Page 1 of 2

Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Feb 25, 2019 8:45 pm
by Max Rossle
Goeie dag lede

Ek vertrou dit gaan goed.

Is daar iemand wat bietjie lig kan skyn op wat by Somchem aangaan?

S365, s335 en s355 is 'n issue en is nie vrylik beskikbaar nie en as 'n man soek moet jy maar myle ry na 'n geweerwinkel in 'n dorpie iewers.

Ek het klaar my teiken geweer oorgeskyf na Hodgdon Varget toe om die seisoen betroubaar klaar te kan skiet.

Lyk my ek moet maar dieselfde begin doen met die jag gewere.

Ek verneem graag van julle.

Groete
Max

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 6:29 am
by RiaanBotha
Het self laas week seker 8 winkels geskakel vir s365 en s121.
Self s121 is skaars (het by VLT gekry)
Die een winkel het vir my gesê hulle sal eers April voorraad kry, en ander ene eers Junie.
Wil ook graag weet wat rerig aangaan en wanneer ons weer gereelde voorraad sal kry.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 7:17 am
by joe rocket
Probeer eers September.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 8:44 am
by Fanta300
Volgens ons winkel is daar baie voorraad by die depot in Potch. Toe hulle vra of hulle daarvan kan kry word daar vir hulle gesê dit is “back oders” van ander winkels wat dit nog moet kom afhaal. Hulle wou nie sê wie die ander winkels is nie. Baie frustrerend

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 4:08 pm
by 470rigby
Fanta300 wrote:Volgens ons winkel is daar baie voorraad by die depot in Potch. Toe hulle vra of hulle daarvan kan kry word daar vir hulle gesê dit is “back oders” van ander winkels wat dit nog moet kom afhaal. Hulle wou nie sê wie die ander winkels is nie. Baie frustrerend
Ja, ek is bevrees hulle het niks. Ek het die laaste 22 blikke S121 by die Potch depot gekoop, daar is nou een blik S385 en een blik S321

Hulle vat ook nie meer back-orders van handelaars nie, ek weet nie wat gaan aan nie. Is Manie Johannes nie deel van die forum nie?

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 4:44 pm
by Rudi Fischer
Ek weet van n winkel wat 10 blikke S121 het.
Laat weet as julle soek.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 7:13 pm
by Gbyleveldt
China Shield in Bruma het nog heelwat S121 (self Vrydag n paar blikke opgetel). Snaaks genoeg was daar 3 blikke S365 ook gewees.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 7:16 pm
by Hein M.
Quennet's in Worcester het ook nog S121. Baie S321 ook. Agrimark in Ceres het ook baie 321. Vir die Boland manne..

Mooi aand!

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 7:52 pm
by Ockert1992
Naandse julle,

Somchem het nog nie weer begin 335 en 365 vervaardig na die laaste lotte nie. Ek glo nie ons gaan voor September weer kry nie.

Groete
Ockert

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Feb 26, 2019 8:20 pm
by HunterB
En wat van S355

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 8:31 am
by Riaan Kriel
Ockert1992 wrote:Naandse julle,

Somchem het nog nie weer begin 335 en 365 vervaardig na die laaste lotte nie. Ek glo nie ons gaan voor September weer kry nie.

Groete
Ockert
Dankie Ockert. Het hulle al enige dryfmiddel weer begin vervaardig?

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 8:39 am
by win270
Dis darem maar droewig as 'n verskaffer nie duidelik met sy kliënte kommunikeer nie. Gee Somchem wel om?

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 9:10 am
by Capt. Yoda
win270 wrote:Dis darem maar droewig as 'n verskaffer nie duidelik met sy kliënte kommunikeer nie. Gee Somchem wel om?
Nee, julle Somchem gebruikers maak maar n baie klein % van hul geldjies uit

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 1:38 pm
by LoopSoosStroop
Gbyleveldt wrote:China Shield in Bruma het nog heelwat S121 (self Vrydag n paar blikke opgetel). Snaaks genoeg was daar 3 blikke S365 ook gewees.
Kan bevestig dat hulle heelwat S121, S221 en nog drie blikke S365 het.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 1:52 pm
by tripodmvr
Somchem moet 'n ondersoek deurgaan na die dood van mense tydens die meng van S335. Hierdie tipe ondersoeke kan lank sloer soos ons al uit ondervinding weet.

As alles in die ontploffing vernietig is, hoe weet jy wat het die kaboom veroorsaak? Jy moet nou waak dat dit nie weer gebeur nie. Alvorens daar nie sekerheid oor veiligheid is nie, kan jy nie weer dryfmiddel vervaardig nie. Kommunikasie vanaf Somchem was nog altyd gebrekkig tot niks gewees nie.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Wed Feb 27, 2019 4:12 pm
by RiaanBotha
LoopSoosStroop wrote:
Gbyleveldt wrote:China Shield in Bruma het nog heelwat S121 (self Vrydag n paar blikke opgetel). Snaaks genoeg was daar 3 blikke S365 ook gewees.
Kan bevestig dat hulle heelwat S121, S221 en nog drie blikke S365 het.
Kan bevestig dat daar nou net 2 blikke s365 oor is...ek het een gaan kry vanmiddag. Dankie vir die inligting LoopSoosStroop

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Sun Mar 24, 2019 7:16 pm
by spekieries
Goeie Naand. Ek het bietjie lanklaas kruit (dryfmiddel) gekoop. Wat is die stand van sake? Is Somchem se dryfmiddel weer beskikbaar?

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Sun Mar 24, 2019 10:40 pm
by Fanta300
Lyk my dat behalwe vir 335, 355 en 365 is daar redelik van die ander beskikbaar

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Mar 25, 2019 10:45 am
by Xplicitly
Ek lees nou op News24 dat Tito Mboweni reken Denel se plofstof afdeling aan AECI verkoop moet word.

Tito vir president!

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Mar 25, 2019 10:48 am
by LoopSoosStroop
Daar is baie S355 by China Shield in Bruma, soppas twee blikke gekoop.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Mar 25, 2019 10:50 am
by spekieries
Dankie manne. Sal bietjie bel hier by ons . is op soek na 355.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Mar 25, 2019 1:32 pm
by spekieries
Darem twee blikke .355 by Zimbi kon kry. Dit lyk my 335 en 365 is onverkrygbaar.

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Mon Mar 25, 2019 2:34 pm
by Vlakvark Soldaat
Pieter, het daai Chinas van jou nie 365 en 335 nie?

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Mar 26, 2019 8:43 am
by 470rigby
Dit il voorkom asof PMP in die nabye toekoms gaan sluit. As Somchem nie dan 'n uitvoermark het nie, het ons moeilikheid. Ek dink nie die SA herlaaiers gaan hulle aan die gang hou nie

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Posted: Tue Mar 26, 2019 10:25 am
by jankraay
470rigby wrote:Dit il voorkom asof PMP in die nabye toekoms gaan sluit. As Somchem nie dan 'n uitvoermark het nie, het ons moeilikheid. Ek dink nie die SA herlaaiers gaan hulle aan die gang hou nie
As hy privaat oorgekoop kan word sal daar n toekoms wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk