Page 1 of 1
Terug na die begin
Posted: Mon Feb 11, 2019 7:59 pm
by Blink Stefaans
Naand manne.
Het so bietjie n juk in my gat wat ek baie graag wil krap en hiers nie n doring tak naby nie.
Meeste van ons het n paar kalibers wat vir verskillende aplikasies bedoel is. Bv. Ekt n 223 Ackley vir die ongedierstes, uitskiet en kleiner wild, dan alhoewel die 7x64 baie veelsydig is laai ek 154gr Interbonds vir vlaktes dan het ek die 8mm-06 wat swaarder punte stadiger skiet net vir die bos.
Die die afstande wat ons gewoonlik in die bos skiet wissel van 20m tot n baie selde 200m op die lang plaas. Meeste van die jagters deesdae het n teleskoop op hulle bos gewere, ek ingesluit, maar ek het so bietjie gaan dink...waarvoor soek ons n teleskoop op n bosgeweer?
Kom ons kyk na n paar voordele en nadele van teleskoop en oop visier as ek n paar mis las asb by
Teleskoop voordele
Jy kan fyner mik
Jy kan in swak lig nog n skoot vat
Mense met swak sig kan n kruishaar kry wat hulle pas asook die doipter stel volgens hulle oë
Teleskoop nadele
Baie duur
Kan dalk uitgestel word as gestamp word
Kan nie so gou op teiken kom nie
Gewig, as n man in die bos stap wil jy so lig as moontlik dra
Oop visier voordele
Kom gewoonlik saam die geweer so geen adisionele kostes
Word nie maklik uitgestamp nie.
Geweer is ligter, minder goed om aan digte bos vas te haak.
Kan baie vinnig op teiken kom. As mens genoeg oop visier skiet dan is dit outomaties as jy die geweer optel dat jou korrel en visier opgelyn is. Dit maak opvolg skote op jou tjommie se kwesbok baie maklikker
O amper vergeet ek....geen halfmoon klub nie
Oop visier nadele
Kan nie so fyn mik soos met n skoop nie
Moeilikker om korrel en vissier in swak lig te sien
Geen verstelling vir mense met swak oë nie
Lyk nie so cool nie
Vir n geweer wat net vir bos jag bedoel is, het die oop visier baie meer voordele as die skoop, mits jy gaan oefen en vertroud raak met jou geweer.
Ek dink dat ek die seisoen die skoop van my pragtige volkolf Brno gaan afhaal en hom skiet soos ons geleer het.
Wie skiet huidiglik so?
Re: Terug na die begin
Posted: Mon Feb 11, 2019 8:04 pm
by DWB
Ek jag met ñ Aimpoint micro op my 404. Dis soos oop visier, net beter

Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 7:04 am
by DWB
@ BS
Hier is waar ons al daaroor gepraat het:
viewtopic.php?f=61&t=32998&hilit=oop+visier+bende
Dalk tyd dat die draad opgewek word.
Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 8:02 am
by knipmes
DWB wrote:Ek jag met ñ Aimpoint micro op my 404. Dis soos oop visier, net beter

Terug na die begin. Waarom n geweer? Wat van n tradisionele boog? Baie voordele soos jy kan in die veld herstelwerk doen, geen duur patrone nie, maak jou eie pyle en punte, ens ; Nadele: Jy gaan sukkel.

Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 8:07 am
by DWB
Ek moet ook by sê, daar is niks wat die gevoel klop van 'n geweer in die hand, bo oor die aksie, geen teleksoop in die pad.
As ek my 9.3 se lisensie kry (nog nie geboor en getap) sal ek hom ook eers inwy met die oop visier.
Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 8:31 am
by Wouter Roets
Stefaans
Verdere voordele van n teleskoop is dat jy goed soos takkies voor jou teiken kan sien wat nie altyd sigbaar is met die blote oog nie. Jy kan ook baie keer n dier beter identifiseer soos die verskil tussen n manlike of vroulike dier. Met die blote oog is hierdie soms moeilik en noodsaak n mens om n verkyker te gebruik. Met n teleskoop kan n mens ook baie keer diere agter jou teikendier optel wat met die blote oog jy salig onbewus van was. In kort sien n mens net beter en dus skiet jy beter.
Ek is ook n groot voorstaander van konstandheid tesame met vertroudheid. As jy gewoond is aan n teleskoop bly dan by een en pas net die tipe teleskoop aan by jou aplikasie. Nuwe 1-6/8 of selfs 10 vergroting teleskope gee ontsaglike veelsydigheid aan n "bosveld roer" en ek laat my nie vertel dat oop visier enigsins vinniger of makliker op n prooi kom as hierdie teleskope op 1 vergroting nie. Inteendeel is hierdie vir my ook een van die voordele bo oop visiere met my oe wat deesdae sukkel om vinnig op drie goed te moet fokus. Oop visier skiet is nie iets wat instinktief is nie en moet aangeleer en gereeld geoefen word wat nog n faset inbring.
Ek se nie vir n oomblik om nie met oop visiere te jag nie en dit bly verseker een van die lekker uitdagings vir ons as jagters veral as dinge so bietjie afgesaag word. n Mens moet net deeglik bewus wees van die verskillende uitdagings om sodoende te sorg dat dit nie lei tot teleurstelling nie.
Groetnis
Wout
Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 9:02 am
by Blink Stefaans
knipmes wrote:DWB wrote:Ek jag met ñ Aimpoint micro op my 404. Dis soos oop visier, net beter

Terug na die begin. Waarom n geweer? Wat van n tradisionele boog? Baie voordele soos jy kan in die veld herstelwerk doen, geen duur patrone nie, maak jou eie pyle en punte, ens ; Nadele: Jy gaan sukkel.

ja nee kyk ek wil nie so ver terug gaan in tyd nie.
my pa het tot onlangs nog hout boe geskiet, hy het aan die world champs deelgeneem en baie goed gedoen. as ek dit nie mis het nie is hy een van slegs 3 wat nog hul protea kleure kon kry met daai stok met die tou. vir my skiet daai ding so onakuraat dat ek my hare uit my kop wil trek.
Re: Terug na die begin
Posted: Tue Feb 12, 2019 9:49 am
by tau
EK het twee jaar terug begin oopvisier jag. Dit is baie uitdagend. En as daai groot Koedoebul op 100m staan en vir jou kyk en jy kan nie die skoot neem nie, na 3 ure se stap en bekruip oor berge en dale.
Ek doen dit ook nie vir een of ander etiese rede nie, dit is net vir my vrek lekker en eenvoudig. Die geweer dra lig. Jy het minder gear by jou en die gevoel van so jag is vir my meer intensief. Jy moet super stil wees en elke bossie en klippie wat beweeg kan jou weggee.
Re: Terug na die begin
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:23 am
by Vlakvark Soldaat
Stefan, ek hoor en stem saam Wouter ook, hy het goeie punte, maar dis ons rede vir motivering vir verkillende gewere, vir verskeie doeleindes. Ek het ook nog my oopvisier oorspronklike 303, het al met hom gaan stap, maar nog nie geluk gehad nie.
Tau, daai is goeie memories, jyt jou gat afgewerk en niks gekry nie, dit was nogsteeds n goeie jag, en jyt dit steeds geniet. As jagter besluit jy mos of die skoot aan is of nie.
Stefan, jy beter fotos deel as jy daai bok gekap het!
n Goeie vriend van my het destyds met sy eerste geweer, sonder scope sy eerste bok ooit gaan skiet, hy het gekwes, maar hy het aanhou loop tot hy die bok weer kon skiet. Hy het gejag en geleer! Hy het n foto saam sy pa laat neem wat altyd die stories van oopvisier jag vertel het... Daarna het hy n scope gaan koop
Re: Terug na die begin
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:57 am
by Blink Stefaans
Wouter het goeie punte gelig inderdaad
ek het n ou 4x40 Japanese Tasco wide angle op hom. Het nie meer nodig as dit nie, maar het al kanse gemis waar ek moes vinnig skiet.
die "ultimate" sal soos wouter gese het n verstelbare teleskoop met minimum 1x ware vergroting, maar op die oomblik is die speelgoed rekening gesluit om te spaar sodat ek die speelgoed kan gebruik
Sal fotos gooi. Die jaar is my eerste Eland op die kaarte en dit is waarvoor ek die 8mm het
Re: Terug na die begin
Posted: Fri Feb 15, 2019 10:13 am
by Wouter Roets
Stefaans
Kap daai eland met die oop visier! Dit sal verseker n ondervinding wees om te onthou. Intussen hou jou oe oop vir iets soos n Leopold VX3 1.5-5x20. Daar kom redelik gereeld van hulle teen baie goeie pryse op die mark. Hy is lig, kompak en so taai soos n ratel. Daai vergroting werk uitstekend vir bosveld jag en komplimenteer die tipe roere al te pragtig. As jy kom draai by my dat kyk jy sommer deur n paar verskillendes vir n beter idiee.
Groetnis
Wout
Re: Terug na die begin
Posted: Fri Feb 15, 2019 10:40 am
by saswart
Stefaans ek wil nie hijack nie maar ek het al opgemerk dat mense by by die Big Bore association BASA "amper" fyner skiet oop visier as met 'n scope. Oop visier tel ek nou manne in met tradisionele oop visier en die mildots ens. By gese dit is 'n beperkte aanwending van oop visier skiet waar daar selde geskiet word verder as 70m en alles teen tyd is.
Ek persoonlik het gevind, soos in BASA shoots as vinnig skiet dat jy amper voel "nou is jy op die teiken, nou nie, nou is jy, nou nie" wanneer jy mik en dan mis jy gewoonlik. Waar met 'n oop visier sit jy bead/punt/mildot op die teiken en skiet en gewoonlik is dit dan raak. (Ek se natuurlik glad nie jy skiet meer akkuraat oop visier as met scope nie - in teendeel)
Ek weet nie of ander manne dit ook so ervaar in soortgelyke omstadighede dat hulle meer raakskiet nie?
Re: Terug na die begin
Posted: Fri Feb 15, 2019 10:56 am
by FHM
saswart wrote:Stefaans ek wil nie hijack nie maar ek het al opgemerk dat mense by by die Big Bore association BASA "amper" fyner skiet oop visier as met 'n scope. Oop visier tel ek nou manne in met tradisionele oop visier en die mildots ens. By gese dit is 'n beperkte aanwending van oop visier skiet waar daar selde geskiet word verder as 70m en alles teen tyd is.
Ek persoonlik het gevind, soos in BASA shoots as vinnig skiet dat jy amper voel "nou is jy op die teiken, nou nie, nou is jy, nou nie" wanneer jy mik en dan mis jy gewoonlik. Waar met 'n oop visier sit jy bead/punt/mildot op die teiken en skiet en gewoonlik is dit dan raak. (Ek se natuurlik glad nie jy skiet meer akkuraat oop visier as met scope nie - in teendeel)
Ek weet nie of ander manne dit ook so ervaar in soortgelyke omstadighede dat hulle meer raakskiet nie?
Stem met die opmerking, wil graag iets byvoeg uit my persoonlike ondervinding.
Vandat ek ophou oopvisier skiet het, teiken en jag, vat ek meer tyd met die skoot met n skoop op - hoekom - want ek wil die kruis stil he op die teiken en plek voor ek die sneller druk.
Met oop visier (my persoonlike ondervinding) skiet ek nie op n spesefieke "punt" nie maar wel vir n spesefieke "plek", en dit was vir my net makliker en vinniger om daai "plek" met oopvisier te kry.
Kort verduideliking (vir myself

)
Oop visier le ek aan vir 'n "plek" agter die blad, nek of kop. Sodra jou mikpunt (korrel/visier) daai "plek" vind dreun ek.
Met n skoop vind ek as ek die "plek" het wil ek nog konsentreer om my kruishaar op n "punt" op daai "plek" stil te hou. Dis sekerlik meer akkurate skootplasing, maar vir my vat dit net daai 2 sekondes langer met n skoop as met 'n oop visier. PUNT !

Re: Terug na die begin
Posted: Fri Feb 15, 2019 11:12 am
by saswart
Baie goed gestel!