Page 1 of 1

Valie in die Wes Kaap

Posted: Fri Jan 25, 2019 8:27 am
by HermanS
Dagsê mense,

Ek is al vir 'n geruime tyd 'n roofleser op Jaracal, maar het uiteindelik geregistreer om te gesels. Ek het Kaapstad toe ge-emigreer in 2012 vir werk, en tans bevind ek myself in Bellville. Ek het 2 lang ketties, 'n 1914 Lee-Enfield 303 MKII, en 'n Musgrave 30-06. My kort kettie is altyd by my. Ek is steeds opsoek na 'n lekker "bosveld" jagplaas waar mens nog werk vir jou biltong (Ek het nie 'n probleem met voorsit of bakkie skiet nie, dit is net nie my koppie koffie nie) - Dit lyk my die Oos-Kaap en sekere dele van die Karoo word dit so gedoen.

Ek is 'n beginner met herlaai, en wanneer dit my verjaarsdag is vra ek eerder vir kruit en patrone as sokkies ;)

Beste,

Herman

Re: Valie in die Wes Kaap

Posted: Fri Jan 25, 2019 8:53 am
by PWV
Normaalweg sit ons sulke emigrante in kwarantyn vir twee maande, maar dit wil nou voorkom asof ongesiens ingesluip het en reeds 'n tydjie hier is.

Welkom en vra maar vrae oor die herlaaiproses. Hier is slim ouens en minder slim ouens, soos ek! ;)

Re: Valie in die Wes Kaap

Posted: Sat Jan 26, 2019 1:16 pm
by HermanS
Dankie PWV, ek sal defnietief baie vrae vra oor die herlaai.

Groetnis


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Valie in die Wes Kaap

Posted: Sun Jan 27, 2019 2:43 pm
by tripodmvr
Jy moet net hard skree dan is die Paarliete en Belville manne by jou. Jy het goeie kennis oor herlaai daar by jou. Praat net en soek 'n mentor wat jou van aangesig tot aangesig kan wys hoe dit gedoen word.