Page 1 of 1
Luiperd probleem
Posted: Fri Feb 22, 2019 7:38 pm
by Stephandt
Hi Ouens,
Ek soek asb advies en hulp. Die Luiperde maak nou genoeg skade op ons familie plaas en dooi al ons rooibokke en ader wild. Dis op 'n plaas naby Marken net buite Ellisras. Weet julle van enige iemand wat kan kom vang en skuif? Die boere begin gif gooi in die omgewing wat ek nie van hou nie. Ek skat so 8 katte wat ons al op kameras gekry het. PM my as julle 'n idee het.of SMS 0726546899. Sal waardeer.
Groete,
Stephan
Re: Luiperd probleem
Posted: Fri Feb 22, 2019 8:03 pm
by tripodmvr
Vriend van my het Mooimeisiesfontein besit en daar was net so baie luiperds. Geweet van 3 in die onderste 1000 hektaar en die 1600 bo in die berg het seker nog meer gehad. Selfs leeuspore bo in die berg gekry.
Kan Natuurbewaring nie help nie?
Re: Luiperd probleem
Posted: Fri Feb 22, 2019 8:15 pm
by Eduard Venter
Maak seker jy het 'n sterk hok as jy gaan vang en slaan ysyerpale aan weerskante van die hok in dat hy nie omgooi nie. Kietsie het nie 'n sin vir humor as hy vasgekeer is nie. Tophok se hokke werk baie mooi.
Jy kan probeer reël met 'n natuur reservaat of park as jy een gevang het maar selfs hulle wil nie altyd die moeite doen om die kat te kom haal nie. En die arme boere om die park gaan dan weer 'n probleem hê. Sterkte dis maar 'n tameletjie. Jy het amper 'n beter kans om die lotto te wen as om 'n permit te kry.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Luiperd probleem
Posted: Fri Feb 22, 2019 9:05 pm
by JK
Soe, 8 katte maak groot skade. Hy verk maklik van loodvergifting
Nie seker hoe die hok waarna verwys word nie, maar dit moet lank genoeg wees dat hy nie onder die hek uithardloop as die deure val nie. So 4+ m lank met val deure weerskante. 1.2m hoog en 0. 8m breed
Re: Luiperd probleem
Posted: Mon Feb 25, 2019 4:43 pm
by JK
Saterdag aand 9h30 bel my werker , toe is een besig om n speen kalf te vermoor. Hy kry toe vir ta op die kalf. Hok gestel en vanoggend sit hy toe daar.
Re: Luiperd probleem
Posted: Tue Feb 26, 2019 8:11 am
by knipmes
Stephandt wrote:Hi Ouens,
Ek soek asb advies en hulp. Die Luiperde maak nou genoeg skade op ons familie plaas en dooi al ons rooibokke en ader wild. Dis op 'n plaas naby Marken net buite Ellisras. Weet julle van enige iemand wat kan kom vang en skuif? Die boere begin gif gooi in die omgewing wat ek nie van hou nie. Ek skat so 8 katte wat ons al op kameras gekry het. PM my as julle 'n idee het.of SMS 0726546899. Sal waardeer.
Groete,
Stephan
More
Verskoon as ek nou raad gee oor iets wat jy heelwaarskynlik al weet. Die prosedure met luiperds is om aansoek te doen vir n skade permit om dit te skiet, te vang of te laat jag Jy moet bewyse he. Fotos van die bokke wat gevang is. Die Dept stuur gewoonlik n persoon uit om ter plaatse inspeksie te doen. Merk dus die plekke waar die bokke gevang is en los die bene, reste, ens daar. Maak n raming van die geldwaarde van die wild wat gevang is en meld dit in jou aansoek. Indien jy die luiperd wil vang moet jy vooraf bepaal wie dit kan kom haal. Voorheen het Shingwedzi naby Warmbad hulle kom haal en dan hervestig. Jy mag nie luiperds vervoer, verskuif of verkoop sonder n permit nie. Ek noem dit ook net dat daar baie weerstand van die dept is om n permit uit te reik. Die permit is ook net vir n maand geldig. In Thabazimbi se wereld was daar n man wat opgeleide honde gehad het om die luiperds op te spoor maar ek het ongelukkig nie meer sy besonderhede nie. Kyk of die voorsitter van Thabazimbi se jagtersvereniging nie dalk kan help nie. Hoop jy kan regkom.
Re: Luiperd probleem
Posted: Tue Feb 26, 2019 9:10 am
by Wouter Roets
Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
Re: Luiperd probleem
Posted: Tue Feb 26, 2019 9:30 am
by Bushwack
Wouter Roets wrote:Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
en dan betaal ek vir daai verliese as ek hom jag / kon jag het...
trek maar jou been Wouter...
Re: Luiperd probleem
Posted: Tue Feb 26, 2019 10:21 am
by Eduard Venter
Bushwack wrote:Wouter Roets wrote:Knipmes

Haha dis hoekom jagters deesdae vir hout ook moet betaal
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 2:55 pm
by Carl
Wouter Roets wrote:Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
Dit was wat ek in Limpopo ondervind het. Baie bewyse van verskillende luiperds op kameras.
* luiperd wat Tsessebe vang, normaal die natuur moet sy gang gaan.
* bees moet gekraal word elke nag.
Jammer meneer.
Daar is wel soms 'n luiperd wat helder oordag op 'n grondwal lê.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:08 pm
by Flip Nel
Carl wrote:Wouter Roets wrote:Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
* bees moet gekraal word elke nag.
.
Luiperd het al kalf kom doodbyt binne in die kraal 80m van huis met honde, hy kon netnie die kalf uitkry nie, boor 2.4m heining geklim dit terwyl die melk koeie binne in die kraal saam met kalwers was.
Wanneer moet die bees wei as hulle hele aand op kraal moet staan.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:14 pm
by JK
Flip nel wrote:Carl wrote:Wanneer moet die bees wei as hulle hele aand op kraal moet staan.
Vra!. Ek het 2 plekke wat die koeie met klein kalwers gekraal word, tot kalwers so 3 maande is dan gaan hulle veld toe.
Verloor nog af en toe n kalf, maar darem nie 20% van die kalwers nie. Nou die aand se kalf was al 7 maande oud, en dit was die 2e groot kalf wat hy gevang het.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:26 pm
by Wouter Roets
Bushwack wrote:Wouter Roets wrote:Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
en dan betaal ek vir daai verliese as ek hom jag / kon jag het...
trek maar jou been Wouter...
Patrick en daar gaan jou prys nou net met 50% op! Grap sommer dit is 25%.
Toemaar ek dink nie ons gaan sommer vinnig in die toekoms weer luiperd kwota's in SA kry nie.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:27 pm
by Eduard Venter
Carl wrote:* bees moet gekraal word elke nag.
Dit werk vir 'n ruk lank tot daar kalwers in die kraal gebyt word. Glo my, dit gebeur! As die veld droog is sukkel die koeie met kalwers ook om voor te bly as hulle nie in die aand kan wei nie.
As ta jou kalwers een per aand doodbyt klink al die teorie baie mooi maar in werklikheid is dit nie natuurbewaring wat R9k per aand verloor nie so hulle sien dit nie as 'n probleem nie.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:28 pm
by OosKaapJagter
Onthou net as daar gesê word 'n luiperd vrek maklik van loodvergiftiging, dat die nagevolge baie erg is. Dit is onderworpe aan korreksie, maar ek dink hulle val onder CITES Appendix I. Die Biodiversiteit Wet (nie die volledige titel nie) 10 van 2004 maak voorsiening vir 'n boete van tot R10 miljoen, of gevangenisstraf van tot 10 jaar of beide sodanige gevangenisstraf en boete.
Dit kan 'n mens finansieël ruïneer en jy sal dalk in 'n pot Vaseline moet belê.
Ek weet dit was tong-in-die-kies gesê, maar iemand wat so iets ernstig oorweeg moet dit heeltemal alleen doen en dan ophou drink.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:37 pm
by LoopSoosStroop
Ja daar is seker heeltemal te veel getuies op 'n plaas, en mense hou maar van praat. Dis seker haas onmoontlik om so iets ongesiends te doen.
Re: Luiperd probleem
Posted: Wed Feb 27, 2019 3:43 pm
by JK
OosKaapJagter wrote:Ek weet dit was tong-in-die-kies gesê, maar iemand wat so iets ernstig oorweeg moet dit heeltemal alleen doen en dan ophou drink.

Ek drink lankal nie meer nie.
Daai mini luiperds in die oos kaap sal ek nie eers worry of hy n bees kalf kan vang nie.
Ons reels hier is anders as in SA, en permitte werk ook anders.
Re: Luiperd probleem
Posted: Mon Dec 07, 2020 10:41 am
by Drenalinjunkie
Wouter Roets wrote: Tue Feb 26, 2019 9:10 am
Knipmes
Daai is die teorie, die prakties is dat daar eenvoudig geen maar geen hulp van die departement af kom nie. Inteendeel by ons vra die departement elke keer ons hulp. In die laaste twee jaar sukkel one nou met jagluiperd ook. Dit kos ons n fortuin in verliese.
Groetnis
Wouter
Sit n paar krokodille in jou plaasdam. Hulle hou van jagluiperd.