Page 1 of 1

Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 9:21 am
by 6mmMusgrave
More almal ek hoop dit gaan goed.

Ek het die wonderlike nuus gekry dat ek n totale heup vervanging moet kry. Is daar al dalk manne wat 1 gehad het en hoe erg is dit en na watter herstel tyd kyk mens voordat jy weer op die been is.

Groete
Jacques

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 10:24 am
by Gian_dP
Ek kan net uit professionele oogpunt praat.

Heupvervangings is een van die mees suksesvolle operasies wat bestaan. Dit is n groot operasie met risiko aan verbonde-hierdie moet jy deeglik met jou ortopediese chirurg bespreek.

Rowwe riglyn:3-5 dae in hospitaal, 6-10 weke op krukke(kan trap op been, maar het krukke nodig vir ondersteuning, meeste pte teen 6 weke loop met een kruk), 8-12 weke nie self bestuur nie, teen 12-18 weke is meeste pasiente beter af as voor die operasie wat fisiese aktiwiteite betref.

Dis pyn wat jy nou het is feitlik dadelik weg, maar operasie bring ander pyn. Met medikasie is dit vir meeste pasiente ongemaklik eerder as baie seer, maar dit wissel baie tussen pasiente. Moenie taai probeer wees nie, gebruik pynmedikasie soos voorgeskryf en nie eers as jy pyn het nie. Baie makliker om pyn te keer as om dit weg te vat.

Dis res sal jy by jou chirurg moet hoor, elke ou het st spesifieke roetine en ruglyne vir na die operasie.

Laat weet gerus as jy nog vrae het.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 10:39 am
by Springkudu
My pa ('n Groot bul) het al vir beide sy heupe gegaan met groot sukses. Dink amper hulle laat jou nie uit die hospitaal indien jy nie kan loop of trappe klim. Wat hom ook baie gehelp het is om 'n groot gemaklike stoel te kry by die huis om op te sit, hy het 'n ordentlike "Lazy Boy" gekoop.

Sterkte met die operasie, ek was laasjaar vir twee groot operasies en gedink 2019 is ek nou klaar met 'n hospitaal, tot my chirug my Vrydag meedeel ek het 'n groot breuk, dus sny hulle my weer oop een of ander tyd. Deel van die lewe

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 11:57 am
by andre007
Ek het albei my heupe vervang, 1ste 1 was Desember 2017 en ander 1 in Aug 2018. Beide was n groot sukses. Dr Werner vd Merwe - Medi Clinic BFN het albei gedoen. Baie belangrik is om die reƫls te volg wat hulle jou gee, en dan natuurlik nasorg en fisio daarna.

Skakel my gerus as jy wil praat

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 1:46 pm
by Ds J
Oor die heupoperasie:

Ek is die ou wat voor en na die tyd die siele hanteer ;) - ek sien dus die resultate.

Enkele riglyne:
1. Soek n dokter wat sy werk ken
2. Soek n dokter wat sy werk ken
3. Soek n dokter wat sy werk ken

4. Doen na die operasie PRESIES wat die dokter se^.
5. Moenie bekommerd wees nie - daar is letterlik duisende mense wat al met groot sukses die operasies ondergaan het. Die grootste probleme wat ek teegekom het was wanneer mense n sogenaamde "hospitaalkiem" optel. Dit het nie direk met die sukses van die operasie te doen nie.

Springkudu wrote:My pa ('n Groot bul) het al vir beide sy heupe gegaan met groot sukses. Dink amper hulle laat jou nie uit die hospitaal indien jy nie kan loop of trappe klim. Wat hom ook baie gehelp het is om 'n groot gemaklike stoel te kry by die huis om op te sit, hy het 'n ordentlike "Lazy Boy" gekoop.

Sterkte met die operasie, ek was laasjaar vir twee groot operasies en gedink 2019 is ek nou klaar met 'n hospitaal, tot my chirug my Vrydag meedeel ek het 'n groot breuk, dus sny hulle my weer oop een of ander tyd. Deel van die lewe
Kyk GROOT ASB baie mooi na jouself. Hier is n stukkie inligting wat ek van n dokter gehoor het, maar wat nie baie bekend is nie:

Ongeveer drie tot vyf maande na die operasie vervang jou liggaam die hele mantelvlies (of watter vlies ook al). In hierdie tyd is die vlies baie sagter en kwesbaarder as na die operasie. Maar omdat mense dit nie weet nie en dink dat hulle gesond is, gaan hulle na drie maande aan soos normaal en dan skeur die vlies weer.

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 2:25 pm
by 6mmMusgrave
Middag almal

Gain dankie vir die kenners oogpunt. Ek waardeur baie.

Springkudu die stoel is n baie goeie idee en definitief op my lysie om te doen voor ek ingaan.

Andre baie dankie waardeur ek gan jou defnitief n luigee.

Ds J die bemoedeginde woorde beteken regtig baie. Ek gaan defintief dit doen.

N man is maar bang. Ek bang vir enige operasie maar die kruppel loop kan ek nie meer vat nie

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 2:38 pm
by Vlakvark Soldaat
6mmMusgrave wrote:More almal ek hoop dit gaan goed.

Ek het die wonderlike nuus gekry dat ek n totale heup vervanging moet kry. Is daar al dalk manne wat 1 gehad het en hoe erg is dit en na watter herstel tyd kyk mens voordat jy weer op die been is.

Groete
Jacques
Jussie, dis mos nou hoe mens siekte verlof moet beplan (grappie)... Sterkte Jacques, ek hoor almal se positiewe kommentaar hierbo, dit wil voorkom dat dit super suksesvol is, maar dit bly n groot ding, so sterkte!

Laat weet as daar enige jagtrips is waar ek moet instaan namens jou...hahahaha!

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 2:56 pm
by FHM
Baie-baie sterkte en voorspoed Jacques!

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 3:33 pm
by PWV
Jacques, ek weet nie hoe lyk 'n "totale heupvervanging" nie. My heupotjie en kop van die femur het nie meer lekker gewerk nie - uitgeslyt. Die kop van die femur is verwyder en vervang met 'n metaal kop. Die potjie is uitgevoer met 'n sintetiese materiaal en nou werk die besigheid weer lekker glad. So, net my heupgewrig is "ge-panelbeat" 'n Groot sukses.

Sterkte. Wees net baie versigtig die eerste paar weke sodat die ding nie uitglip nie! Daarna kan jy jou beskikbaar stel vir die Stormers. Hulle kort manne! ;)

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Tue Feb 19, 2019 3:55 pm
by Gian_dP
PWV wrote:Jacques, ek weet nie hoe lyk 'n "totale heupvervanging" nie. My heupotjie en kop van die femur het nie meer lekker gewerk nie - uitgeslyt. Die kop van die femur is verwyder en vervang met 'n metaal kop. Die potjie is uitgevoer met 'n sintetiese materiaal en nou werk die besigheid weer lekker glad. So, net my heupgewrig is "ge-panelbeat" 'n Groot sukses.

Sterkte. Wees net baie versigtig die eerste paar weke sodat die ding nie uitglip nie! Daarna kan jy jou beskikbaar stel vir die Stormers. Hulle kort manne! ;)
Oom Pieter,

Dit is maar wat 'n heupvervanging is. Daar is 'n paar variasies, maar almal kom maar neer op nuwe"bearings" insit.

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Fri Feb 22, 2019 6:58 am
by Blitzzz
Sterkte Jacques! Glo dit sal n groot sukses wees. Dink daaraan hoe lekker jy jy sal kan jag met die nuwe heup. Dis net tydelike ongemak vir n beter toekoms.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Heup Vervanging wie dit al Gedoen

Posted: Sat Feb 23, 2019 8:24 am
by Jacquesb
Sterkte Jacques
Dit sal n sukses wees.

Voorspoed