Page 1 of 1

Nuwe aansluiting

Posted: Thu Jan 24, 2019 4:27 pm
by wbuys
Hallo almal,

Ek is baie aktief op Jaracal, maar op tot nou toe as 'n roof kyker. Lees baie en vind baie van die vrae en antwoorde baie insiggewend.

Soos almal hier is ek baie lief vir die skiet ysters, herlaai, jag en teiken skiet.

In my jonger dae kompeterend .22 (Anschutz match model 54) 50m geskiet vir die ou Transvaal en was afgerig deur oom de Vos by Durban Deep club. Seker daar moet manne hier wees wat die legende geken het.

Jag graag met my Howa 30-06 en speel op die skietbaan met my Howa .308 op bietjie langer afstande.

Sien uit om hier en daar kommentaar te lewer en saam te gesels.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Thu Jan 24, 2019 8:53 pm
by PWV
Welkom, wbuys! Waar woon jy?

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Thu Jan 24, 2019 9:12 pm
by tripodmvr
Welkom. Kom deel jou wedervaringe met ons. Vra jou vrae en ons hoop ons kan help.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Thu Jan 24, 2019 10:24 pm
by jankraay
Baie welkom


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Fri Jan 25, 2019 6:34 am
by neef
welkom wbuys, lekker saam kuier

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Fri Jan 25, 2019 7:53 pm
by wbuys
Baie dankie vir die verwelkoming almal. Ek woon in Centurion.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk