Page 1 of 1

Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 2:36 pm
by Klein Karoo
Manne, hoop dit gaan goed.

Ek wil eksperimenteer met my Howa 375 Ruger en Somchem S341, het enige iemand dit al uit probeer of is dit n mors van tyd?

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 2:42 pm
by CLIVE PERRY
Middag het die Ruger .375 en laai maar S355 het een keer S341 probeer maar nie genoeg om rerig terug voor te gee,

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 3:12 pm
by Klein Karoo
Ek self laai met S355, maar wil bietjie kyk wat doen die S341.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:31 pm
by tripodmvr
Gaan kyk by www.somchemreload.com. Indrukwekkende spoed wat hulle met S341 kry.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 8:52 pm
by LoopSoosStroop
Probeer gerus, ek gebruik dit in .375 R. Goedkoop en gee goeie dopvulling. Soos met alle bal kruite, wees maar virsigtig vir warm ladings op warm dae.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 9:31 pm
by Klein Karoo
LoopSoosStroop wrote:Probeer gerus, ek gebruik dit in .375 R. Goedkoop en gee goeie dopvulling. Soos met alle bal kruite, wees maar virsigtig vir warm ladings op warm dae.
Ek dink aan Impala 200gn punte om mee te toets, watter punte sou jy aanbeveel?

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Feb 03, 2019 9:53 pm
by tripodmvr
Hulle is billik geprys en kan doen as proefkonyn. Wys ook mooi gate in papier wat jy akkuraat kan meet.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Mon Feb 04, 2019 7:24 am
by LoopSoosStroop
Klein Karoo wrote:0gn punte om mee te toets, watter punte sou jy aanbeveel?
Ek skiet tans slegs 270 gr. "cast" koele met S341, ek gooi so 62-64 gr vir 2100-2200 fps., maar sodra my S335 op is gaan ek my 300 gr Gamekings ook met S341 skiet. Ek het ongelukkig nog nie die ligter koeels probeer nie.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Jan 26, 2020 2:23 pm
by Klein Karoo
LoopSoosStroop wrote: Mon Feb 04, 2019 7:24 am
Klein Karoo wrote:0gn punte om mee te toets, watter punte sou jy aanbeveel?
Ek skiet tans slegs 270 gr. "cast" koele met S341, ek gooi so 62-64 gr vir 2100-2200 fps., maar sodra my S335 op is gaan ek my 300 gr Gamekings ook met S341 skiet. Ek het ongelukkig nog nie die ligter koeels probeer nie.
More manne, ek het nou hierdie draad daar uit die argiewe gaan uitsoek!

Wat was jou boonste resultaat met die 300gn Game Kings en S341?

Mooi dag aan almal.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Jan 26, 2020 6:48 pm
by LoopSoosStroop
Hallo Klein Karoo

Ongelukkig nooit daarby uitgekom nie, en geweer is verkoop. Ek is seker dit sal baie goed werk.

Groete

Pieter

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Jan 26, 2020 7:30 pm
by Klein Karoo
Dis reg dankiešŸ‘

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Jan 26, 2020 7:49 pm
by Alwin
Ek het nie 'n 375 Ruger om mee te speel nie, maar het navorsing gedoen oor S341 in 'n 375 H&H. Oor die algemeen lyk die resultate goed, maar ek het 'n paar ervare persone gekry wat reken dat S341 nie baie lekker werk in die groter hoeveelhede wat nodig is in die tipe kalibers nie. Daar kom glo soms onverklaarbare hoƫ drukkke voor op enkele patrone. Moenie my vra hoekom nie, ek is nie van plan om self uit te vind nie. Ek is net met 10 vingers en 2 oƫ uitgereik en daar is glo geen spaardele beskikbaar nie...

Ek sou bly by beproefde staafkruite in die S355 - S365 omgewing. Jy kan gewoonlik 'n 375H&H se ladings gebruik as beginladings in die 375Ruger. Bevestig net eers.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Sun Jan 26, 2020 8:07 pm
by tripodmvr
Baie van die drukprobleme dink ek kom van die terugskuif van die koeƫls in die dop. Die 375 se terugslag veroorsaak dit as die koeƫl nie gekrimp word nie.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Mon Jan 27, 2020 7:23 am
by Philip_R
tripodmvr wrote: Sun Jan 26, 2020 8:07 pm Baie van die drukprobleme dink ek kom van die terugskuif van die koeƫls in die dop. Die 375 se terugslag veroorsaak dit as die koeƫl nie gekrimp word nie.
Ek gebruik S341 in my 375 H&H baie suksesvol, my groepe in die winter en somer bly konstant solank ek my deel doen, maar ek krimp al my koeƫls op die 375. Het gevind dat mens met mens se vinger die Kriek punte dieper in die doppe kan indruk voor hy gekrimp is, terugskop in die magesyn gaan verseker die TPL verander as mens hom nie krimp nie.

Re: Howa 375 Ruger en S341

Posted: Mon Jan 27, 2020 1:24 pm
by william007
Goeie dag manne
Ek skiet nou al n lang tyd met my 375 Ruger, Gebruik hom ook baie met opvolg op Buffels ens.
Ek kan nou nie vir jou enige inligting gee oor S341 nie , maar wel S365.
Hier is my ladings wat ek al gelaai en geskiet het uit my geweer.

200gr Impala, CCi 250,S365, 80gr , TPl 83.21mm Baie goeie groepering.
300gr PMP RN SP, CCi 250, S365, 65gr , 81,82mm. nie sleg nie het goed groepeer.
300gr TSX Barnes X ,CCi250, S365, 73gr, 86.4mm Baie goeie Groepering. werk ook goed op buffels.
300gr Hornady DGS Solids , CCi250, 65gr, S365, Goeie Groepering.