Page 1 of 1

Kleintjie geslagte

Posted: Sun Oct 25, 2009 8:08 pm
by Chris101
Ambessa wil jy nie asb so n data ook versamel nie
van kleintjies se geslagte myne omtrent almal reuntjies

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Sun Oct 25, 2009 10:07 pm
by Ambessa
Hallo Chris101
Chris101 wrote:...asb so n data ook versamel nie van kleintjies se geslagte myne omtrent almal reuntjies...
Goeie gedagte.

Die geslagsverdeling is veronderstel om bloot toevallig so 50:50 te wees. Sommige wetenskaplikes beweer die verhouding tussen geslagte by geboorte mag wel deur omgewingsfaktore verander word.

Ambessa

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Sun Oct 25, 2009 10:16 pm
by Chris101
Dan is hier in die omgewing nou defnitief iets aan die gang oor die baie reuns

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Sun Oct 25, 2009 10:27 pm
by Ambessa
Hallo Chris11
Chris101 wrote:...Dan is hier in die omgewing nou defnitief iets aan die gang oor die baie reuns 
Kom ons hoor van die ander ouens wat hulle ervarings is?

Ambessa

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Mon Oct 26, 2009 9:20 am
by Cois
Dagse manne

Het hier in my omgewing n nes gekry met net reuntjies in en nou die aand n span kleintjies geskiet en al 3 was tewe, so dit kanseleer mekaar seker uit of so sorg hulle dat verskillende genetieka by mekaar uitkom om inteling te voorkom.

Cois

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Mon Oct 26, 2009 9:28 am
by JACQUES BOTHA
HI ALMAL
AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR SAL DIE GETALLE BYKANS BALANSEER..
AS JY NA MAAND STATS KYK SAL JY SIEN DAT SOMS IS DIE REUNS MEER GENEIF OM IN  DIE SKIETLYN IN VMAX'E VAS TE LOOP ..
ANDER TYE WEER DIE TEEF WAT VOOR DIE KOELE INLOOP...AS JY NA KLEINTJIES KYK.....WONDER EK MAAR NOG OF DIT NIE AFHANG VAN DIE TYD WANNEER DIE TEEF GEDEK IS NIE...
EN DALK WERK JAKKALSE SOSO SKILPAAIE  AS DIE TEMPRATUUR DAAL IS DIT REUUNTIES EN AS TEMRATUUR STYG  IS DIT TEEFIES WAT TE VOORSKYN KOM..
DALK IS SEKERE KOEIE GENEIG TO BULKALWERS EN SOMMIGE KOEIE TOT VERS KALLERS EN SOMMIGE OOIE NEIG NA RAMLAMMERS EN ANDER NA OOILAMMERS..
HIER KAN DIE BOERE ONS REGHELP...MAAR JAKKALSE EK WONNER MA NET, EK AANVAAR WAT EK SIEN EN BERUS DAARBY......EN DIE SLEGTE NUUS IS ONS KYK EERS NA DIE GESLAGTE AS HULLE HANG AAN DIE HAKKE? DALK IS DAAR JAGTERS WAT SOOS BOKJAGTERS MAAK EN NET DIE GROOT MANLIKE DIERE WIL UITHAAL...LAG LAG LAG

LEKKER WEEK

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Mon Oct 26, 2009 4:15 pm
by Chris101
HET weer vanoggend 3 gelig al 3 reuntjie.
Die grondhonde het hulle vasgele nadat ek Vrydagaand die grotes geklop het.
Hulle wou glan nie saterdag reageer nie.

Re: Kleintjie geslagte

Posted: Tue Oct 27, 2009 11:19 pm
by Francois Marais
Hi

So n maand terug 5 uitgehaal, drie tefies en 2 reuns.

Mooi loop
Francois