Page 1 of 1

Witlig jag - video kamera

Posted: Fri Jan 25, 2019 10:00 am
by JBS
Heirich Funck het verskeie video's geplaas in van sy DVD's oor jakkals jag.
Ek het al verskeie kameras probeer monteer om 'n mooi video te kry van die jakkals jagte, sonder werklike sukses.
Die automatiese fokus lol maar en as die fokus op n sekere afstand gehou word is daar verskeie video's wat "blur" a.g.v. die afstand.

Het iemand dalk al die ideale kamera gevind?

Re: Witlig jag - video kamera

Posted: Sat Jan 26, 2019 6:53 am
by naas222
Het jy al in Night shot mode probeer afneem... of net gewoon?? Iewers het ek raak gelees die ouens gebruik Night mode

Re: Witlig jag - video kamera

Posted: Sun Jan 27, 2019 7:26 pm
by johans
ek dink oom hein het dalk n kameraman by hom gehad vir sy videos.
dis maar n gesukkel met n kamera op jou stoel.weet geno het dit gedoen hoor by hom

Re: Witlig jag - video kamera

Posted: Wed Feb 13, 2019 9:30 am
by hebron
Stel Jou kamera op "manuel-fokus" en fokus op 80 - 100m, ek het sef gesukkel aan begin; neem nou mooi videos

Re: Witlig jag - video kamera

Posted: Wed Feb 13, 2019 11:40 am
by JBS
Dankie. Sal by Geno kers opsteek en dan die "manual fokus" probeer.