Page 1 of 1

Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 6:45 pm
by Louw123
Naand sê manne.

Kan iemand my asb reg help met die slot se skoonmaak.
Wat moet ek doen ?

Luister graag na julle raad.
Groete.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 6:56 pm
by tripodmvr
Gebruik 'n vloeistof wat olie verwyder. Brake of engine cleaner werk gewoonlik goed en blaas al die gemors uit die slagpengat.

Ek smeer my slotte met grafiet, synde olie taai word en stof aantrek.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:10 pm
by Louw123
Hallo Tripotmvr.

Wat is die grafiet en waar word dit gekry.?
Seker dom vraag die , kan ek grease aan spring smeer of nie.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:21 pm
by tripodmvr
Grafiet is 'n poeier (vorm van koolstof) en kan by sekere hardeware verkry word. Ek het 'n 2kg houer by Senwes gekoop wat vir planters gebruik word. Dit is miskien growwer as ander, maar werk dood dollies vir my doel. Min is nodig om smering te gee. Vermy ghries en olie daar. Ghries kan op die nokke van die slot gesit word waar hoë druk voorkom.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:23 pm
by Heinz Petersen
As jy gereeld die slot gaan skoonmaak kan jy klein bietjie olie op die spring gebruik. Met "grease" gaan die stof aanpak en veroorsaak dat jou slagpen nie glad gaan werk nie.
Die beste is, haal jou slot gereeld uitmekaar en maak skoon.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:42 pm
by Louw123
Baie dankie vir die raad.
Nou kan ek vanaand lekker slaap.

Groete
Louw.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 7:27 am
by Maroelas
Ek hou nogal van hierdie channel op YouTube. Hier is 'n ice skoonmaak video waarin hy oor die slot ook praat:

https://youtu.be/-WRO17sk_dI

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 7:40 am
by Hein (Haan)
Kyk vir grafiet vir slotte by jou hardeware winkel lekker fein want dit moet vir slotte werk, ek weet Yale en BBL het grafiet in klein houers vir slotte


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 2:35 pm
by Hein M.
Brake cleaner is 'n wenner!

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 2:55 pm
by heywillie
Maak brake cleaner nie die "blueing" seer nie ?

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 5:27 pm
by Hein M.
heywillie wrote:Maak brake cleaner nie die "blueing" seer nie ?
My ou RSA se slot is nie geblou nie, maar die Mauser sin wel. Kon nog nie agterkom dat dit afgaan nie.

Groetnis!

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 5:43 pm
by tripodmvr
Hein (Haan) wrote:Kyk vir grafiet vir slotte by jou hardeware winkel lekker fein want dit moet vir slotte werk, ek weet Yale en BBL het grafiet in klein houers vir slotte


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daardie grafiet is net eina duur. Ek het lank gelede 'n spuitblikkie grafiet gehad wat baie oulik gewerk het. Sien dit nie meer op rakke nie.

Landbougrafiet het my R80 vir 2kg gekos.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:33 pm
by BeesBreet
tripodmvr wrote:
Hein (Haan) wrote:Kyk vir grafiet vir slotte by jou hardeware winkel lekker fein want dit moet vir slotte werk, ek weet Yale en BBL het grafiet in klein houers vir slotte


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daardie grafiet is net eina duur. Ek het lank gelede 'n spuitblikkie grafiet gehad wat baie oulik gewerk het. Sien dit nie meer op rakke nie.

Landbougrafiet het my R80 vir 2kg gekos.
Gaan terug koperasie toe, graphite spray gebruik ons op die planter se plate...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:51 pm
by LUAN
Spanjaard graphite spray

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Mon Feb 04, 2019 9:20 pm
by tripodmvr
Dankie, menere. Sal gaan loer.

Re: Skoonmaak van slot ?

Posted: Fri Feb 08, 2019 7:56 pm
by heywillie
tripodmvr wrote:
Hein (Haan) wrote:Kyk vir grafiet vir slotte by jou hardeware winkel lekker fein want dit moet vir slotte werk, ek weet Yale en BBL het grafiet in klein houers vir slotte


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daardie grafiet is net eina duur. Ek het lank gelede 'n spuitblikkie grafiet gehad wat baie oulik gewerk het. Sien dit nie meer op rakke nie.

Landbougrafiet het my R80 vir 2kg gekos.
Ek sien Builders verkoop ook van dit (Yale produk). Twee botteltjies vir R140. 15gram elk