Page 1 of 1

Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Wed Feb 27, 2019 1:43 pm
by Conna Howa
Goeie dag almal

Het iemand hier al met die nosler 120gr ballistic tip gejag in die howa 6.5x55, was dit effektief, min vleisskade ens. By voorbaat dankie

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Wed Feb 27, 2019 3:13 pm
by RUPERT
Ek jag met die 140gr BT uit my 6.5x55 en hy werk goed vir my. Ek persoonlik kan nie kla oor die vleiskade nie maar dan
moet ek ook se al my skote sover was mooi geplaasde skote net agter die groot bene in die blat.

Het al Kudu bul , BWB,VARK,ROOIBOK,ZEBRA,SPRINGBOK met hulle gejag. Ek weet dit is nie n premium bonded punt nie maar
hy werk goet vir my en meer belangrik bring die vleis huis toe.

As ek mag vra hoekom wil jy juis 120gr skiet

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Wed Feb 27, 2019 3:41 pm
by Gideon Burger
Ek het al saam Rupert gejag met van die wild hier bo genoem en moet se ek is verbaas met hoe goed daai BT loop in sy 6.5.

Ek sal sonder twyfel as ek n 6.5 ooit gehad het die BT skiet.

Groete

Gideon Burger

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Wed Feb 27, 2019 11:15 pm
by Conna Howa
RUPERT wrote:Ek jag met die 140gr BT uit my 6.5x55 en hy werk goed vir my. Ek persoonlik kan nie kla oor die vleiskade nie maar dan
moet ek ook se al my skote sover was mooi geplaasde skote net agter die groot bene in die blat.

Het al Kudu bul , BWB,VARK,ROOIBOK,ZEBRA,SPRINGBOK met hulle gejag. Ek weet dit is nie n premium bonded punt nie maar
hy werk goet vir my en meer belangrik bring die vleis huis toe.

As ek mag vra hoekom wil jy juis 120gr skiet

Wil die 120 gr skiet sodat ek nie hoef te skat hoe ver ek moet op mik as ek 'n 300m of so skoot vat nie. Maar gaan dit maar probeer die jaar, 6.5 het al baie 140gr custom competitions deur maar gaan vir die eerste keer die jaar bloed trek. As die 120 gr nie werk nie gaan ek Dan maar vir die hornady eld-x 143 gr of so iets.

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Thu Feb 28, 2019 6:12 am
by Danie01
Ek het so paar oefeninge gedoen op ql en meeste 6.5 kalibers met 24 en korter lope skiet die 120gr teen basies dieselfde node as die 140gr koele of n 100fps dalk vinniger, maar dit sal dus nie sin maak om spoed te jaag nie aangesien jou nodes baie na aan mekaar le.

Julle 6.5 manne moet maar genoeg gaan skiet om die trajek te leer ken, dis nie n platskiet roer nie, maar blykbaar klop julle die wind.

Ek kyk na die 95gr vmaxe wat ek uit n 6.5-284 of 6.5x55ai met n 26duim loop teen 3450 tot 3500 fps op node kan skiet. Die doel is vir kop en nekskote op groter wild.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Thu Feb 28, 2019 8:42 am
by Conna Howa
Danie01 wrote:Ek het so paar oefeninge gedoen op ql en meeste 6.5 kalibers met 24 en korter lope skiet die 120gr teen basies dieselfde node as die 140gr koele of n 100fps dalk vinniger, maar dit sal dus nie sin maak om spoed te jaag nie aangesien jou nodes baie na aan mekaar le.

Julle 6.5 manne moet maar genoeg gaan skiet om die trajek te leer ken, dis nie n platskiet roer nie, maar blykbaar klop julle die wind.

Ek kyk na die 95gr vmaxe wat ek uit n 6.5-284 of 6.5x55ai met n 26duim loop teen 3450 tot 3500 fps op node kan skiet. Die doel is vir kop en nekskote op groter wild.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Die trajek is nie die probleem nie, ek weet presies waar om te mik op watter afstand, want ek het al uit geskiet tot op 'n 1000m met my 6.5, het maar net die ligter punte gevat wat op korter afstande minder gaan val as die swaarder punte, maar soos ek sê sal ek hulle die jaar toets, as dit nie werk nie gaan ek vir die eld-x (as ek kan opspoor)

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Thu Feb 28, 2019 6:29 pm
by bobby
i use them , 120gr nosler bt, in the 260.
very accurate and meat damage was ok not execesive .
my rifles are mik and druk hunting rifles i zero in at 200m , at 100m i'm 2'' high with the 120gr bullets with the 130gr bullets i'm almost 3'' high at 100m .
they also flatter out to 300m and after that i don't shoot , most of my shots are under 200m so the 120gr bullets work better for me especially with the head shots.
maybe i'm opening myself to a long uitkak but i feel the 6,5 calibre is best kept for meduim game .

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Thu Feb 28, 2019 7:33 pm
by Hercules Louw
Danie01 wrote:Ek kyk na die 95gr vmaxe wat ek uit n 6.5-284 of 6.5x55ai met n 26duim loop teen 3450 tot 3500 fps op node kan skiet. Die doel is vir kop en nekskote op groter wild.
Danie, as jy 1 in 8 duim "twist" lope het is jou maksimum spoed 3100ft/s, maak nie saak hoe lig jou koeëls is nie. Ligte monolitiese koeëls kan jy natuurlik vinniger skiet sonder probleme.

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Fri Mar 22, 2019 7:39 am
by Danie01
Hercules Louw wrote:
Danie01 wrote:Ek kyk na die 95gr vmaxe wat ek uit n 6.5-284 of 6.5x55ai met n 26duim loop teen 3450 tot 3500 fps op node kan skiet. Die doel is vir kop en nekskote op groter wild.
Danie, as jy 1 in 8 duim "twist" lope het is jou maksimum spoed 3100ft/s, maak nie saak hoe lig jou koeëls is nie. Ligte monolitiese koeëls kan jy natuurlik vinniger skiet sonder probleme.
Goeiedag Hercules,

Ek het nie die kennis om met jou hieroor te argumenteer nie maar sal graag wil verstaan hoekom jy so sê?

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Fri Mar 22, 2019 10:01 am
by Hercules Louw
Hallo Danie

Die 1 in 8 duim groefdraai spin die koeël so vinnig dat gewone koper en lood tipe koeëls uitmekaar uit spat as gevolg van middelpuntvlietende kragte by trompsnelhede van 3100ft/s en hoër. Jy sien net so 'n bruin rook wolkie voor die loop en niks op die teiken nie. Jy skiet maklik jou chrono dood met die stukke koper skrapnel afkomstig van die koeël wat opbreek. Hoe sagter die koeël en hoe dunner die koper mantel (soos V-Max) hoe gouer kry jy probleme.

As jy ligte koeëls soos die 95V-max in 6.5mm kaliber baie vinnig wil skiet moet jy 1 in 9" of 1 in 10" groefdraal lope gebruik. Jou ander opsie is 'n 25-06 met 85gr Nosler BT of 90gr Sierra Bliz King.

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Fri Mar 22, 2019 4:03 pm
by WesMerw
Net vir interresantheid, met 'n 1 in 8 groefdraai en teen 3100ft/s, verlaat die koeël jou loop teen 279 000 rpm.

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Fri Mar 22, 2019 8:53 pm
by Danie01
Hercules Louw wrote:Hallo Danie

Die 1 in 8 duim groefdraai spin die koeël so vinnig dat gewone koper en lood tipe koeëls uitmekaar uit spat as gevolg van middelpuntvlietende kragte by trompsnelhede van 3100ft/s en hoër. Jy sien net so 'n bruin rook wolkie voor die loop en niks op die teiken nie. Jy skiet maklik jou chrono dood met die stukke koper skrapnel afkomstig van die koeël wat opbreek. Hoe sagter die koeël en hoe dunner die koper mantel (soos V-Max) hoe gouer kry jy probleme.

As jy ligte koeëls soos die 95V-max in 6.5mm kaliber baie vinnig wil skiet moet jy 1 in 9" of 1 in 10" groefdraal lope gebruik. Jou ander opsie is 'n 25-06 met 85gr Nosler BT of 90gr Sierra Bliz King.
Ek het gereken dat die 95gr vmax teen 3500 uit n 1in8 twiste sou werk omdat ek n 55gr nosler bt uit my 243ai met n 1 in 10 twist skiet teen 4000fps. Dis ook nie die ideale twist nie maar hy werk.

Dis egter nie die eerste keer wat ek “gewaarsku” word dat die 95gr in die 1 in8 twist teen 3500 kan opbreek nie. As ek n 1in 9 twist loop gebruik gaan ek weer nie die 140gr plus koele kan stabiliseer nie.

Lyk my daar is netnie n kaliber / koel / twist kombo wat jy werklik alles mee kan doen nie, net meer motivering om meer as een geweer te hê, al is dit in dieselfde kaliber.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sat Mar 23, 2019 7:22 am
by Vlakvark Soldaat
Danie, ek het alles hierbo gelees maar jou laaste paragraaf is al wat vir my sin maak!!! Hahaha!! ;-)

Conna, skiet daai koeëls, op die baan en dan op die bok, dial jou scope of gebruik jou kruishaar vir die langer skote, dont overthink it, soos jy geneig is om dit te doen hahaha!!!

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sat Mar 23, 2019 8:32 am
by Danie01
Vlakvark Soldaat wrote:Danie, ek het alles hierbo gelees maar jou laaste paragraaf is al wat vir my sin maak!!! Hahaha!! ;-)

Conna, skiet daai koeëls, op die baan en dan op die bok, dial jou scope of gebruik jou kruishaar vir die langer skote, dont overthink it, soos jy geneig is om dit te doen hahaha!!!
Vlakvark, jy is dalk heeltemal reg as jy sê ek over think dit. Dink dis juis die probleem wat ek / ons het is om so te konsentreer op die tegnieges deel dat ons die plesier/ uitdaging van jag wegvat, maar dan moet ek ook sê dat n mens juis tegnies die beste roer of koel wil skiet vir jou applikasie om kwesskote ens te vermy.

Ek het vrede gemaak met die 120 tot 140gr klas koele in die beplande 6,5-284 vir baan en jag op langer afstande, ek sal maar die 95gr los vir die 6mm kaliber.

Mooi dag


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sat Mar 23, 2019 1:39 pm
by Morkel
Hijack - ek is die eerste om te se ek weet bitter min waneer dit by spoed en punte kom maar het gesien hoe n 300 op n skouer van n BWB disintergreer.
Die slag het die bok teen die grond maar hy is vort op volle spoed. So my vraag is hoekom spoed jaag as die punt nie ontwerp is om teen hoêr spoed te jag. Ek weet my oryx 156 gr in 6,5 teen 2450 f/sec doen sy werk tot op 300 m op n bwb. My vleis skade is niks maar daai 300 teen 2950 f/sec word daar altyd bloed vleis vir die honde gesny. Dit geld ook vir my 308 met 175gr en 375 met 300gr. Beide is onder 2500 f/sec en doen sy werk uitstekend sonder vleis skade.
Hijack af.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sat Mar 23, 2019 10:40 pm
by Danie01
Blazer wrote:Hijack - ek is die eerste om te se ek weet bitter min waneer dit by spoed en punte kom maar het gesien hoe n 300 op n skouer van n BWB disintergreer.
Die slag het die bok teen die grond maar hy is vort op volle spoed. So my vraag is hoekom spoed jaag as die punt nie ontwerp is om teen hoêr spoed te jag. Ek weet my oryx 156 gr in 6,5 teen 2450 f/sec doen sy werk tot op 300 m op n bwb. My vleis skade is niks maar daai 300 teen 2950 f/sec word daar altyd bloed vleis vir die honde gesny. Dit geld ook vir my 308 met 175gr en 375 met 300gr. Beide is onder 2500 f/sec en doen sy werk uitstekend sonder vleis skade.
Hijack af.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Blazer, ek dink jy moet eerder argumenteer oor die regte koel vir die regte applikasie. N mono teen n hoe spoed, 3000 plus gaan heelwaarskynlik baie minder vleisskade op lyfskote maak as bv n vmax of self bonded lood koele teen onder 3000 fps.

Die rede hoekom meeste ouens spoed jaag is vir wanneer die teiken kleiner is (kopskote) , jy nie tyd het vir range en dail nie, dan help die trajek nogal baie. Glo my as jy vir n springbok se kop mik en die bok staan tussen 200 of 250m of selfs nader, gaan elke sentimeter in trajek help. As jy lyfskote skiet gaan dit nie so groot rol speel nie want jou teiken is heelwat groter.

As jy vir die mark bokke skiet of oes dan soek hulle nie lyfskote nie en dan vat ek definitief nie n roer wat klipgooi nie.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sun Mar 24, 2019 2:45 am
by Morkel
Tx Danie, het hom maar waarom dan nie 22-250, met n 60 gr nosler teen 3500f/sec skie? So te se geen recoil en n swak skoot bly n goeie skoot. Daai punt maak groot skade.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sun Mar 24, 2019 9:04 am
by Danie01
Blazer wrote:Tx Danie, het hom maar waarom dan nie 22-250, met n 60 gr nosler teen 3500f/sec skie? So te se geen recoil en n swak skoot bly n goeie skoot. Daai punt maak groot skade.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Glo my op n koedoe of gemsbok gaan jy nie met n swak skoot wegkom met n 60gr bt of vmax nie, dis nou juis waarom ek gekyk het na n 6.5 of dalk n 7mm sagtepunt teen 3500.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sun Mar 24, 2019 11:49 am
by tripodmvr
Dan is 'n 6mm 'n beter keuse as dit jou spoedvlak is waarna jy mik en 'n beter doodmaakvermoë.

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Sun Mar 24, 2019 12:12 pm
by Danie01
tripodmvr wrote:Dan is 'n 6mm 'n beter keuse as dit jou spoedvlak is waarna jy mik en 'n beter doodmaakvermoë.
Verseker oom Driepoot!



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler ballistic tip in howa 6.5x55

Posted: Mon Mar 25, 2019 2:19 pm
by Vlakvark Soldaat
Jammer Danie, ek het kommentaar gelewer op jou rede om meer as een geweer te he, en vir Conna gese hy is genieg om dinge te overthink...