Page 1 of 1
Oorsee werk - gewere hier los in SA
Posted: Thu Feb 21, 2019 2:05 pm
by Rem
Middag Manne,
Indien n man oorsee gaan werk en jou gewere bly nou agter. Is daar n vorm wat mens kan invul om jou gewere by jou ouers te kan laat stoor? Watter proses is daar wat ek moet volg.
Vra namens n vriend
Dankie
Re: Oorsee werk - gewere hier los in SA
Posted: Thu Feb 21, 2019 3:42 pm
by Gian_dP
Rem wrote:Middag Manne,
Indien n man oorsee gaan werk en jou gewere bly nou agter. Is daar n vorm wat mens kan invul om jou gewere by jou ouers te kan laat stoor? Watter proses is daar wat ek moet volg.
Vra namens n vriend
Dankie
Sy ouers kan aansoek doen vir stoorpermit. Moet voldoende kluis hê, en bevoegdheid vir die spesifieke wapens as ek reg onthou.
Re: Oorsee werk - gewere hier los in SA
Posted: Fri Feb 22, 2019 12:17 am
by Albert84
Ek haal slotte, bolt carrier, ens uit en sluit dit toe in n vriend se kluis en dele met “serial” nommers (loop, slide ens) in my kluise. So indien ek in my afwesigheid beroof word, is daar darem nie funksionele vuurwapens in verkeerde hande nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oorsee werk - gewere hier los in SA
Posted: Fri Feb 22, 2019 6:59 am
by OosKaapJagter
Hou dit eenvoudig. 'n Persoon kan byvoorbeeld op 'n kontrak vir 'n paar maande in 'n ander dorp werk en is geregtig om sy wapens saam te neem. Sou hy dan iewers loseer en sy kluis in sy kamer installeer, is die huiseienaar steeds nie in beheer van sy kluis en kluisinhoud nie.
Kry dus 'n kamer by jou ouerhuis en laat weet die SAPD kragtens artikel 25 van die Vuurwapenwet binne 30 dae van die fisiese adresverandering. Die hele Vuurwapenwet gaan immers oor vuurwapens, so die owerhede wil basies weet waar die wapens is. Daar is geen bepaling wat sê 'n persoon mag slegs een blyplek hê nie.
Solank jou ouers nie jou kluissleutels het nie, is dit 'n geval van jou kluis is in hulle huis, maar hulle het nie fisiese beheer oor jou wapens nie. Gevolglik het hulle ook dan nie die bedoeling om jou wapens te besit nie.
Re: Oorsee werk - gewere hier los in SA
Posted: Sun Mar 03, 2019 3:41 am
by Rem
Dankie manne! Waardeer
Sent from my SM-G960F using Tapatalk