Page 1 of 1

Ruger SR .22 teleskoop

Posted: Fri Feb 22, 2019 9:08 am
by Klein Karoo
Goeie-more Manne, hoop dit gaan goed.

Ek is opsoek na n teleskoop of red-dot vir my vrou se Ruger SR.22

Wapen sal gebruik word vir .22 klub skiet dae asook vir sport skiet ligas dus nader afstande met transisie na handwapen ens.

Vir die sport skiet sal die red dot puik werk maar sy wil ook fyner skiet werk doen.

Ek is van mening dat die 1-6 teleskope moontlik hier kan werk.

Dankie vir die advies

Re: Ruger SR .22 teleskoop

Posted: Fri Feb 22, 2019 9:17 am
by Eugene
Ek weet nie of dit 100% is wat jy ingedagte het nie, maar ek het op my .22 een van daai 12x44 SWFA teleskope gesit wat Arnold hier geadverteer het. Dit het taktiese turrets en mens kan lekker dail en ek gebruik dit sommer ook om goedkoop windlees te oefen tot op 400m met die .22LR. Hulle is relatief goedkoop en het baie goeie beeld en die verstellings is konstant en betroubaar.

Re: Ruger SR .22 teleskoop

Posted: Fri Feb 22, 2019 9:53 am
by Wouter Roets
Klein Karoo

Ek het n Leupold VX-R 3-9x40 op my SR22. Werk baie lekker as n all rounder. n VX-R 1.25-4x20 of VX-R 1.5-5x33 Scout kan ook lekker werk veral as jy meer wil takties skiet.

Groetnis
Wouter