Page 1 of 1

308 Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:34 pm
by Apie reilly
Wie ken n mauser 308 met n (cannon) slot aksie? As ek geweet het hoe om foto op te laai sou ek hom opgesit het.

Re: 308 Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:37 pm
by Geno
Apie,
Click op reply, dan as die venstertjie oop is, gaan jy by Additional Options links onder, dan by Attach, Browse vir jou foto, en jy's gewax. As jy sukkel, mail maar die foto vir my. vanniekerk dot eugene @ yahoo.com

Groete,
Eugene

Re: 308 Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:12 pm
by Apie reilly
hoop ek het dit reggekry

Re: 308 Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:41 pm
by Andre Hugo
Hi Apie

Ek het self so 'n geweer.  Ek daag enige dag enige ou uit om teen daai geweer te skiet.  Dit is van die akuraatste geweere wat ek ken.  Daar is baie stories rondom die geweere in Suid Afrika en hoe hulle hier gekom het.  Myne is in 1972 gekoop op Victoria Wes.  Die verkoops man het toe vir my pa vertel dat daar net 5 die land in gekom het.  Baie jare later jag ons koedoes op Douglas en my ma se suster se man haal toe dieselfde geweer uit sy sak.  Toe ons vir hom vra waar kry hy die geweer toe vra hy dadelik of ons dieselfde storie vertel is.  Hy het sy geweer op 'n heel ander plek gekoop.  Sy tannie het ook een. Hy het toe die later oor gekoop van sy tannie.  So hy het nou twee, ek een en dat weet ek van mense wat een gehad of  het by Tosca maar die was in 'n .375 kaliber gewees.  Sal graag wil weet of dieselfde storie aan jou geweer gekoppel was.  Daar het seker later nog van die geweere die land in gekom.  As jy dieselfde storie het weet ek nou van vier .308 en dan die een .375 en in totaal is dit dan vyf.

Groete

Andre

Re: 308 Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 10:02 pm
by Apie reilly
Glad nie daai storie gehoor nie. Het die geweer by n ou oorgekoop wat ek mee saam gewerk het so 5 jaar terug. Het die geweer gekoop vir R2500. Het met n wapensmit in boksburg eendag gepraat en hy het my gese van dat hy n wapen smit is is dit die tweede mauser wat hy nog gesien het. Hy is al 20jaar n geweer smit. Hy doen meeste van blou meulle daar in alberton se geweere.

Re: 308 Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 10:56 am
by tripodmvr
Jy het een foto opgekry. Hoe lyk dit met meer wat die slot alleen wys sodat die sluitaksie beter vertoon word.

Re: 308 Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 2:16 pm
by ThinusS
Ek dink dit is 'n Mauser mod 66. Ek het baie jare gelede een in .458 Win by 'n handelaar in die Vaaldriehoek gesien.

Groete
Thinus

Re: 308 Mauser

Posted: Sun Nov 06, 2011 7:17 pm
by Piet Breedt
Andre Hugo wrote: Hi Apie

Ek het self so 'n geweer.  Ek daag enige dag enige ou uit om teen daai geweer te skiet.  Dit is van die akuraatste geweere wat ek ken.  Daar is baie stories rondom die geweere in Suid Afrika en hoe hulle hier gekom het.  Myne is in 1972 gekoop op Victoria Wes.  Die verkoops man het toe vir my pa vertel dat daar net 5 die land in gekom het.  Baie jare later jag ons koedoes op Douglas en my ma se suster se man haal toe dieselfde geweer uit sy sak.  Toe ons vir hom vra waar kry hy die geweer toe vra hy dadelik of ons dieselfde storie vertel is.  Hy het sy geweer op 'n heel ander plek gekoop.  Sy tannie het ook een. Hy het toe die later oor gekoop van sy tannie.  So hy het nou twee, ek een en dat weet ek van mense wat een gehad of  het by Tosca maar die was in 'n .375 kaliber gewees.  Sal graag wil weet of dieselfde storie aan jou geweer gekoppel was.  Daar het seker later nog van die geweere die land in gekom.  As jy dieselfde storie het weet ek nou van vier .308 en dan die een .375 en in totaal is dit dan vyf.

Groete

Andre
Andre, plaas so paar groepe wat die geweer skiet dat ons kan sien hoe mooi hy maak.

Re: 308 Mauser

Posted: Sun Nov 06, 2011 7:27 pm
by Sako75
Ek het al so 308 Mauser 66 op Ellisras gesien.....