Vertel asb meer van die "kwikstaaf"? Ek ken dit nie..
Groete
Alwyn