Page 1 of 1
Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 9:11 am
by Jo Toast
More almal
Ek het my Tikka 308 met varmint loop onlangs in 'n KRG Bravo chassis gesit.
Sommer net 'n paar fotos:
BravoTikka01.jpeg
BravoTikka02.jpeg
BravoTikka03.jpeg
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 9:12 am
by Jo Toast
BravoTikka04.jpeg
BravoTikka05.jpeg
BravoTikka06.jpeg
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 9:30 am
by Geno
Mooi geweer!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 9:36 am
by LoopSoosStroop
Dis nou bleddie nice! Wie bring die KRG's in?
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 10:02 am
by Arnold
Lyk goed!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 10:03 am
by Ammion
Lyk baie goed!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 10:40 am
by Jo Toast
Matoska Tactical is die invoerders. Hulle het webtuiste en is op Facebook.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 11:37 am
by LUAN
Jo Toast wrote:Matoska Tactical is die invoerders. Hulle het webtuiste en is op Facebook.
Wat kos die ding?
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 3:15 pm
by Jo Toast
Manne, ek deel gou my eerste ervarings van die KRG Bravo chassis. Ek kon nog nie gaan skiet met hom nie, maar gaan volgende week plan maak.
Ek was aanvanklik bang dat die kolf te plastiekerig gaan wees - op fotos lyk dit soms nogal na goedkoop plastiek. Daarom wou ek graag eers na een gaan kyk het voor ek bestel, maar kon nêrens een in die hande kry nie.
Ek het toe maar oë toegeknyp en die ding bestel en ek moet sê ek is nie teleurgesteld nie. Die kwaliteit van die chassis is beter as wat dit op fotos lyk en dit het my beïndruk. Die ding is lekker solied.
Ek het byvoorbeeld gedink ek gaan al die holtes in die "buttstock" opvul maar nadat ek hom gekry het ek besluit dis glad nie nodig nie. As mens aan baie gewere se sintetiese fabriekskolf klop dan klink die "buttstock" mos sommer hol en goedkoop - dis nie die geval met die Bravo nie. En dis 'n soliede stuk aluminium waarin die aksie sit - die "trigger guard" is ook 'n behoorlike stuk alu.
So ek is heel tevrede met die kwaliteit. Ek dink na regte moes hy seker so R2000 goedkoper gewees het in SA, maar ek verstaan ook die uitdagings waarmee die agente sit (ITAR, swak Rand, invoerbelasting, ens).
Ek moes wel vir my twee ekstra "LOP spacers" opspoor by 'n kennis wat twee ekstra gehad het. Ek is lank (1,9m) en soek 'n LOP van rondom 38cm. Met die 3 spacers wat ingesluit is, kom 'n ou net tot by so 35-36cm. So twee ekstra spacers het my gebring op 37,5mm wat perfek is. Die geweer is nou bitter gemaklik vir my.
Iets anders is dat 'n ou die "cheek riser" moet uithaal elke keer as jy die slot wil verwyder. So ek het maar vir my 'n paar "O-rings" by die hardewarewinkel gaan kry en die regte aantal op die cheek riser se "pootjies" geplaas. Nou kan ek lekker vinnig en maklik die "cheek riser" op die regte hoogte terugsit nadat ek die slot uitgehaal het.
'n Ander ding om in gedagte te hou is dat die Bravo-Chassis-en-Tikka-aksie-kombinasie hou nie van plastiek magesyne nie. Daar is nie 'n magesyn ingesluit by die chassis nie. Die magasyn wat ek tans het is 'n Ruger AI-style magesyn (plastiek). Dis 'n baie lekker magesyn, maar ek mos taamlik baie aan hom skuur om hom lekker te laat werk. Ek moes hom aan die bo-kant heelwat nouer maak en die "feeding lips" dunner skuur sodat hy hoog genoeg in die aksie kan in pas om lekker te voer. Nou loop hy mooi, maar dit was taamlik werk. Ek dink metaal magesyne is die ding vir hierdie chassis. Dis ook nogal nie so maklik om AICS-patroon magesyne in SA in die hande te kry nie.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 4:25 pm
by tau
Baie mooi geluk!!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 8:50 pm
by figjam
Ek wil bitter graag 'n MDT he, maar hierdie Bravo trek my aandag! Gepraat van MDT.... sal hul magesyne nie werk in die bravo nie??
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Thu Feb 28, 2019 11:46 pm
by Blitzzz
Ek het ook aan dieselfde twee opsies gedink... MDT en die Bravo.
Enigste groot verskille wat my laat wonder tussen die twee is:
1) prys verkil... Bravo behoort so R4k goedkoper te wees.
2) gewig... soos ek verstaan is die Bravo omtrent selfde gewig as die standaard kolf en MDT is aansienlik swaarder.
3) kliente ondersteuning... MDT se kliente diens is redelik gevestig in SA.
...maar ja, gaan nog so bietjie worstel met die besluit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Mar 01, 2019 6:32 am
by Jo Toast
Die Bravo is beslis ligter as die MDT, maar hys taamlik swaarder as die fabriekskolf. Dis vir my 'n goeie ding want met die ligte fabriekskolf wip die geweer te veel.
Ek wou 'n langafstand geweer, waarmee ek ook kan jag, bou. En daar wen die Bravo. Dit sal nie 'n probleem wees om hierdie geweer in die veld te dra nie terwyl die MDT nie baie prakties daarvoor is nie - swaar met allerhande hoeke en punte wat jou op ongemaklike plekke vang.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, die MDTs is uistekend en uitstaande kwaliteit, maar ek het al met my swaer sn gejag en toe besef Hy is nie vir my tipe jag gebou nie. As jy net van die bakkie af gaan skiet - geen probleem, dit sal uitstekend werk. Maar as jy bietjie wil stap en 'n paar rante klim, dan is die Bravo meer gepas.
@figjam. Ek dink die MDT magesyne sal lekker werk met die Bravo en eks van plan om hulle volgende te probeer.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Mar 01, 2019 6:58 am
by figjam
Hou ons op hoogte asb! Ek dink ek moet solank begin uitkyk vir n FDE een!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Mar 01, 2019 7:58 am
by Blitzzz
Goed om jou ondervinding met die MDT te hoor. My tipe jag sal ook meeste stap wees tot op n punt en van daar af sal ek langer skote (as moet) aanpak.
As jy kan, dit sal intresant wees om die gewig te weet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Wed Mar 06, 2019 11:51 am
by Jo Toast
Ek het vandag 'n paar toetsladings gaan skiet met Lapua Scenars 167gr en Vihtavouri N150.
Die chassis skiet baie lekker gemaklik en die wip op die geweer is maar min - so mens kan mooi "follow through".
Hierdie 4-skoot groepering het gebeur op 100m, so lykmy die akkuraatheid is ook daar:
ChassisGroup.jpeg
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Wed Mar 06, 2019 3:27 pm
by figjam
Aitsa!! Ek reken daai chassis het my naam op! Ek sal dalk joune moet kom besigtig op 'n dag.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Wed Mar 06, 2019 3:31 pm
by Blitzzz
Netjies... bly hy werk goed
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Wed Mar 06, 2019 7:10 pm
by Jo Toast
Jys welkom om te kom kyk, figjam.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Jul 26, 2019 1:21 pm
by Jo Toast
Ek het hierdie kiekie geneem terwyl ek vir koedoes gelê en wag het in die Oos-Kaap.
DFEA5EBB-7A40-41E9-970C-5212902FD5A4.jpeg
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Jul 26, 2019 1:25 pm
by Jo Toast
Die geweer jag bitter lekker. Hys bietjie swaarder as jou oupa se jaggeweer. Maar dis hoekom ek draf; sodat ek hierdie outjie in die veld kan rond dra.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Sun Jul 28, 2019 7:31 pm
by Gawie(13mm)
Jo Toast wrote:Die geweer jag bitter lekker. Hys bietjie swaarder as jou oupa se jaggeweer. Maar dis hoekom ek draf; sodat ek hierdie outjie in die veld kan rond dra.
Baie geluk. Regtig 'n baie mooi kolf.
Dit bly maar 'n moeilike besluit om 'n ding voetstoots en ongesiens te koop.
Doen jouself 'n guns en maak 'n draai by Guns & Bows met die kolf. Miskien pas die staal magesyne van die Archangel. Nie die beste kwaliteit nie, maar vir onder 'n R1000 werk hul baie lekker.
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Mon Jul 29, 2019 10:27 am
by figjam
Jis dit lyk netjies man. So 'n Krg Bravo loop voor nou as my eerste keuse sodra ek hom kan bekostig. Ek is bly om te sien dat jy darem met hom kan jag!
Re: Tikka 308 in KRG Bravo
Posted: Fri Oct 11, 2019 1:20 pm
by pwdejager
Nice, het dieselfde een op my Remington 308. Soek nou die Whiskey 3 vir n creedmoor.